Mengelmoes

My dokter vertel my die prentjie op die skerm wat half soos ‘n baba lyk is ‘n seuntjie. Hoe hy dit sien weet ek nie, maar ek is nogsteeds baie opgewonde!

Ek het, ten spyte van my beste pogings om hom te vermy, weer vir nuwe pappie gesien. Ek het weer my top gehalte self tot voorskyn gebring en minus die fokken hond het dinge effens beter afgeloop. Net effens. Ek weier nogsteeds om happy families te speel.

‘n Goeie vriend se meisie los hom en ‘n week of twee later (lank nadat sy haar facebook status na enkellopend verander het) dui hy (as ‘n grap) aan dat hy in ‘n verhouding met een van sy boesemvriendinne is. Madam sien dit en gooi haar toys. Noem sy optrede laag en gemeen. Laat my dink aan Ross en Rachel van Friends se “we were on a break” storie. Bottom line is (volgens my) as jy iemand los kan jy mos nie meer kommentaar oor sy/haar doen en late lewer nie. Of is ek verkeerd?

Intussen sien ek dan al hoe meer vrugtebome bot en ruik in die aande jasmyn. I like it!

Advertisements

Who’s your daddy?

Hierdie is ‘n ou storie wat nog swaar op my hart le. Na almal se raad oor hoe ek vir nuwe pappie moet hanteer, het ons tweede ontmoeting steeds katastrofies afgeloop. Eintlik is katastrofies nie die regte woord nie. Dit was ‘n fokop. Plain en simpel soos dit.

Ek weet mense ervaar my soms as bot en ek weet mense ervaar my soms as stil en afsydig, sommiges meen ek is koud, omdat ek nie een vir groot gebare en drukkies uitdeel is nie en juis om hierdie rede het ek die aand van die ete my A-game gebring. Ek was Miss Congeniality. Eintlik, Miss Congeniality was my bitch.

Waarmee ek egter nie rekening gehou het nie was nuwe pappie se fokken boerboel. Aangesien ek die hele flater van die aand op die hond blameer noem ek noem die hond die fokken hond. Die hond, die reusagtige fokken hond, het saammet ons aan tafel gesit. Met haar kop op die tafel langs my bord. Soveel so dat my servet vol drool was. Teen die tweede gang van die ete was my geduld met die hond al dun en maak ek toe die fout om te vra om die hond nie buite toe kan gaan of toegemaak kan word nie. Wrong question. Na daardie opmerking het die aand spoedig in ‘n kak spul verander. Daar was ander redes ook, maar kom ons fokus maar op die hond, aangesien dit blyk dat nuwe pappie weer (terug) in die prentjie is.

Na die aand het mammie en nuwe pappie se verhouding skipbreuk gery, maar mammie het my mooi laat verstaan dat die aand eintlik maar net die laaste strooi was en dat ek nie moet sleg voel nie. Ek maak toe ook die fout om te se dat ek bly is, aangesien ek myself nie so ver sal kan kry om ooit van hom te hou nie. Ook maar goed, antwoord mammie, hy se as hy jou nooit weer hoef te sien nie sal dit te gou wees en for good measure voeg hy sommer by dat ek ‘n little bitch is.

Fast forward na laas naweek. Ek en Liefie gaan Oos-Londen toe om vir my skoonfamilie te kuier en aangesien mammie daar naby woon se ek vir haar ek sal daarvan hou om haar ook te sien. Sy uum en aah totdat dit uitkom dat nuwe pappie vir haar kom kuier. Toe strip my tierkat moer en ek se ek weier om happy families te speel en dat nuwe pappie volgens my nie bestaan nie. So ek doen toe net mooi wat almal gese het ek moenie, maar my moer, die dude het my ‘n bitch genoem!

Ding is, ek en my ma het nou ‘n issue. Vir die eerste keer in my lewe. Ek dink al aan die strofe uit Ingrid Jonker se Bitterbessie dagbreek : “‘n spieel het gebreek tussen my en (haar)”.