Deurtrekker

Vandat ek klein is waarsku my ma my om nie my goed deur te bring nie. Sy’t nooit die term op pas gebruik nie, altyd aangehou met die deur bring. Dit ook vreeslik sleg gevind as iemand wel goeie goed gehad het en dit dan deurgebring het. Doodsonde.

Afrikaans het eintlik ‘n goeie term daarvoor: deur jou gat trek.

Vandag lees ek op Facebook oor iemand wat vir haar “trash the wedding dress photo shoot” gaan en omdat ek toe ek eers dink “dit kan nie wees nie” google ek die storie toe maar. Dit lyk my dis ‘n nuwe trend. Na die troue neem jy fotos in jou trourok terwyl jy goed doen wat jy nie normaalweg in jou trourok sou doen nie, aangesien dit die rok tydens die troue sou beskadig. Soos spring in die swembad, besmeer jouself met sjokolade, hardloop deur lang gras en modder, ry op ‘n perd, klim in ‘n boom – so bottom line (die NetJane weergawe in elk geval) – jy gaan trek jou rok deur jou gat terwyl iemand professionele fotos daarvan neem.

Fok. What a waste. Asof daar nie iemand in hierdie land is wat eerder nut vir jou trourok het nie. Dis die absolute toppunt van die term “verbruiker”. Ek raak nie sommer op my perdjie oor goed nie, maar hierdie tipe storie wil my laat kots. Regtig.

Ek het in die Laerskool gekyk hoe ‘n maatjie op haar broodjies spring omdat sy nie lus was vir konfyt broodjies nie en toe kalm gese dat ek nie meer haar maatjie wil wees nie. Ek probeer nie maak asof ek nooit iets mors nie, maar wragtag, daar’s ‘n verskil tussen per ongeluk te veel rys kook en ‘n trourok opfok.

Advertisements

11 thoughts on “Deurtrekker

  1. Twilight Mei 24, 2010 / 8:46 nm

    My trourok het ek agterna weer gedra na een of twee aandfunksies toe. As mens regtig die ding nie weer wil dra nie, hoekom dit dan nie in die eerste plek gaan huur nie? Stem saam: Die trend is sommer simpel!

  2. Charms Mei 25, 2010 / 11:55 vm

    Jy sal verbaas wees oor hoeveel mense dit regtig doen 😯 Gewoonlik (in die ou dae) was die rok gekoop of gemaak deur Ouma of Ma of ‘n tannie met talent en dan is die rokkie van geslag to geslag aangegee en weer en weer gebruik (soos dooprokkies ook maar was). Ek wens ek kon so “rok-vol-geskiedenis” dra, maar myne was gehuur en terugbesorg.

  3. kaalvoetinireen Mei 25, 2010 / 5:34 nm

    Dis belaglik! Maar nou ja, hulle kan seker maar maak soos hulle smaak…

  4. anne-marie Mei 25, 2010 / 10:48 nm

    My trourok was ook gehuur en ek was al soms spyt daaroor. Ek is sentimenteel oor sulke goed. Ek kan nie glo mense kan so vernielsugtig wees nie. (Jane, met jou opskrif het ek natuurlik iets heel anders verwag! 😆 )

  5. demoerin Mei 28, 2010 / 9:16 vm

    Uit my oogpunt sal ek sê as jy vir hom betaal het, kan jy seker maar met hom doen wat jy wil. Soos ek nog eendag as my kar betaal is per ongeluk in ‘n taxi gaan vasry… ek kan nou al voel hoe krul my tone om van lekkerkry.

  6. Marile Cloete Mei 29, 2010 / 10:34 nm

    Die woord deurbring was ook deel van my kinderjare. Die dae toe ouers nie lelik gepraat het voor hul kinders nie …

  7. rosalindfranklin Junie 4, 2010 / 4:43 nm

    Nee noem my outyds, maar die trourok-deurtrekkery is seker in ‘n land waar almal redelik welaf is? Dis ‘n vermorsing van ‘n duur produk. Mens kan dit vir iemand gee of so iets.

    Ek is seker maar te tradisioneel.

  8. René Junie 9, 2010 / 8:59 vm

    Ek is jammer – maar dis vir my ook ‘n vermorsing! Genade gawie – hoeveel tyd en liefde en GELD gaan in daardie rok in – en dan wil jy dit deur jou gat trek?? Ek kry klontjies as ek eendag ‘n dogter het en sy wil so-iets doen net ter wille van ‘n FOTO!! Dis regtig belaglik!

  9. christiaan cronje Julie 26, 2011 / 2:53 vm

    Ha hoe vra jy my loop ek jou blog raak. Dit moet seker van Petoorjhaa se haaipolaai wees wat die k@k nou vreeslik aardig vind. Met hoe huwelikke vandag se dae werk sal ek maar dat my toekomstige daai ding mooi oppas. So spaar ek haar aanstaande n sikspens of wat

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s