Tierkat

Ek begin te dink die Victorians het ‘n punt beetgehad met hulle “confinement”. Voor dames sigbaar swanger begin lyk het, het hulle in confinement ingegaan. Nie sommer net op straat verskyn nie.

Ek dink dis moontlik ‘n goeie idee gewees, nie omdat ek bekommerd is oor die wys nie, maar omdat ek dink mense is in gevaar met my op straat of in die kantoor.

As iemand wat ‘n redelike “even temperament” het, word ek nie te veel en te gou kwaad nie, iemand moet regtig egtig probeer om my knoppie te druk en dan is ek soos die spreekwoordelike bul in die breekwarewinkel. Deesdae is my moermeter egter heeltyd in die rooi. Sommer met die opstaan slag. Niks hoef eers te gebeur nie. Ek is permanent kort van draad. Dis ‘n heel nuwe ervaring vir my. PMS het nooit in my lewe ‘n verskyning gemaak nie en dus is hierdie moerkat waarin ek ontaard het vir my vreemd.

‘n Vriendin sê ek moet bly wees ek raak kwaad en nie huilerig nie. Ek weet nie so mooi nie…

Advertisements

7 thoughts on “Tierkat

  1. Charms Julie 29, 2010 / 10:40 vm

    Ek stem saam met jou vriendin – panda ogies elke dag lyk nie mooi nie. Gelukkig noem jy dit vooraf, so almal is gewaarsku…….

  2. Twilight Julie 29, 2010 / 2:35 nm

    Ek was ook nogal kwaai. Maar ek dink nog steeds ek was elke keer reg wat ek iemand bevlieg het….

  3. BB Julie 30, 2010 / 9:30 vm

    Seg ek mos ook – solank jy nie vir jouself moerig raak nie!

  4. PlaasJuppie Julie 30, 2010 / 11:39 vm

    Arme hubby.

  5. Vlam Julie 31, 2010 / 6:43 nm

    O, my genade. Kan ook nie my rug draai en julle doen alles wat ek nie sou doen nie… 😯

    Geluk, Jane!! En moenie worry as jy kwaaier as normaalweg is nie ~ mense hou dit nooit teen jou nie. Dis die voordeel van ‘confinement’. 😉

  6. Girl van die Suburbs Augustus 3, 2010 / 8:49 vm

    Ek love it… Nou kan die wat altyd hulle composure hou ook nou bietjie let rip!

    Hoe voel jou man oor die sakie? 😉

  7. demoerin Augustus 3, 2010 / 12:27 nm

    Ek is saam met PJ op die een…. het die tierkat darem ‘n tierkat outfit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s