Die blogger se geheime sjeik

My man is hot, ek dink dit elke keer as ek hom sien, so die gedagtes wat ek hier gaan deel het niks te doen met sy looks nie, dis maar net een van daai dinge waarmee ek myself nie kan help nie.

Ek vermoed dit het te doen met te veel Mills and Boon lees  (ek het julle mos al van my geheim vertel) met titels soos “The Sheiks secret lover” of  “A prisoner in the Sultan’s desert paradise”, maar elke keer wat ek myself in ‘n Middel-Oosterse land bevind vang ek myself kort-kort dink: “in jou harem sal ek wees”. Dis onwillekeurig.

Ek raai dit het iets met die smouldering dark looks teen die wit jurke te doen. Of die absolute macho houding en “disdain” waarmee die mans hier na vrouens kyk. Jy is ‘n absolute objek. En ten spyte van myself vind ek dit hot.

Maar net hier. As ek ‘n Arabier in ‘n ander land sien doen dit dit nie vir my nie, maar toe ek die eerste keer in Bahrain was het dit begin. Ek het geraai dis omdat dit ‘n novelty is om die ouens in die outfits te sien, maar later in Jordanie was dit weer so en nou in Dubai nogsteeds.

Ek praat nou nie van elke man hier nie, maar sekere van die ouens het net meer “teenwoordigheid” as die ander, hulle loop met meer houding, kyk nie na vrouens nie, maar eerder deur hulle en dra hulle mag saammet hulle soos ‘n ekstra jas, dis in daardie ouens wie se harem ek sal wees.

As ‘n geleerde vrou moet ek seker van beter weet…

Advertisements

Grondbaron

Ek en Liefie het vandag ‘n baie groot stap geneem om een van ons toekomsdrome te bewaarheid.

Ons droom nog altyd daarvan om ons eie huis te bou, te kry net wat ons wil hê, lekker aan die plekkie te werk. Ons is mal oor die Britse TV-reeks “Grand Designs” en het al lank ons oog op ‘n ou erfie van ons eie.

Wat ons vanoggend op ‘n balju-veiling gekoop het.

Ek is uit my vel uit van opgewondenheid.

(Nou kort ek ‘n argitek…) (En ‘n bouer…)

O fok, wat het ons gedoen!?

3 Dinge

Ek is vrek besig. So:

  1. Ek het ‘n Polo motorkar om te verkoop;
  2. Ek soek dringend na ‘n goeie, hardwerkende en gewillige aktetikster vir die Rosebank area;
  3. Ek gaan amper New York toe. 🙂

Stuur vir my ‘n mail oor 1 of 2 en versprei asseblief die nuus aan vriende, familie en kennisse. Ek is nie seker dat my blog die regte forum is vir die tipe van goed nie, maar ek is deesdae so besig, ek moet iewers begin!

Oor en uit. (Het ek genoem ek gaan amper New York toe?)

Droomgedagtes

Gisteraand droom ek die helderste droom. Ek staan in Russell Road (die wat Port Elizabeth ken sal weet), langs die beste koffiewinkel (om te koop, nie daar te drink nie) in die wêreld – Masterton’s en ruik die see. Voor my sien ek die baai en ‘n lighuis. ‘n Blou lighuis. Nie rooi of wit of swart nie, maar so mooi blou kleur. Die fancy naam is “duck egg blue”. En in die droom dink ek “niemand gaan mos ‘n lighuis sien as dit dieselfde kleur as die water is nie” – en toe skyn die lig. En ek sien vir myle ver. En alles is duidelik. Die droom Jane dink toe nog sommer sy moet gaan blog oor die ervaring – natuurlik besef ek eers toe ek wakker word dis ‘n droom.

Ek het vreeslik lanklaas gedroom, of eerder, baie lanklaas die droom onthou. As iemand wat op ‘n tyd baie gedroom het, plekke en mense gaan besoek het en gevlieg het (ek glo vas in OBE/astral projection, maak nie saak hoe stupid dit klink nie, ek weet wat ek weet ) was dit vir my so lekker om weer intens te droom. Die stukkie oor die bloggery het my bietjie gevang en toe wonder ek of ek nie al die simbole in die droom moet nagaan vir een of ander betekenis nie.

Dis wat ek geleer het:

  1. Being on top of a hill looking down signals our achievement of a spiritual insight or awareness;
  2. The ocean is a traditional symbol of both life and emotions, if the sea is calm and tranquil, it suggests that you have come to terms with an issue or feeling;
  3. The purpose of a lighthouse is to warn ships that may be distress, or have lost their bearings, and guide them to calmer waters. Because it is positioned near water, it symbolises the emotional difficulties that lie ahead. The light guides the dreamer by helping him or her see what type of danger is ahead so that it can be avoided.
  4. Blue can be both a soothing colour and one that suggests depression or sadness. Either way, it is associated with spiritual insight or wisdom.
  5. A dream in which you are writing symbolises communication. This dream can also represent your desire to order your thoughts, to make an impression on others, or to leave your mark in this form of a permanent record.

Wil iemand raai watter boodskap ek uit die droom moet kry?