Lui lui telefoon!

Ek’s deesdae nie meer ‘n blogger se gat nie. Ek begin al dink ek moet maar my “out of business” bordjie hier begin ophang, dit pas mos by die huidige ekonomiese krisis.

Dit gaan nog goed met my. Dit gaan eintlik baie goed met my. Ek het ‘n hele klomp verassings hierdie maand gekry and things are looking up. Ek kan ongelukkig tot 1 Maart net in raaisels praat, so watch this space! Ek werk myself intussen verby vrek en raak omtrent elke aand op die bank aan die slaap. (Not good in die lurve maand van Februarie nie!) Verdere opgewondenheid is dat ek, so lief as wat ek vir my huidige kar is, ‘n nuwe kar gekoop/gekry het. Ek en Liefie wou nog altyd ‘n convertible gehad het en nou het ons een. So moenie meer uitkyk vir die jaagduiwel met die skreeuwende bande en klipharde rock kitare in die swart Polo nie, waai vir die pop in die silver pers Audi A4 met die afslaandak. 🙂

Hier’s ‘n vragie om oor te dink:
Ek het ‘n klagte by die werk van ‘n sekretaresse by ‘n ander prokureursfirma ontvang omdat een van my sekretaresses haar selfoon geantwoord het terwyl sy met haar op haar werkstelefoon gepraat het. Ek het toe die saak met haar opgeneem, gesê dis onprofessioneel, die kliënt kom eerste ensovoorts. Ek kon sien sy’t haar gat vir my gewip en toe wragtag gevra of ek nie oproepe van my man antwoord as ek reeds op die foon is nie. Ek doen dit glad nie. As my selfoon lui en ek is reeds op ‘n oproep, of die selfoon oproep nou ‘n werksoproep is of nie, ek antwoord nie. Ek sal nooit waag om vir die persoon op die lyn te sê “hou gaan aan” en dan op my selfoon te blah-blah-blah oor koeitjies en kalfies nie. Jy gee mos jou aandag aan die persoon met wie jy reeds praat, of hoe? Is ek te kwaai?

Advertisements

7 thoughts on “Lui lui telefoon!

  1. Sonkind Februarie 9, 2010 / 9:01 nm

    Elke selfoon het deesdae ‘n template wat ‘n boodskap (sms) kan uitstuur, (met die druk van ‘n knoppie) dat jy besig is met ander oproep en sal terugbel. Dis natuurlik net as die inkomende oproep van ‘n ander selfoon af kom. Jy is doodreg, mens praat nie op twee fone gelyk nie en VERAL nie as jy besig is met ‘n klient nie. Daai girl moet haar etiket gaan leer.

  2. Twilight Februarie 9, 2010 / 11:49 nm

    Ek sal ook vies raak as iemand twee oproepe gelyktydig hanteer – veral as een persoonlik van aard is. Ek sal egter verstaan as iemand mooi verduidelik dat hulle wag vir die oproep (of sekere nommers altyd veiligheidshalwe altyd antwoord, sê maar van ‘n dagmoeder wat dalk ‘n noodgeval kan aandui)en belowe om my binne vyf of tien minute terug te bel. En dit dan wel doen.

    Wat ek beslis haat is as ek in ‘n kantoor inloop en iemand is besig om oor die foon te praat – duidelik persoonlik van aard – en my ignoreer soos ‘n stopstraat. Mind you, ek het al by ‘n plek gewerk waar die sekretaresse in werkstyd op haar arms gelê en slaap het en erg omgesukkel gelyk het dat ek haar kom wakkermaak vir iets.

  3. Xena Phoenix Februarie 10, 2010 / 8:38 vm

    Wanneer ‘n telebemarker my bel, aanvaar ek enige ander oproep wat in dieselfde tyd deur kom. 😉 Ek het selfs al oproepe gemaak terwyl ek op die foon met ‘n bemarker was. Mens moet hulle uithoudingsvermoe bewonder. Hulle hou altyd aan.

  4. kaalvoetinireen Februarie 10, 2010 / 3:10 nm

    Ek dink ook jy is reg. Vra haar hoe sy daarvan sal hou as sy die klient was en dit gebeur met haar.

  5. demoerin Februarie 15, 2010 / 9:28 vm

    Geluk met die nuwe wiele!
    Kyk, bittermin krap my vinnig om… dardie sal my as kliënt BOOS maak.

  6. cat@juggling act Februarie 19, 2010 / 8:57 nm

    Nee, mens doen dit nie! Ek is seker Tannie Emsie sal saamstem. Geluk met die nuwe wiele.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s