2 Jaar

My Liefste

Toe ek gisteraand by die kamer uitstap en jy met soveel verwondering in jou oe na my kyk en vir die hoeveelste keer vir my se dat ek vir jou pragtig is, toe klop my hart nogsteeds soos die eerste keer wat ek met jou kennis gemaak het. Ons kennismaking kom al ‘n lang pad, nog lank voor ‘n aangesig-tot-aangesig ontmoeting was my hart al joune en tot vandag toe nog dra jy my hart in jou hart. Met soveel sorg en waardering en aandag en liefde pas jy my op.

Ek dink nie ek is altyd die beste vrou vir jou nie, jou hemde is nie altyd gestryk nie en ek steel elke aand die duvet, maar jy bly na my kyk met daai kyk van eindelose liefde en ontsag. Dankie daarvoor. Omdat jy my prins en my held is voel ek elke dag soos ‘n prinses. En al lag jy nou vir my omdat ek groot panties moet dra en my broeke nie meer wil vasmaak nie en ek al stadiger begin loop, sien ek daai liefde wat jy vir my in jou hart dra loop oor vir die baba in my maag.

En ek spot jou oor jou grys hare (wat jou eintlik nog net sexier maak) en jy brom dat jy eintlik vir jou ‘n nuwe 19 jarige moet gaan soek, maar al waar ons wil wees is waar die ander een is.

En ek weet op papier is ons more eers twee jaar getroud, maar vir my sal ‘n ewigheid saammet jou nooit genoeg wees nie.

Ek is, doodeenvoudig, mal verlief op en smagtend lief vir jou.

Advertisements

6 thoughts on “2 Jaar

  1. Girl van die Suburbs Oktober 11, 2010 / 7:57 vm

    Sjoe… dis baie spesiaal!

    Veral oor hy nog dink jy is die 8ste wonder van die wêreld… en nie eers daai out tannie bloemers raak sien nie :mrgreen:

  2. demoerin Oktober 11, 2010 / 9:16 vm

    Sjoe Jane, is dit al 2 jaar? Jinne maar tyd vlieg!
    Bie geluk aan julle tweetjies, en ek hoop dit bly so vir altyd – Daar is geen reël vir die teendeel nie!

  3. Son Oktober 11, 2010 / 2:47 nm

    Dis so mooi. Baie geluk Jane!

  4. Charms Oktober 11, 2010 / 2:54 nm

    Baie spesiale woorde. Geluk met julle huweliksherdenking.

  5. Knipoog Oktober 13, 2010 / 12:18 nm

    Hoe pragtig, geluk en mag dit vir ‘n leeftyd so bly met die ekstra seeninge wat die kleintjie sal bring!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s