Party pooper

Ek het Saterdagaand groot partytjie gehou. Te groot. Dit het my die hele Sondag gevat om (nie) te herstel (nie) en vanoggend sit ek nog met dun ogies hier.

Hoe doen mense dit elke naweek en sommer nog iewers in die middel van die week ook?

Jis, ek voel regtig nie goed nie en ek kan nie glo dat ek gister ‘n hele dag uit my lewe verloor het deur in die bed te lê en sleg te voel nie. En dan moet mens nog huis skoonmaak daarna ook.

Ook maar goed ek word eers volgende jaar 30. Ek dink nie ek kan hierdie jaar weer partytjie hou nie.

Advertisements

3 thoughts on “Party pooper

  1. kaalvoetinireen Maart 29, 2010 / 2:20 nm

    Ek weet ook nie hoe doen die mense dit so in die week nie. Dalk is osn net uit oefening, want as student was dit verseker nie ‘n probleem nie!

  2. Charms Maart 31, 2010 / 4:06 nm

    So hele paar jare terug kon ons dit met gemak omtrent elke dag doen. Ons het self ook ‘n besige Saterdag gehad tot 4 uur die volgende oggend en Sondag was nou ‘n hele mors van ‘n dag – die bank is deurgelê en daar is net dvd’s gekyk. Die lyfie wil nie meer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s