Guilty pleasures

Ek het een snaakse gewoonte wat Liefie na al ons jare saam nogsteeds nie verstaan nie. Hy sê dit gaan sy verstand te bowe. Ek lees na (omtrent) elke “regte” boek wat ek klaarlees, ‘n Mills and Boon romanse, kompleet met die heaving bosoms en quivering members. En ek verloor myself totaal in al in die snert.

Liefie kan glad nie verstaan dat ek van ‘n Nobel prys wenner na erge nonsens kan spring nie, maar dis nou maar een van daai dinge. Ek erken dit nie graag aan mense nie (en nou is my geheim seker uit) en my Mills and Boon lê nou nie my boekrakke vol nie, maar ek het nou die gewoonte en ek val nie maklik uit my gemaksone uit nie.

Ek weet nie eens hoekom ek dit lees nie, glad nie vir die seks nie, maar ek vermoed dis die voorspelbaarheid van die liefdesverhaal en dat alles altyd gelukkig eindig waarvan ek hou. Die helde is altyd aantreklik en die heldinne het altyd blink lokke en perfekte lywe. Iewers is daar ‘n arm / ryk storielyn en meeste van die tyd is die persoon eintlik ryk maar steek dit weg en bewys daardeur dat die held haar net vir haar lief het, of daar’s stiefbroers wat wreed is, of meisies wat vreeslik hard moet werk om hulle drome na te volg – ek dink dis eintlik maar moderne feëverhale.

Pick ‘n Pay het juis nou ‘n two-for-one aanbod wat net R30 kos. En natuurlik kon ek myself nie help nie. Ek moes ‘n stel koop. Ek sien daar’s nou allerhande reekse wat uitkom en ek het ‘n “Historic Romance” gelees in lekker outydse engels geskryf, hoeveel skrywers gebruik nog die woord “felicity” om geluk aan te dui?

Ek en my suster (sy’s ook ‘n geheime M&B leser) dreig al jare om self een van die romanse te skryf, maar ek weet nie of ons ooit so ver sal kom nie!

Ek sien vandag by Loads of Living dat hulle groot prente en kussings het met Harlequin Romance boeke se voorblaaie op gedruk. Die corny karakters in mekaar se arms en die titel in groot swierige letters. Ek moet dit hê!

Advertisements

11 thoughts on “Guilty pleasures

  1. Sonkind Februarie 27, 2010 / 11:53 nm

    Ek lees nou wel nie Mills en Boon nie, maar so min of meer ook na elke ‘swaar’ boek, en dis gewoonlik Engels, lees ek n lekker soetsappige Afrikaanse storieboek. Ek vind dit is ontvlugting van die elke dag se, soms wrede, werklikheid. Dis ook hoekom ek twee soapies het wat ek gereeld kyk – dis my uitclutch en afskakel tyd na n dag se harde konsentrasie.

  2. Vlam Februarie 28, 2010 / 10:50 nm

    LOL! Ek het ook op my dag die M & B so verslind. My gunsteling skryfster was Betty Neels (ek hoop ek onthou reg!). Sy het altyd oor dokters/nursies geskryf en ja, natuurlik was almal edel en rein. Maar slaan my dood, die jare het my seker te sinies gemaak, maar ek kan dit GLAD nie meer lees nie. Voel of ek aapstuipe gaan kry. Die mans is almal so bombasties, ryk en slim, dis om van op te gooi. 😆

  3. demoerin Maart 1, 2010 / 8:51 vm

    😆 … jy erken dit nie eintlik nie, maar dan sê jy dit in ‘n penbare forum ❓
    Elke geval, ek sal dit ook nie kan verstaan nie.

      • netjane Maart 1, 2010 / 9:02 vm

        Ag DMI, ek weet mos my geheime is veilig by julle. ❓

      • demoerin Maart 1, 2010 / 2:08 nm

        Oops, laat ek net hou vir Huisgenoot gaan keer voor hulle druk 😆

  4. Twilight Maart 2, 2010 / 8:08 vm

    Nee wat, ek sien ook niks daarmee fout nie.

  5. Spear The Almighty Maart 3, 2010 / 1:30 nm

    My vrou doen dieselfde. Sy sê dit is lekker om dit te lees net voor jy gaan slaap want dit is soos ‘n sepie, jy hoef nie hard te konsentreer nie.

  6. Charms Maart 15, 2010 / 3:46 nm

    Ek doen presies dieselfde. Dis net sulke vinnige lees boeke. Jy weet presies wat gaan gebeur na jy die agterblad gelees het, maar dis net so ontspannend. Ek hoop Loads of Living het nog steeds daai kussings 🙂 I don’t mind corny!

  7. Marile Cloete Mei 29, 2010 / 10:39 nm

    Al hierdie kommentare gee presies weer wat navorsing toon waarom (meestal) vrou romanses (romance novels) lees. Ontvlugting, ontspanning, voorspelbaar, maklik om vinnig te lees as jy ‘n fix nodig het … Dis ook bekend dat baie intellektuele, opgevoede, hooggeleerde mense dit graag tussen ander swaarder goed lees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s