Wat moet ek antwoord

Ek het vanoggend vir nuwe “pappie” ontmoet. Of dis maar wat ek en my suster hom spottend noem.

My ma het iemand op Liefie.co.za raakgekliek en die twee kuier nou te lekker. Vanoggend was die “hi Mike, nice to meet you” ontbyt. Ek merk toe nogal vir Liefie op dat dit is wat normale families doen, hulle eet saam op Saterdae oggende ontbyt by een of ander oulike koffieplekkie en praat oor wat in mekaar se lewens aangaan. Liefie antwoord toe ewe droog: “does this look normal to you?”

Die ontbyt was heel okay, behalwe vir die feit dat ‘n afrikaanse ma en haar twee dogters met mekaar moes Engels praat, aangesien Mike Brits is. Ek beskou myself as ten volle tweetalig, maar dit het bietjie ‘n demper op sake geplaas. My familie en sommige vriende noem my ook nog al die jare Janetjie, maar vandag was my ma streng op die Jane. Dit was ook vir my vreemd.

Ek kry ‘n ruk na die ontbyt ‘n sms van mammie af: “what’s the verdict”

Ek het nog nie geantwoord nie, want my eerste reaksie was om te tik: “hy’s nie pa nie”.

Gelukkige Vadersdag aan al die Pa’s daarbuite. Julle beteken meer vir julle dogters as wat julle weet.

Advertisements

12 thoughts on “Wat moet ek antwoord

  1. anne-marie Junie 19, 2010 / 11:08 nm

    Jane, ek hoop jy gaan hierdie in die regte lig lees.

    Ek het ‘n eie pa en ek het ‘n stiefpa en elkeen het sy eie plek in my hart. Jy kan nie jou ma se lewe vir haar leef nie, ook nie vir haar voorskryf nie. Het sy jou man onvoorwaardelik aanvaar? Ek is self ‘n ma van groot kinders wat ook ‘n stiefpa het. Mens is elke keer in twee geskeur as dit net effens lyk of daar onmin tussen jou kinders en jou man is. En selfs al is die kinders koppig en verkeerd voel mens skuldig as jy jou man se kant kies. Moenie, tensy die man duidelik slegte nuus vir jou ma is, haar in so ‘n posisie plaas nie.

    Kinders het hul eie lewens en elke ouer het ook die reg om ‘n maat te he, al is daardie maat dan nie meer jou kinders se pa nie.

    • NetJane Junie 20, 2010 / 8:46 vm

      Anne-Marie, ek lees dit heeltemal in die regte lig en as groot kind weet ek dit alles, maar soms is dit moeilik om die hart en die kop in lyn te kry. My ma en pa was nie gelukkig saam nie en sy lyk nou gelukkig en dis wat saakmaak. Ek het my eie lewe en wat sy met haar lewe doen beinvloed my glad nie meer direk nie, maar as ‘n eerste ontmoeting was dit net vreemd. Ek glo dit sal beter raak…

  2. madeleburger Junie 20, 2010 / 12:47 nm

    Hello Jane, ek hoor jou seer. Weet jy, my ma het ook weer getrou na my pa se dood. Dit was ‘n liewe oom en ek was mal oor hom. Natuurlik was hy nie my pa nie, maar hy was so dierbaar, ek kon amper vir hom “pa” sê. Hy is ongelukkig so 18 maande later oorlede. Ek het destyds besluit om vir hom onvoorwaardelik lief te wees, dankbaar omdat hy vir my ma goed was. Altwee van hulle het ‘n nuwe lewe saam gehad, ‘n nuwe toekoms. Ongelukkig ken ek mos nou nie die nuwe “pa” in julle lewe nie, maar as hy vir haar goed is, probeer jy ook goed wees! Liefde en BAIE sterkte!!! Elke situasie is anders!
    Groete
    Madele

  3. Charms Junie 21, 2010 / 8:44 vm

    Jy het klaar stap 1 voltooi – die ontmoeting. Die feit dat dit nie jou Pa is nie, gaan nie verander nie, maar hy kan dalk ‘n goeie vriend word wat jou Ma gelukkig maak, wie weet.

  4. Pippielangkous Junie 21, 2010 / 9:15 vm

    Sus, Ek het dieselfde sms gekry. Lank gevat om te reply maar dis wat ek gese het ” wat maak dit saak wat die verdict is, wat saak maak is dat ma ma gelukkig is”

  5. René Boshoff Junie 21, 2010 / 9:52 vm

    Ek stem saam met almal hierbo … maar ek weet hoe jy voel … been there, done that, got the T-shirt!!

    Die eerste indruk is nie lekker nie – want dis ‘n groot aanpassing en ‘n mindshift wat gemaak moet word! Daarna gaan dit beter.

    Gee hom die “benefit of the doubt” en ‘n kans om homself te bewys. Onthou dis vir hom net so weird soos vir julle – en ek is seker hy WIL NIE dieselfde as jou pa wees nie, hy wil net ‘n regverdige kans hê!! Ek dink tog jy gun hul die geluk, maar gun jouself ook tyd om deur die aanvaardingsproses te werk! Ons is altyd te haastig en ongeduldig met onsself!

    Sterkte vriendin!! xxxxx

  6. rosalindfranklin Junie 21, 2010 / 2:42 nm

    Hi Jane. My ma en pa is geskei 16 jaar gelede. Beide is word vanjaar 70. En as ek vandag terugsit en dink oor al die trane en hartseer en ek moet eerlik met myself wees: En wens ek my ma het weer iemand gevind, maar sy kan/kon net nie oor alles kom nie. En ek weet sy is eensaam. So moeilik soos dit mag wees, is dit beter dat hulle weer iemand kry. beter vir hulle, seker nie vir ons nie,
    My pa het weer getrou en met hom gaan dit goed. Maar dit gaan sleg met my ma so alleen.
    So ja, jong, ek weet . sterkte. en hugs

  7. kaalvoetinireen Junie 21, 2010 / 4:34 nm

    Weet hoe jy voel en dit raak beter, veral as mens sien dat die ander persoon jou ma/pa rerig gelukkig maak!
    Sterkte in elk geval!

  8. NetJane Junie 21, 2010 / 5:00 nm

    Dankie vir almal se omgee. (Nou weet ek weer hoekom ek blog!)

    Nou moet ek net my gedagtes en gevoelens agtermekaar kry! 😉

  9. wantekkan Junie 21, 2010 / 10:28 nm

    Wat het jy toe reply?

  10. demoerin Junie 24, 2010 / 1:16 nm

    O Jane, dis ‘n taai een die. Na my Pa oorlede is en my Ma ‘n nuwe vriend onmoet het was ek ook maar steeks, wou niks van hom weet nie, wou nie vriendelik wees nie, want ek het my eie vriende ens. ens. ens. Hy gaan NOOIT jou Pa wees nie, dis biologies onmoontlik, MAAR hy kan ‘n MAN vir jou Ma wees. Onthou, deur vas te klou aan wat was, gaan net die hede en toekoms versuur. As hy jou Ma gelukkig maak, dan is dit so, en hoekom nie? Dit het my lank gevat, maar ek het vrede daarmee gemaak. Hy is ‘n vriend en companion vir my Ma, en hoekom nie? Dar is geen rede vir haar om alleen te wees nie. Dink mooi oor die een, jy wil nie hê jou Ma moet eendag in jou gesig teruggooi dat jy in die pad van haar geluk gestaan het nie.

    Go with the flow, niemand het niks om te verloor nie. En moenie onnodig moeilik wees net omdat jy kan nie. Dit het my paar jaar gevat om tot hierdie gevolgtrekkings te kom. Sterkte. Stuur groete aan die koppie.

  11. Marile Cloete Junie 27, 2010 / 6:55 nm

    Ek vind dit ook ‘n bietjie lomp en onnatuurlik om te moet Engels praat met jou eie baie Afrikaanse mense ter wille van ‘n Engelssprekende persoon. Dit klink net eenvoudig geforseerd en onnatuurlik. Dit kan beslis ‘n demper op samesyn plaas.
    Maar die alternatief is erger – om tussenin met mekaar Afrikaans te praat terwyl die gas nie weet wat julle se nie. Dis vir my bitter swak maniere. En glo my, ek het dit al dikwels sien gebeur.
    Die beste raad is dus seker maar om vir “nuwe pappie” so gou as moontlik Afrikaans te leer!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s