Party pooper

Ek het Saterdagaand groot partytjie gehou. Te groot. Dit het my die hele Sondag gevat om (nie) te herstel (nie) en vanoggend sit ek nog met dun ogies hier.

Hoe doen mense dit elke naweek en sommer nog iewers in die middel van die week ook?

Jis, ek voel regtig nie goed nie en ek kan nie glo dat ek gister ‘n hele dag uit my lewe verloor het deur in die bed te lê en sleg te voel nie. En dan moet mens nog huis skoonmaak daarna ook.

Ook maar goed ek word eers volgende jaar 30. Ek dink nie ek kan hierdie jaar weer partytjie hou nie.

‘n Feit soos ‘n koei

Ek en Liefie trek toe gister ons partytjie skoene aan en gaan na ‘n vriend se verjaarsdagpartytjie by Vacca Matta in Monte Casino toe. Die birthday-boy is ook ‘n DJ (kan nie sê of hy bekend is of nie, maar hy het al op 5fm gespeel). In elk geval, K is swart. Ek sê dit net sodat ek hierdie storie kan vertel.

‘n Paar gevolgtrekkings van gisteraand:

  1. Mense drink ongelooflik baie. Waar kry hulle die geld?;
  2. In sekere voorstede en inkomstegroepe is SA op ‘n goeie pad, integrasie werk, goed; en
  3. White men can’t dance. Soos in glad nie. Hulle moenie eers probeer nie. Rhythm is a dancer. En hy’s swart.