Elke sport het sy beserings

Toe my pa nou die dag daar by ons kuier (ja, hy het kom kuier, ja, dis die eerste keer wat ek met hom gepraat het na die egskeiding, ja, ek weet dit maak van my ‘n slegte dogter, ja, ons is nou okay, ja, dit is ‘n storie vir ‘n ander dag) en loop vertel dat ‘n kennis van my broer se meisie/vrou ‘n rugbesering opgedoen het en nou nie meer kan dans nie het ek eers nie heeltmal besef hy bedoel dans soos in Teazers dans nie. Ek dog eers pappie is erg beswaard oor iemand wat nie meer sosiaal kan dans nie. Later het ons natuurlik begin wonder of sy die besering op die paal opgedoen het en of mens by die Workmen’s Compensation Fund kan eis…

My eintlike punt is dit: ek wil bitter graag na ‘n strip club toe gaan. Ek wil sien wat daar aangaan. En niemand wil my neem nie. My base en manlike werkskollegas wat glo “nooit” sulke plekke besoek nie, maar tog almal stories te vertelle het, uum en aah net as ek vra. Liefie sê as ek iemand kry om my te vat wil hy ook asseblief saamgaan, want hy was ook nog nooit by so ‘n klub nie, een of twee van die ander meisies by die kantoor wil ook gaan en die res dink ek is sif om te wil gaan. Ek en Liefie kan natuurlik nie alleen gaan nie, want ons twee sal ewe verskrik wees, ek wil saammet ‘n ou hand gaan.

Ek wil nie vir die boude en tieties en seks gaan nie. Ek wil net weet wat presies die aantrekkingskrag is. Is die meisies regtig sexy, is dit die “secrecy”, dans die vrouens so dat die mans beheer verloor, is dit die kos? Ek wil ook sien hoe die mans optree. Ek wil weet hoe mens ander mense in die oë kyk en ‘n gesprek voer en teruggaan na jou eie huis toe nadat iemand hulle ass in jou gesig geswaai het. Ek wil net bietjie sien wat daar aangaan. Ek wil sien hoe tree die dansers teenoor ‘n vrou op. Ek wil sien of daar lewe in hulle oë is, of hulle dit geniet, of is dit net ‘n werk en hulle is ver weg in hulle happy place.

Liefie het lank terug saammet ‘n ou van Nigerië gewerk. Hy was mal oor strip clubs. Uitgesproke daaroor. Sommer kwaad geraak as die meisies vet of lelik was, sy redenasie was: “I’m paying to see the ass, I can see a fat ass for free”.

Ek wonder of ek ongemaklik sal voel as ek eendag by so ‘n klub inloop.

Ek wonder of ek werklik sal gaan as iemand my nooi.

Advertisements

10 thoughts on “Elke sport het sy beserings

  1. kaalvoetinireen Januarie 25, 2010 / 4:19 nm

    Dit behoort ‘n interessante ervaring te wees…ekself was ook nog nooit in so ‘n klub nie. Ek sal ook graag wil weet wat die aantrekkingskrag van so plek is.

  2. George Maru Januarie 25, 2010 / 5:37 nm

    Ek sal aanbied om saam te gaan, maar ek sien jy soek ‘n ou hand, so jammer 🙂

    ‘n Vriendin van my het dit wel een nag gedoen (op die ingewing van die oomblik) toe sy en die girls uit was. Na te veel drank het hulle besluit om uit te vind waaroor dit gaan. Sy het dit uiters teleurstellend gevind.

    As ek moet gaan dink ek ek sal meer vir die ander mense kyk.

  3. Twilight Januarie 25, 2010 / 10:34 nm

    😆 As dit jou so pla, gaan net. Alleen.

  4. Ingrid Marais Januarie 26, 2010 / 12:00 nm

    Nee man Girl, jy hoor dan nou Liefie wil ook gaan! Netnou verskrik julle twee die dansers en dan is al die mans vir julle kwaad. 😉

  5. demoerin Januarie 26, 2010 / 3:11 nm

    Sien, nou het jy te lank gewag en het die local Teazers sy deure toegemaak.
    Nee man, jy gaan in en betaal en gaan sit om ‘n tafel en so aan. Jy hoef nie ‘n ou hand te wees om ‘n drink te bestel en hom te betaal nie ❓ Ek het al so 2, miskien 3 bachelors by een bygewoon, en moet sê dit is nogal lekker om die mense dop te hou…. veral die groepies dames wat soontoe gaan.

  6. Sonkind Januarie 26, 2010 / 8:56 nm

    Jane, kom jy en Liefie Kaap toe, dan gaan ons almal saam, George ook. Ons is nou nie een ou hande nie, maar dan is ons darem ten minste almal saam ‘novices’ 😆 Ek wou ook al gaan kyk, maar wil ook nie net saam met die Liefie gaan nie!

  7. Vlam Januarie 28, 2010 / 8:52 vm

    Nou maar, as jy die dag gaan, kom vertel net wat jy gesien het! 😆 Ek het nie ‘n begeerte om self te gaan nie, maar dit kan nogal interessant wees om dit deur die oe van ‘n ‘normale’ vrou te sien. Hmmm…dit kan dalk jou inspirasie wees: blog-navorsing. :mrgreen:

  8. Spear The Almighty Januarie 28, 2010 / 10:29 vm

    Lol! Ek was by een toe ek nog op universiteit saam met my koshuis pêlle. Dit was nou nie so moerse soos ek gedink het dit sal wees. Dit was egter nog voor die dae van Teasers.

  9. Emil Januarie 29, 2010 / 11:09 vm

    Ek was al. Dis sommer snert wat mense jou vertel – mens kan g’n ‘n sosiale studie daar doen nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s