Guilty pleasures

Ek het een snaakse gewoonte wat Liefie na al ons jare saam nogsteeds nie verstaan nie. Hy sê dit gaan sy verstand te bowe. Ek lees na (omtrent) elke “regte” boek wat ek klaarlees, ‘n Mills and Boon romanse, kompleet met die heaving bosoms en quivering members. En ek verloor myself totaal in al in die snert.

Liefie kan glad nie verstaan dat ek van ‘n Nobel prys wenner na erge nonsens kan spring nie, maar dis nou maar een van daai dinge. Ek erken dit nie graag aan mense nie (en nou is my geheim seker uit) en my Mills and Boon lê nou nie my boekrakke vol nie, maar ek het nou die gewoonte en ek val nie maklik uit my gemaksone uit nie.

Ek weet nie eens hoekom ek dit lees nie, glad nie vir die seks nie, maar ek vermoed dis die voorspelbaarheid van die liefdesverhaal en dat alles altyd gelukkig eindig waarvan ek hou. Die helde is altyd aantreklik en die heldinne het altyd blink lokke en perfekte lywe. Iewers is daar ‘n arm / ryk storielyn en meeste van die tyd is die persoon eintlik ryk maar steek dit weg en bewys daardeur dat die held haar net vir haar lief het, of daar’s stiefbroers wat wreed is, of meisies wat vreeslik hard moet werk om hulle drome na te volg – ek dink dis eintlik maar moderne feëverhale.

Pick ‘n Pay het juis nou ‘n two-for-one aanbod wat net R30 kos. En natuurlik kon ek myself nie help nie. Ek moes ‘n stel koop. Ek sien daar’s nou allerhande reekse wat uitkom en ek het ‘n “Historic Romance” gelees in lekker outydse engels geskryf, hoeveel skrywers gebruik nog die woord “felicity” om geluk aan te dui?

Ek en my suster (sy’s ook ‘n geheime M&B leser) dreig al jare om self een van die romanse te skryf, maar ek weet nie of ons ooit so ver sal kom nie!

Ek sien vandag by Loads of Living dat hulle groot prente en kussings het met Harlequin Romance boeke se voorblaaie op gedruk. Die corny karakters in mekaar se arms en die titel in groot swierige letters. Ek moet dit hê!

Advertisements

Lui lui telefoon!

Ek’s deesdae nie meer ‘n blogger se gat nie. Ek begin al dink ek moet maar my “out of business” bordjie hier begin ophang, dit pas mos by die huidige ekonomiese krisis.

Dit gaan nog goed met my. Dit gaan eintlik baie goed met my. Ek het ‘n hele klomp verassings hierdie maand gekry and things are looking up. Ek kan ongelukkig tot 1 Maart net in raaisels praat, so watch this space! Ek werk myself intussen verby vrek en raak omtrent elke aand op die bank aan die slaap. (Not good in die lurve maand van Februarie nie!) Verdere opgewondenheid is dat ek, so lief as wat ek vir my huidige kar is, ‘n nuwe kar gekoop/gekry het. Ek en Liefie wou nog altyd ‘n convertible gehad het en nou het ons een. So moenie meer uitkyk vir die jaagduiwel met die skreeuwende bande en klipharde rock kitare in die swart Polo nie, waai vir die pop in die silver pers Audi A4 met die afslaandak. 🙂

Hier’s ‘n vragie om oor te dink:
Ek het ‘n klagte by die werk van ‘n sekretaresse by ‘n ander prokureursfirma ontvang omdat een van my sekretaresses haar selfoon geantwoord het terwyl sy met haar op haar werkstelefoon gepraat het. Ek het toe die saak met haar opgeneem, gesê dis onprofessioneel, die kliënt kom eerste ensovoorts. Ek kon sien sy’t haar gat vir my gewip en toe wragtag gevra of ek nie oproepe van my man antwoord as ek reeds op die foon is nie. Ek doen dit glad nie. As my selfoon lui en ek is reeds op ‘n oproep, of die selfoon oproep nou ‘n werksoproep is of nie, ek antwoord nie. Ek sal nooit waag om vir die persoon op die lyn te sê “hou gaan aan” en dan op my selfoon te blah-blah-blah oor koeitjies en kalfies nie. Jy gee mos jou aandag aan die persoon met wie jy reeds praat, of hoe? Is ek te kwaai?