Basket case

As iemand in wie se lewe musiek maar ‘n baie terloopse rol speel, vang dit my altyd half onkant as daar die dag ‘n liedjie op die radio speel wat my absolute gemoedstoestand perfek vasvang.

Ek het ‘n nuwe foon gekry en Liefie meen dadelik ek kan nou al my musiek op die foon laai – ek het hom net skeef aangekyk. Ek weet nie wat ek met ‘n ipod sal doen nie, ek loop nooit met oorfone rond nie, kry nooit die gevoel om die buitewereld uit te blok nie, luister skaars radio en sit dan en wan ‘n CD op, maar omtrent net as ek regtig die harde dromme van rock in my are wil voel klop, anders lewe ek maar ‘n musikaal neutrale lewe, maar hierdie liedjie draai al ‘n paar dae in my kop.

Ek wonder of dit oor die ritme is, miskien omdat dit ‘n old school liedjie is wat my aan vroeer tye laat terugdink, miskien die lirieke, maar een ding is beslis:

…sometimes I give myself the creeps… It all keeps adding up, I think I’m cracking up….

Lekker naweek hou outjies!

Advertisements

4 thoughts on “Basket case

  1. Girl van die Suburbs Julie 9, 2010 / 1:31 nm

    Ek Luuurrrvvveee die song! 😛

    Die lewe met mal mense is interessant! 😉

    Lekker naweek vir jou Jane’kie!

  2. Charms Julie 9, 2010 / 2:30 nm

    Oe nee, ek kan nie funksioneer sonder musiek nie. Ek sing en dans saam asof niemand kyk nie en as hulle luister en staar dan is dit ook maar OK. Ja, “sometimes I give myself the creeps” 😉

  3. demoerin Julie 9, 2010 / 2:50 nm

    Ek meot ook altyd musiek byderhand hê… en my nuwe favourite raserige kitaar en dromme stukkie kom uit The Killers se live weergawe van Dustland Fairytale.

  4. anne-marie Julie 10, 2010 / 9:14 nm

    Normale mense is tog so vervelig. Soms gee ek ander mense die creeps 😈

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s