Mengelmoes

My dokter vertel my die prentjie op die skerm wat half soos ‘n baba lyk is ‘n seuntjie. Hoe hy dit sien weet ek nie, maar ek is nogsteeds baie opgewonde!

Ek het, ten spyte van my beste pogings om hom te vermy, weer vir nuwe pappie gesien. Ek het weer my top gehalte self tot voorskyn gebring en minus die fokken hond het dinge effens beter afgeloop. Net effens. Ek weier nogsteeds om happy families te speel.

‘n Goeie vriend se meisie los hom en ‘n week of twee later (lank nadat sy haar facebook status na enkellopend verander het) dui hy (as ‘n grap) aan dat hy in ‘n verhouding met een van sy boesemvriendinne is. Madam sien dit en gooi haar toys. Noem sy optrede laag en gemeen. Laat my dink aan Ross en Rachel van Friends se “we were on a break” storie. Bottom line is (volgens my) as jy iemand los kan jy mos nie meer kommentaar oor sy/haar doen en late lewer nie. Of is ek verkeerd?

Intussen sien ek dan al hoe meer vrugtebome bot en ruik in die aande jasmyn. I like it!

Advertisements

4 thoughts on “Mengelmoes

  1. Girl van die Suburbs Augustus 19, 2010 / 7:01 nm

    Ag jitte!! So ek gaan ‘n seuntjie babysit! :mrgreen:

    As ek gaan stap dan ruik ek ook oral die jasmyn! Dis goed vir die siel x

  2. demoerin Augustus 24, 2010 / 8:53 vm

    WHHHOOOOZZZZAAAAA SUMMER. Kannie wag nie.
    Seuntjie is cool, want dan kan hy rugby speel… waarna pos ek sy eerste paar rugbystewels?

  3. Natasja Augustus 24, 2010 / 1:34 nm

    Baie geluk met die swangerskap! Gebruik die 9 maande om te eet wat jy wil, mense uit te skel nes jy wil, geld uit gee en super demanding te wees, want jy kan dit als op hormone blameer 🙂

  4. Spear The Almighty September 16, 2010 / 11:06 vm

    Geluk. Ons dogtertjie kom in Desember. Ek het klaar ‘n seuntjie en hy is ‘n blerrie terroris.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s