Sê niks dan is daar niks nie

Ek is nie iemand wat op die koop toe loop met my oortuigings en gedagtes nie. Ek sal miskien vir ‘n pel sê dat ek dink hy/sy is besig om nonsens aan te vang, maar sal nie ure spandeer om die persoon te oorreed my siening aan te neem nie.

Live and let live. Make love not war. Whatever dude, as dit jou gelukkig maak en nie eintlik ‘n impak op my lewe het nie, good for you.

Ek’s seker maar te lui om heeltyd ander te wil oortuig dat ek eintlik reg is. Die enigste plek waar ek in ‘n hewige debat sal betrokke raak is as dit oor my werk gaan. Want kliëntediens, spoedige transaksies en die beste gebruik maak van die regte tot jou beskikking is vir my belangrik.

Wat my tieties egter deesdae lam(mer) maak is al die advies wat ek oor baba grootmaak kry. Het jy nog nie op ‘n naam besluit nie? Die hartjie gaan nie weet waaaaaar hy inpas nie. Het jy nog nie ‘n cot/wiegie/camping cot/karstoel/borspomp gekoop nie? Jy beter gou spring, jy moet gereed wees vir jou baba. Het jy nog nie nagklere vir die hospitaal gekoop nie? Koop dit nou, mens sukkel so om ordentlike nagklere te kry. Gaan jy borsvoed? Mens moet dink oor hierdie goed hoor, jou kind se gesondheid is op die spel.

En my nuwe gunsteling: waar gaan die baba gedoop word?

“Hy gaan nie” laat almal wat die vraag vra in hulle tee stik en angsaanvalle kry. Maar hoekom op dees aarde nie?! *geskokte uitdrukking* *hande wat na die bors toe fladder* *vlakkerige asemhaling*. Want, tannie, nie almal van ons glo dieselfde ding nie. Maar, maar, tuitmond, jy’s dan gedoop. Ja tannie, ek verstaan dit. Ek dink net bietjie anders oor goed. Dan gaan ek vir jou moet bid! En die arme ongebore dingetjie ook. Dankie tannie, tannie is welkom.

En vir dae na die gesprek word ek blootgestel aan “religious bullying”. Ek kan nie aan ‘n ander naam dink nie. Let wel, ek is nie besig om met die ander persoon oor hulle besluite en godsdienstige oortuigings te stry nie. Ek sê niks as hulle hulle meerderwarig teenoor my hou nie. Ek hou my bek, want ek glo dat elke mens geregtig is op sy/haar siening en leefwyse solank as wat dit nie die gemeenskap erge skade berokken nie.  Hoekom word ek aangeval?

Ek’s nou gatvol.

Het gister vir die laaste tannie gesê dat ek nie die baba gaan laat doop nie, maar wel reël vir ‘n Gujarati Chatthi (benamings seremonie wat op die 6de dag na geboorte plaasvind). Sy was sprakeloos. 😈

Van nou af gaan ek sommer sê dat my “doop” gaan behels dat ek die plasenta gaan gebruik as groeimedium vir ‘n nuwe boom in my tuin, sodat die kind altyd kan weet dat hy aan die aarde behoort. Of is dit te erg? 😉

Advertisements

13 thoughts on “Sê niks dan is daar niks nie

  1. Twilight Oktober 18, 2010 / 7:40 nm

    Om kinders te probeer grootkry is soos om een oggend op te staan en die enigste skoon, gestrykte top in jou kas is ‘n rooie. Jy trek hom aan en nou is almal vir jou kwaad, want hulle hou meer van geel, blou, groen of pers en deur die rooie aan te trek het jy by implikasie hulle voorkeure beledig.

    Jy kan nie wen nie. Gaan met die plasenta-storie en werk die maan ook iewers in.

  2. Son Oktober 18, 2010 / 9:31 nm

    Ek stem saam met Twilight. Dis sulke tye wat ek vrek aspris raak en die vreeslikste goed kwytraak wat mense so skok dat hulle verder draaie om my loop. Eendag vertel ek jou dalk wat ek vir ‘n busybody gese het wat my gevra het wat wil ek met ‘n jonger man doen 😈

  3. demoerin Oktober 19, 2010 / 11:09 vm

    😆 Bwahahaha… ai ou janetjie… imagine nou nog die ekstra feit dat ons nie getroud is nie…..
    My gunsteling vraag tot nou toe is: “Nou hoe het dit gebeur?” Ek bied egter vir almal aan om vir hulle prentjies te teken.

    • netjane Oktober 19, 2010 / 11:20 vm

      Ek begin regtig dink dat mense wat stupid goed vra stupid antwoorde moet kry. Ek dink ek gaan sommer begin byvoeg dat ek nog niks vir die baba gekoop ens het nie, omdat ek wag om te sien hoe die kind lyk sodat ek weet watter pa om aan te spreek vir onderhoud.

      • demoerin Oktober 20, 2010 / 9:56 vm

        Bwahahahahaha

  4. Charms Oktober 19, 2010 / 2:45 nm

    Ai tog, ek ken daardie gevoel. Ek het ook nie gedoop nie en was maar skeef aangekyk deur party en ander het seker maar ook vir my en die “arme bloedjie” gebid. Ek stem saam met Twilight – skok hulle maar verder.

  5. Celia Neveling Oktober 19, 2010 / 9:36 nm

    Oor godsdiens, ek word net so moeg vir mense wat hulself beskou as Christene en dan net wil preek en oordeel, ek glo dat Christene moet inspring en werk om mense wat sukkel en swaar kry te help. As jy ‘n dag lank groente geplant het in ‘n plakkerskamp het jy nie energie om vir iemand te vertel hoe groot Christen jy nou eintlik is nie, maar daar is niks so bevredigend as om mense te help nie.

    Oor babas, ons het jare gewag vir ons twee kiepies, en toe ons die eerste keer swanger was, was al die dokters redelik bekommerd oor goed wat kan skeefloop. Dit was nogal erg om al die raad en eiewys goeters aan te hoor as jy so lank gewag het en nie eers seker is of dit ok gaan wees nie. Een dag het ek net besluit om my af te sluit, mense praat, ek glimlag, sê: Ja, jy is reg, en dan loop ek weg en doen presies wat ek wil. By die een oor in en die ander een uit. Die belangrikste is dat jy jou swangerskp moet geniet, dit gaan so gou verby. Sterkte vir julle, mooi bly.

  6. stefaniewerth Oktober 20, 2010 / 10:39 nm

    Welcome to parenthood! Dit raak nie beter nie! Siestog, party bedoel dit rerig goed. Daar is ongelukkig baie konserwatiewe mense daar buite. Ek is nes jy in die sin van ek gaan nie ure sit en redekawel en baklei om mense te oortuig om my siening te sien nie. Al raad wat ek het is: die mense wat jy nie close aan is nie, moet hulle nie al die detail gee nie. Vir die mense na aan jou, dink ek jy hanteer dinge heeltemal reg. Sterkte!

  7. Sammi Oktober 21, 2010 / 10:12 vm

    Baie Baie geluk met julle baba. Geniet die regmaak en voorbereiding! Ek het al agtergekom dat diegene wie so ‘n groot ophef maak van kamers en goeters, meer in daardie belang stel as in die baba self.

    Ekself glo nie aan klein doop nie Jane. Dis in alle geval ‘n menslike instelling wat nie so voorgeskryf word in die Groot Boek nie. Ek glo wanneer die kind so wil eendag, hy/haarself kan laat groot doop. Baptism. So vertel maar aan al die geskokte heiliges dat hulle asb moet gaan oplees oor WAAR die instelling vandaan kom.

  8. Natasja Oktober 29, 2010 / 11:03 vm

    Ag liewe hemel, asof jy nog hierdie people pleasing drama ook nog in jou lewe nodig het?! Party mense kan net nie aanvaar dat nie almal dink soos hulle dink nie, en dat dit eintlik okay is dat almal nie dieselfde is nie. Sulke mense lewe in so ‘n “bubble” dat jy hulle eintlik ‘n moerse guns doen deur die bubble te bars met plasenta’s in die tuin en ongedoopde kleuters. You go girl! Hoe weirder hoe beter – ruk daai tannies reg!

  9. René Boshoff Oktober 29, 2010 / 2:50 nm

    Askuus vir my Frans maar ek moet dit nou sê – AGASSEFOKKENBLIEFTOG!!!

    Ek deel jou filosofie Janetjie! Hoe skewer daardie antwoord kan wees, hoe beter! Deesdae, as iemand my vra hoekom ons nog nie kinders het nie, sê ek ons wil nie kinders hê nie of ons kan nie kinders hê nie! Goeie Gert, wat het dit anyway met hulle uit te waai?

  10. rosalindreloaded Oktober 29, 2010 / 2:53 nm

    En dan gaan julle kaal dans om die vuur tydens die doop om met die aarde te connect…:)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s