Die blogger se geheime sjeik

My man is hot, ek dink dit elke keer as ek hom sien, so die gedagtes wat ek hier gaan deel het niks te doen met sy looks nie, dis maar net een van daai dinge waarmee ek myself nie kan help nie.

Ek vermoed dit het te doen met te veel Mills and Boon lees  (ek het julle mos al van my geheim vertel) met titels soos “The Sheiks secret lover” of  “A prisoner in the Sultan’s desert paradise”, maar elke keer wat ek myself in ‘n Middel-Oosterse land bevind vang ek myself kort-kort dink: “in jou harem sal ek wees”. Dis onwillekeurig.

Ek raai dit het iets met die smouldering dark looks teen die wit jurke te doen. Of die absolute macho houding en “disdain” waarmee die mans hier na vrouens kyk. Jy is ‘n absolute objek. En ten spyte van myself vind ek dit hot.

Maar net hier. As ek ‘n Arabier in ‘n ander land sien doen dit dit nie vir my nie, maar toe ek die eerste keer in Bahrain was het dit begin. Ek het geraai dis omdat dit ‘n novelty is om die ouens in die outfits te sien, maar later in Jordanie was dit weer so en nou in Dubai nogsteeds.

Ek praat nou nie van elke man hier nie, maar sekere van die ouens het net meer “teenwoordigheid” as die ander, hulle loop met meer houding, kyk nie na vrouens nie, maar eerder deur hulle en dra hulle mag saammet hulle soos ‘n ekstra jas, dis in daardie ouens wie se harem ek sal wees.

As ‘n geleerde vrou moet ek seker van beter weet…

Advertisements

7 thoughts on “Die blogger se geheime sjeik

    • NetJane April 28, 2010 / 4:05 nm

      Kry vir jou ‘n jurk DMI – wie weet wat jy gaan kan regkry, daar moet nog ander vrouens soos ek daar buite wees! 😉

      • demoerin April 29, 2010 / 7:13 vm

        Maak ‘n aantekening op my bucketlist….
        Moet ek begin baard ook groei? Of is dit nie nodig nie?

  1. anne-marie April 28, 2010 / 3:55 nm

    Ek verstaan 100% hoe jy voel. Dis soos om soort van ‘n sagte plek te hê vir daai “rowwe bliksems” wat ‘n vrou soos ‘n speelding behandel. Jy wil nie regtig die tipe man hê nie, maar tog maak hulle jou fantaseer oor hoe dit “kon gewees het” 😆

    • NetJane April 28, 2010 / 4:03 nm

      Sal ek vir jou een in my tas pak? 😉

  2. Charms April 29, 2010 / 10:00 vm

    Ek myself is ‘n “closet” Mills & Boons leser en ek dink dis die misterie en “gevaar” wat hulle uitstraal. Die “bad boy take no nonsense” effek. Ons soek hulle wel nie, maar fantaseer is mos nou nie teen die wet nie.

  3. Skoor Mei 10, 2010 / 12:28 nm

    Nee o kwit! Gee my dan eerder ‘n Boerseun as ‘n knoffelasem turk in ‘n jurk. Aikona. Gelukkig het die M&Boons my verby gegaan, netnou was ons aan’t stry oor ‘n man wat ons anyway nie raaksien nie.

    😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s