Daai plek

Eens op ‘n tyd was my blog my “happy place”. Ek het nie ‘n dag begin of geeindig sonder om ‘n draai op my blog en die ander blogs wat ek lees te maak nie. Deesdae is ek so besig dat my blog letterlik die laaste gedagte is wat ek het voor ek gaan slaap. En dis ‘n terloopse gedagte : “ag moer, ek het weer nie geblog nie”.

Dis eintlik sleg om ‘n happy place op te gee of nie die nodige aandag daaraan te wy nie. Daar’s ‘n rede hoekom ‘n aktiwiteit of plek jou in die eerste plek gelukkig gemaak het en al verstaan ek dat behoeftes verander, weet ek nie of mens nie steeds moet vasklou aan die lewe se klein plesiertjies nie.

Die een plesiertjie waarop ek my laaste sent en minuut sal uitgee is om ‘n boek te kan lees. Vandat ek my heel beste geskenk ooit gekry het (my Kindle) het ek double-whammy plesiertjie. Ek kan (met gemak) in die bad lees. Kindle pas in ‘n ziplock sakkie en ek kan myself pruimerig week. Niks blaaie wat nat word of ‘n gesukkel om rakkies gebalanseer te hou nie, net  die eenvoudige druk van “next page” op die Kindle. Dit is regtig gelukkigheid op sy beste.

Tot Liefie se groot ergenis het my Farmville plaas ook een van my nuwer happy places geword. Ek vermoed dit het te doen met die totale breindood aksies wat dit vat om redelik suksesvol te boer. Ek vang op die oomblik erge stres by die werk en die opgewekte en vriendelike graphics van die program staan my aan.

Vandat dit bietjie warmer is ry ek ook elke oggend en aand met my kar se dak af. Happy place galore. Ek hou daarvan dat ek al die nuwe seisoen se reuke en geluide ervaar. Ek hou daarvan om praatjies met die straatverkopers te maak en dat elke liewe een van hulle vir my se dat hulle hard gaan werk om eendag ook so ‘n kar te kan ry. Zama-Zama mama se hulle vir my. Probeer is die beste geweer.

My happiest of happy places is daar waar my man is. Dit kan enige plek wees, solank as wat hy daar is, is ek op my gelukkigste.

Met al die opgewondenheid van swanger wees is dit die een ding wat aan my bly knaag. Ek is redelik selfsugtig oor my tyd en energie en deel dit net per geleentheid met ander mense. Ek en Liefie sien eintlik alreeds min genoeg van mekaar (hierdie week verloop so: Amsterdam, Munich, klein dorpie iewers in SA, klein dorpie iewers in SA, JHB) en ek weet dat hierdie baba tyd gaan “steel” soos nog iets. Wat as ek nie eintlik gereed is daarvoor nie?

Advertisements

8 thoughts on “Daai plek

  1. Son September 21, 2010 / 8:03 nm

    Jane, ek het saam met ‘n ou gewerk. Hy en sy vrou was verskriklik loopbaangedrewe, het die wereld vol gereis. Sy het omtrent 7 grade en en en. Toe raak sy per ongeluk swanger. Ja, sulke glipse gebeur nog. Hy het soms vir my vertel hulle weet nie lekker wat hulle met die baba gaan doen nie.

    Vandag het hulle al ‘n tweede enetjie en ek het nog min in my lewe meer happy en toegewyde ouers gesien. Ek sê nie almal is soos hulle nie, of dat dit vir julle dieselfde sal wees nie. Maar ‘n kind is so ‘n kosbare gawe. Die dag as jy jou eie een vashou, vervaag alle ander dinge. Langs die pad skik mens weer jou prioriteite en maak vir jouself tyd en dis reg so. Maar niks is regtig ooit weer dieselfde nie en dit maak op die einde van die dag ook nie saak nie. 🙂

  2. demoerin September 22, 2010 / 8:29 vm

    Agge nee man, ek is seker jy is reg vir die baba. Dink net aan al die ander dinge waaroor jy al voorheen onseker was…. en dan was dit al die tyd nie so erg nie! Jy sal met vlieënde vaandels slaag… gaan hê ‘n Pie, Chips en Gravy by Olivias, en dan is alles sommer reg!

  3. Charms September 22, 2010 / 8:31 vm

    Jy sal reg wees daarvoor, moenie bekommer nie. Daai kleine mensie gaan natuurlik alles verander – maar dis als die moeite werd.

  4. Girl van die Suburbs September 22, 2010 / 10:12 vm

    Dit is juis my vriendinne wat so gek was oor hulle loopbaan en travel en laataand kuiers wat die ervaring so geniet, dat hulle actually ophou werk het om voltyds ma te word… Ken drie van hulle en hul sê almal hul verruil ma wees vir niks in hierdie wêreld nie.

  5. Knipoog September 24, 2010 / 12:27 nm

    Ek is bly ek is nie die engiste een wat oor hierdie dinge wonder nie! Sal dophou wat word geskryf vorentoe.

  6. leonvonmoltke September 27, 2010 / 7:53 vm

    Selfs al is jy nie gereed nie word jy maar gereed 🙂

  7. Spear The Almighty September 27, 2010 / 11:59 vm

    Die baba voel vere of jy reg is of nie. Ons het maar almal so leer swem in die diep kant met kinders. 🙂 Dit is deel van die pret. 🙂

  8. rosalindreloaded Oktober 31, 2010 / 3:48 nm

    Jinne lees ek nou van ‘n baba! Geluk, jy gaan ‘n great ma wees 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s