Chicken!

Ek is nie ‘n vreeslike drukkerige mens nie,sal jou byvoorbeeld nie met ‘n drukkie groet as ek jou die eerste keer ontmoet nie, die Afrikaanse ooms en tannies wat so soene uitdeel freak my uit en my ma vertel altyd met ‘n groot gespot hoe ek as baba/kind net in my eie bed wou slaap, nooit by ma en pa vir bietjie drukkies en soentjies le nie.

Dis anders met Liefie en glo dit moet so wees, hy is immer my man en vir hom het ek ‘n groot passie. Weet julle hoe moeilik is dit om nie aan iemand te vat as jy aan hom wil vat nie? Ek praat nou nie van obvious seksuele aanraking nie (daarvoor raak die hitte nou, meestal, te veel en die maag te groot!), maar blote gebare van liefde. Om ‘n hand vas te hou, oor sy wang te vryf, ‘n klein soentjie te gee. Hy reis vreeslik baie, so ek’s gewoond daaraan as hy heeltemal weg is en ek mis dit, maar’s nou’s hy hier in die huis!

Liefie het waterpokkies. Waar hy die siekte opgetel het weet nugter, maar ek het (gelukkig/ongelukkig) nog nie waterpokkies gehad nie. So nou wag ek in spanning om te sien of ek dit gaan kry, wat ook nou nie die heel beste ding is wat met ‘n swanger vrou kan gebeur nie! Met inkubasie periodes ensovoorts behoort ek seker teen Vrydag simptome te begin kry. Dit ry my planne heeltemal in die wiele, want ek het nog baie om by die werk klaar te kry. Ek werk nou maar op die “worst case scenario” en hanteer Vrydag as my laaste dag.

Watch this space!

Advertisements

4 thoughts on “Chicken!

  1. demoerin November 30, 2010 / 7:47 vm

    Agge nee Jane! Ek hou duim vas dat jy dit nie het nie!

  2. Son November 30, 2010 / 5:21 nm

    Dalk is jy net die draer, dis hoekom jy dit nooit as kind gekry het nie. Dan sal jy dit ook nie nou kry nie. My kinders het nie een kindersiekte gekry nie. Hulle het net so effens koorsig geraak en die volgende dag was hulle okay en het ander kinders een of ander kindersiekte uitgeslaan 🙂

  3. Pikkie Desember 4, 2010 / 6:45 nm

    Is jy nog kolletjieloos??? Ek worry oor jou!

    • netjane Desember 5, 2010 / 7:40 vm

      Haai Piks, dankie dat jy worry! So far so good, miskien is ek, soos Son se, net ‘n draer. Liefie is al erg gatvol vir my die huis rondsit…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s