Saterdagoggend op die maat van die pers gedierte

Hoekom maak hulle dit so moelik? Kan iemand nie net ‘n hospitaal sak vir mamma en ‘n hospitaal sak vir baba opmaak en verkoop nie? Dan word die babasak sommer later die doekesak. Nou moet ek al die bits and pieces koop en lysies afmerk. *sug* Miskien is dit deel van een of ander emosionele proses waardeur ‘n verwagtende ma moet gaan om mooi te besef dat haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Ek en Liefie staan toe vanoggend net na 9 voor die Baby Expo se deur. Barney liedjies speel kliphard en Liefie mompel heeltyd “this is going to drive me insane, this is going to drive me insane” soos ‘n mantra. Al die swanger vrouens check die ander swanger vrouens uit (ek doen dieselfde, ek dink teenoor meeste van die ander lyk ek nog goed), ek probeer onopsigtelik na die prams loer en die pa’s lyk gatvol. Binne is dit pandemonium. Almal wil ‘n biljet in jou hand stop. Wil elke tipe nonsens aan jou verkoop. Ek is by die derde stalletjie al oorweldig en sien niks meer nie. As ek maar net niks verder kon hoor nie, want Barney bler nog fullblast. Mense weet darem wragtag hoe om geld te maak. Deur skuldgevoel. Natuurlik wil jy die beste vir jou baba/kind he. Natuurlik wil jy nie die ouerpaar wees wat nee se vir iets wat amazing kon gewees het nie.

Ek het gehoop om ‘n interessante stukkie of twee vir die babakamer op te tel, maar die goed was vir my vreeslik in your face “kyk! dis vir ‘n babakamer! dis hoekom dit blou beertjies ophet!” Toe strip my moer ook sommer toe ek die pram wat ons net laasweek by BabyCity gekoop het op ‘n skou-aanbod vir aansienlik minder sien. Grr! Ek dink toe dat ek seker die ander pram kan gaan omruil en die een op special koop, maar toe klink dit vir my na moeite en teen daardie tyd het die Barney show al begin en het Liefie se waarsku ligte begin flits.

Almal het met pakke en pakke doeke daar uitgestroom, wat my laat aflei dat die doeke ook goedkoop was, maar daai deel van my mamma-instink het nog nie ingeskop nie. Ek kan myself net nie bring om doeke in ‘n groter nommer te koop omdat dit goedkoop is nie. Tans bestaan my doeke versameling uit die welkom pakkie wat Discovery in hulle sak gesit het. Ek sal seker nog die sprong maak. Volgende week is my 32 week besoek.

8 maande. Hoe de moer het die tyd so vinnig gegaan?

Ek het (letterlik) nog ‘n duisend goed om te doen voor D-dag. En die meerderheid hou nie met baba goed verband nie. Die lys sal waarskynlik styg tot 2000 as ek net besef hoeveel baba goed daar nog gedoen moet word. Tans het ek net 1 datum in my kop. 23 Desember (wanneer ek met kraamverlof gaan). Ek is moeg en besef nou dat die werksjaar eintlik baie uit my geput het.

En ek het (regtig) nou niks meer om te dra nie.

Advertisements

13 thoughts on “Saterdagoggend op die maat van die pers gedierte

  1. Son November 27, 2010 / 5:56 nm

    Catchy opskrif die van jou 🙂 Saturday morning and I ain’t got nobody, to listen with me to the Barney song. Lol!

  2. Michelle November 27, 2010 / 8:24 nm

    Hi Jane,

    Ja ek weet, ek ‘crawl out of the woodwork” om te kommentaar.

    Ek dog ek laat weet jou net dat ek het erens gesien dat hulle verkoop die baba hospitaal tassie. Ek weet nie of die sak weer kan gebruik word of of dit mooi is nie maar ek onthou hulle het alles in wat jy nodig het vir baba. Toe ons nnet begin met ons aanneming het ek dit raakgeloop maar ek kan nou glad nie onthou waar ek dit gesien het nie.

    Ek spandeer baie tyd om die website: http://www.mommalicious.co.za/ so ek het dit dalk daar erens raakgeloop. As jy regtig belang stel sal ek vir jou aanhou soek. 🙂

    Oh en terloops. As jy nog nie het nie, bookmark daai website. Ek is seker jy sal eendag daar iets hulpsaam vind. Of dalk nou al. Ek vind dit regtig oulik.

    Sjoe ek kan nie glo dis al 32 weke nie. Waar gaan die tyd!!

    Mooi bly

    • netjane November 28, 2010 / 12:32 nm

      Hi Michelle, dankie vir die kommentaar en die website, ek gaan beslis begin rondsnuffel.

    • netjane November 29, 2010 / 9:33 vm

      Oulik! Ek gaan die bloggers as personal shoppers aanstel!

  3. Girl van die Suburbs November 29, 2010 / 8:47 vm

    Hmmm ek dink ek is gespam?? 😯

    Kyk na die website wat ek gestuur het in jou spam 🙄

    • netjane November 29, 2010 / 9:26 vm

      Dis verskriklik! Jy’s nou ge-ontspam. 🙂

  4. toortsie November 29, 2010 / 1:35 nm

    ek is seker nou heeltemal uit die bus uit. want ek was 24 jaar gelede ‘n bitter arm mamma met ‘n tweeling babatjies en 17 jaar gelede was ek die laaste keer mamma van ‘n baba. maar die 2 ling saam met totale armoede het my geleer dat baba’s eintlik glad nie omgee of hulle in grand kleertjies volgens die nuutste modes paradeer en of hulle in die luukste wa is nie. solank die mamma daar is vir hulle, beskikbaar is vir hulle, hulle met liefde oorlaai, gee hulle regtig nie om vir die res nie. ons kan tog soveel druk op onsself sit om reg te ‘LYK’ dat ons op die ou end baie keer nie meer moed of krag of tyd het vir die doodgewone “back to basics” nie. maar sterkte! ek weet sommer jy gaan ‘n fantastiese mamma wees!! 🙂

  5. Pikkie November 29, 2010 / 2:57 nm

    Dis Desember, jy is amper met vakansie, al wat jy dan nodig het om nou aan te trek is ‘n sarong… Lekker koel, gemaklik en jy gaan in alle geval nie veel lus he om jou voete uit die huis te sit nie. Ek het nooit die hele baba-koop-dilema gehad nie. Ons was arm en ver van alles af. Die een helfte van my kids se goed was hand-me-downs, nog ‘n kwart het ek gekoop met afknypgeldjies en die ander kwart moes ek self maak. Gelukkig is babas sulke ongekunstelde wesens. Hulle worry rerig nie oor designer accesories nie! 😀

  6. toortsie November 29, 2010 / 3:39 nm

    jammer jong! ons gaan nie shop nie!! ons gaan net speel met die baba

  7. Gogga November 29, 2010 / 7:59 nm

    Ek het so paar maande terug saam met my hoogs swanger vriendin gaan shopping doen vir ‘n cot. Dit was vir jou ‘n storie gewees en my vriendin het gewonder of sy nie dalk maar net ook sommer ‘n camping cot moet kry vir wanneer sy by mense wil gaan kuier nie.

    Nou is baba 2 maande oud en het vanmiddag lekker hier op ‘n kussing op my bank heel gelukkig en sonder fuss gele en slaap asof die einde van die wereled haar ne sal kan wakker kry nie.
    Ek het besef, al wat babas wil he is ‘n kombersie en ‘n warm plekkie dan is hulle happy.
    Ek dink dit is mammas en stress oor wat ander mense gaan dink wat mense die meeste uitstress.
    Moenie warry nie en moenie te veel geld spend nie. Ek het nog nie een nie maar as ek so na my vriendin kyk is wat ander van jou dink die laaste ding waaroor mens dink en baba gaan doen wat hom/haar gelukkig maak al is dit om op ‘n kussing te slaap.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s