Who’s your daddy?

Hierdie is ‘n ou storie wat nog swaar op my hart le. Na almal se raad oor hoe ek vir nuwe pappie moet hanteer, het ons tweede ontmoeting steeds katastrofies afgeloop. Eintlik is katastrofies nie die regte woord nie. Dit was ‘n fokop. Plain en simpel soos dit.

Ek weet mense ervaar my soms as bot en ek weet mense ervaar my soms as stil en afsydig, sommiges meen ek is koud, omdat ek nie een vir groot gebare en drukkies uitdeel is nie en juis om hierdie rede het ek die aand van die ete my A-game gebring. Ek was Miss Congeniality. Eintlik, Miss Congeniality was my bitch.

Waarmee ek egter nie rekening gehou het nie was nuwe pappie se fokken boerboel. Aangesien ek die hele flater van die aand op die hond blameer noem ek noem die hond die fokken hond. Die hond, die reusagtige fokken hond, het saammet ons aan tafel gesit. Met haar kop op die tafel langs my bord. Soveel so dat my servet vol drool was. Teen die tweede gang van die ete was my geduld met die hond al dun en maak ek toe die fout om te vra om die hond nie buite toe kan gaan of toegemaak kan word nie. Wrong question. Na daardie opmerking het die aand spoedig in ‘n kak spul verander. Daar was ander redes ook, maar kom ons fokus maar op die hond, aangesien dit blyk dat nuwe pappie weer (terug) in die prentjie is.

Na die aand het mammie en nuwe pappie se verhouding skipbreuk gery, maar mammie het my mooi laat verstaan dat die aand eintlik maar net die laaste strooi was en dat ek nie moet sleg voel nie. Ek maak toe ook die fout om te se dat ek bly is, aangesien ek myself nie so ver sal kan kry om ooit van hom te hou nie. Ook maar goed, antwoord mammie, hy se as hy jou nooit weer hoef te sien nie sal dit te gou wees en for good measure voeg hy sommer by dat ek ‘n little bitch is.

Fast forward na laas naweek. Ek en Liefie gaan Oos-Londen toe om vir my skoonfamilie te kuier en aangesien mammie daar naby woon se ek vir haar ek sal daarvan hou om haar ook te sien. Sy uum en aah totdat dit uitkom dat nuwe pappie vir haar kom kuier. Toe strip my tierkat moer en ek se ek weier om happy families te speel en dat nuwe pappie volgens my nie bestaan nie. So ek doen toe net mooi wat almal gese het ek moenie, maar my moer, die dude het my ‘n bitch genoem!

Ding is, ek en my ma het nou ‘n issue. Vir die eerste keer in my lewe. Ek dink al aan die strofe uit Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek : “‘n spieel het gebreek tussen my en (haar)”.

Advertisements

8 thoughts on “Who’s your daddy?

  1. PlaasJuppie Augustus 5, 2010 / 7:07 vm

    Vir ‘n oomblik daar het ek die hele besigheid misverstaan, jy sal nou mooi moet begin onderskei tussen die nuwe daddy en die about to be daddy 🙂
    Dit is ‘n totaal onmoontlike situasie en een wat ek met my vindictive persoonlikheid in alle waarskynlikheid heeltemal verkeerd sou hanteer het. Ek verstaan egter ook daai spesiale “iets” tussen ‘n ma en dogter, en daarom hoop ek van harte dat die situasie homself oor tyd sal oplos. Sterkte jong.

  2. Charms Augustus 5, 2010 / 9:19 vm

    Moenie sleg voel nie, ek dink jy het dit beter hanteer as wat ek sou. Takt is ongelukkig nie in my woordeskat nie. Ek hoop jy en jou Ma kan dinge uitwerk.

  3. demoerin Augustus 5, 2010 / 10:43 vm

    En dit alles agv ‘n fokken hond. Nee hel, dit sou ook nie lekekr by my gesit het nie. Sies man! Elke geval behoort jou ma nie dat so iets tussen julle kom nie. Maak nie saak wat jy: Jy bly haar kind en hy is die sleepsel, nie andersom nie.

  4. madeleburger Augustus 5, 2010 / 11:39 vm

    Haai, ek dink die xxsdsewd hond was dalk net die laaste strooi – die lekker iets waarvoor hulle die skuld kan gee. Hoop oor tyd kom dinge reg tussen jou en jou ma! Moenie jouself te hard pak gee nie!

  5. Girl van die Suburbs Augustus 5, 2010 / 5:37 nm

    Jinne, nee ek is sommer teleurgesteld. Ek sal nie dat iemand so van my kind praat nie… Maar die feit dat hy voel hy het ‘n reg om so iets kwyt te raak is duidelik dat hy ‘n poepol is! Hoop jou ma sien dit ook raak!

  6. johanna79 Augustus 5, 2010 / 10:47 nm

    wow, jou lewe klink so opwindent, soos en episode van days of iets. onthou niet, n girl het haar ma nodig en hys ouer as jy… so hy sal tien teen een voor jou die emmer skop, bel jou ma se jy love haar en hoop vir die beste *nudge nudge wink wink*

  7. Twilight Augustus 6, 2010 / 4:17 nm

    As mens gaste kry, moet jy aanvaar hulle toleransie gaan noodwendig laer as joune teenoor jou troeteldiere wees. Jy was reg om te vra dat iets met die hond gedoen word. Dis nog nie so lank sedert jou ouers geskei is nie en jou ma moet waarskynlik eers weer haar voete vind. Gee haar tyd en probeer om haar te behandel soos altyd. Sterkte, man!

  8. René Boshoff Augustus 12, 2010 / 3:30 nm

    Eish, dis ‘n moeilik enetjie!! As ek myself vir ‘n splitsekonde in jou skoene moes sit, sou DIE POEPOL ook nie in my boekies getel het nie – HY NOEM JOU ‘N BITCH FOR F…SAKE!!! Good grief!! Wie dink hy is hy? Jou ma sal nog deur hom sien, en dan sal sy terugkruip en jou vergifnis vra! Gee dit vir haar! Sy is miskien net baie alleen en DIE POEPOL is daar om dit bietjie draagliker vir haar te maak! Sy is ‘n ma, sy sal bykom!!! Intussen – moet nooit die verhouding met jou ma vir enige iemand compromise nie – sy hele millitêre moer … deur issues met jou ma te hê of te ontwikkel gee jy DIE POEPOL presies wat hy wil hê! Flippet, ek sal sy kortribbes afskop as ek hom moet raakloop!!!

    Sterkte vriendin – – – as jy iemand nodig het wat mense ken wat nare dinge aan poepolle kan doen … sê maar het ! I know people… 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s