Tierkat

Ek begin te dink die Victorians het ‘n punt beetgehad met hulle “confinement”. Voor dames sigbaar swanger begin lyk het, het hulle in confinement ingegaan. Nie sommer net op straat verskyn nie.

Ek dink dis moontlik ‘n goeie idee gewees, nie omdat ek bekommerd is oor die wys nie, maar omdat ek dink mense is in gevaar met my op straat of in die kantoor.

As iemand wat ‘n redelike “even temperament” het, word ek nie te veel en te gou kwaad nie, iemand moet regtig egtig probeer om my knoppie te druk en dan is ek soos die spreekwoordelike bul in die breekwarewinkel. Deesdae is my moermeter egter heeltyd in die rooi. Sommer met die opstaan slag. Niks hoef eers te gebeur nie. Ek is permanent kort van draad. Dis ‘n heel nuwe ervaring vir my. PMS het nooit in my lewe ‘n verskyning gemaak nie en dus is hierdie moerkat waarin ek ontaard het vir my vreemd.

‘n Vriendin sê ek moet bly wees ek raak kwaad en nie huilerig nie. Ek weet nie so mooi nie…

Advertisements

Basket case

As iemand in wie se lewe musiek maar ‘n baie terloopse rol speel, vang dit my altyd half onkant as daar die dag ‘n liedjie op die radio speel wat my absolute gemoedstoestand perfek vasvang.

Ek het ‘n nuwe foon gekry en Liefie meen dadelik ek kan nou al my musiek op die foon laai – ek het hom net skeef aangekyk. Ek weet nie wat ek met ‘n ipod sal doen nie, ek loop nooit met oorfone rond nie, kry nooit die gevoel om die buitewereld uit te blok nie, luister skaars radio en sit dan en wan ‘n CD op, maar omtrent net as ek regtig die harde dromme van rock in my are wil voel klop, anders lewe ek maar ‘n musikaal neutrale lewe, maar hierdie liedjie draai al ‘n paar dae in my kop.

Ek wonder of dit oor die ritme is, miskien omdat dit ‘n old school liedjie is wat my aan vroeer tye laat terugdink, miskien die lirieke, maar een ding is beslis:

…sometimes I give myself the creeps… It all keeps adding up, I think I’m cracking up….

Lekker naweek hou outjies!