Droomgedagtes

Gisteraand droom ek die helderste droom. Ek staan in Russell Road (die wat Port Elizabeth ken sal weet), langs die beste koffiewinkel (om te koop, nie daar te drink nie) in die wêreld – Masterton’s en ruik die see. Voor my sien ek die baai en ‘n lighuis. ‘n Blou lighuis. Nie rooi of wit of swart nie, maar so mooi blou kleur. Die fancy naam is “duck egg blue”. En in die droom dink ek “niemand gaan mos ‘n lighuis sien as dit dieselfde kleur as die water is nie” – en toe skyn die lig. En ek sien vir myle ver. En alles is duidelik. Die droom Jane dink toe nog sommer sy moet gaan blog oor die ervaring – natuurlik besef ek eers toe ek wakker word dis ‘n droom.

Ek het vreeslik lanklaas gedroom, of eerder, baie lanklaas die droom onthou. As iemand wat op ‘n tyd baie gedroom het, plekke en mense gaan besoek het en gevlieg het (ek glo vas in OBE/astral projection, maak nie saak hoe stupid dit klink nie, ek weet wat ek weet ) was dit vir my so lekker om weer intens te droom. Die stukkie oor die bloggery het my bietjie gevang en toe wonder ek of ek nie al die simbole in die droom moet nagaan vir een of ander betekenis nie.

Dis wat ek geleer het:

  1. Being on top of a hill looking down signals our achievement of a spiritual insight or awareness;
  2. The ocean is a traditional symbol of both life and emotions, if the sea is calm and tranquil, it suggests that you have come to terms with an issue or feeling;
  3. The purpose of a lighthouse is to warn ships that may be distress, or have lost their bearings, and guide them to calmer waters. Because it is positioned near water, it symbolises the emotional difficulties that lie ahead. The light guides the dreamer by helping him or her see what type of danger is ahead so that it can be avoided.
  4. Blue can be both a soothing colour and one that suggests depression or sadness. Either way, it is associated with spiritual insight or wisdom.
  5. A dream in which you are writing symbolises communication. This dream can also represent your desire to order your thoughts, to make an impression on others, or to leave your mark in this form of a permanent record.

Wil iemand raai watter boodskap ek uit die droom moet kry?

Advertisements

5 thoughts on “Droomgedagtes

  1. maxie April 5, 2010 / 8:29 nm

    Jinne Jane, haak my kop nou vas by Masterton’s en staan ek saam met jou daar in Russel Road – bestaan dit nog? Weet jy dalk?

    • netjane April 6, 2010 / 8:29 nm

      Dit bestaan baie beslis nog – ek drink nog elke dag hulle koffie wat my ma vir my aankarwei as sy kom kuier. Blykbaar pos hulle ook as jy hulle bel en bestel. Kry die “Sweet Italian blend” – lekkerste lekker.

      • maxie April 8, 2010 / 8:32 nm

        Maak definitief so, dankie!

  2. demoerin April 6, 2010 / 10:55 vm

    Eintlik dink ek net die droom sê jy blog te min… regtig 😆

    • netjane April 6, 2010 / 8:30 nm

      Ek dink jy’s reg… regtig 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s