Chicken!

Ek is nie ‘n vreeslike drukkerige mens nie,sal jou byvoorbeeld nie met ‘n drukkie groet as ek jou die eerste keer ontmoet nie, die Afrikaanse ooms en tannies wat so soene uitdeel freak my uit en my ma vertel altyd met ‘n groot gespot hoe ek as baba/kind net in my eie bed wou slaap, nooit by ma en pa vir bietjie drukkies en soentjies le nie.

Dis anders met Liefie en glo dit moet so wees, hy is immer my man en vir hom het ek ‘n groot passie. Weet julle hoe moeilik is dit om nie aan iemand te vat as jy aan hom wil vat nie? Ek praat nou nie van obvious seksuele aanraking nie (daarvoor raak die hitte nou, meestal, te veel en die maag te groot!), maar blote gebare van liefde. Om ‘n hand vas te hou, oor sy wang te vryf, ‘n klein soentjie te gee. Hy reis vreeslik baie, so ek’s gewoond daaraan as hy heeltemal weg is en ek mis dit, maar’s nou’s hy hier in die huis!

Liefie het waterpokkies. Waar hy die siekte opgetel het weet nugter, maar ek het (gelukkig/ongelukkig) nog nie waterpokkies gehad nie. So nou wag ek in spanning om te sien of ek dit gaan kry, wat ook nou nie die heel beste ding is wat met ‘n swanger vrou kan gebeur nie! Met inkubasie periodes ensovoorts behoort ek seker teen Vrydag simptome te begin kry. Dit ry my planne heeltemal in die wiele, want ek het nog baie om by die werk klaar te kry. Ek werk nou maar op die “worst case scenario” en hanteer Vrydag as my laaste dag.

Watch this space!

Advertisements

Saterdagoggend op die maat van die pers gedierte

Hoekom maak hulle dit so moelik? Kan iemand nie net ‘n hospitaal sak vir mamma en ‘n hospitaal sak vir baba opmaak en verkoop nie? Dan word die babasak sommer later die doekesak. Nou moet ek al die bits and pieces koop en lysies afmerk. *sug* Miskien is dit deel van een of ander emosionele proses waardeur ‘n verwagtende ma moet gaan om mooi te besef dat haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Ek en Liefie staan toe vanoggend net na 9 voor die Baby Expo se deur. Barney liedjies speel kliphard en Liefie mompel heeltyd “this is going to drive me insane, this is going to drive me insane” soos ‘n mantra. Al die swanger vrouens check die ander swanger vrouens uit (ek doen dieselfde, ek dink teenoor meeste van die ander lyk ek nog goed), ek probeer onopsigtelik na die prams loer en die pa’s lyk gatvol. Binne is dit pandemonium. Almal wil ‘n biljet in jou hand stop. Wil elke tipe nonsens aan jou verkoop. Ek is by die derde stalletjie al oorweldig en sien niks meer nie. As ek maar net niks verder kon hoor nie, want Barney bler nog fullblast. Mense weet darem wragtag hoe om geld te maak. Deur skuldgevoel. Natuurlik wil jy die beste vir jou baba/kind he. Natuurlik wil jy nie die ouerpaar wees wat nee se vir iets wat amazing kon gewees het nie.

Ek het gehoop om ‘n interessante stukkie of twee vir die babakamer op te tel, maar die goed was vir my vreeslik in your face “kyk! dis vir ‘n babakamer! dis hoekom dit blou beertjies ophet!” Toe strip my moer ook sommer toe ek die pram wat ons net laasweek by BabyCity gekoop het op ‘n skou-aanbod vir aansienlik minder sien. Grr! Ek dink toe dat ek seker die ander pram kan gaan omruil en die een op special koop, maar toe klink dit vir my na moeite en teen daardie tyd het die Barney show al begin en het Liefie se waarsku ligte begin flits.

Almal het met pakke en pakke doeke daar uitgestroom, wat my laat aflei dat die doeke ook goedkoop was, maar daai deel van my mamma-instink het nog nie ingeskop nie. Ek kan myself net nie bring om doeke in ‘n groter nommer te koop omdat dit goedkoop is nie. Tans bestaan my doeke versameling uit die welkom pakkie wat Discovery in hulle sak gesit het. Ek sal seker nog die sprong maak. Volgende week is my 32 week besoek.

8 maande. Hoe de moer het die tyd so vinnig gegaan?

Ek het (letterlik) nog ‘n duisend goed om te doen voor D-dag. En die meerderheid hou nie met baba goed verband nie. Die lys sal waarskynlik styg tot 2000 as ek net besef hoeveel baba goed daar nog gedoen moet word. Tans het ek net 1 datum in my kop. 23 Desember (wanneer ek met kraamverlof gaan). Ek is moeg en besef nou dat die werksjaar eintlik baie uit my geput het.

En ek het (regtig) nou niks meer om te dra nie.