Enkeling, vreemdeling…

Vandat ons Saterdag terug gekom het van Argentinië is dit so al vir my of my kop (meer spesifiek my brein) nie aan die res van my lyf gekoppel is nie. Ek dwaal en val so rond asof ek vir weke aaneen gedrink het en nou met ‘n vreeslike babbelas sit. Werk toe gaan Maandag was nie pret nie. Glad nie.

Ek wou nog oor my laaste bestemming in Argentinië blog (Buenos Aires), maar nou weet ek nie meer wat ek wou sê nie! Ek kan maar net my kop skop. Seker omdat ek al hoe nader aan 30 beweeg…

Gepraat oor werk: toe ek by die firma begin werk het was ons 22 mense. Insluitend die “tealady” en tuinjong. Nou trek ons al by die 35 en gister het daar nog 4 nuwe mense begin werk. Ek hou nie van al hierdie verandering nie. Nou sit mense by nuwe lessenare, telefoonuitbreidings het verander en ek bel pal verkeerde mense om oor die nuwe mense te skinder. Liefie sê ek klink nou soos ‘n regte brat, maar daar’s omtrent nie ‘n mens wat al vir die firma gewerk het of ‘n storie wat gebeur het, waarvan ek nie weet nie. Ek’s al ver te lank as wat goed is vir my daar. En nou kom al hierdie nuwelinge by my sake inmeng? Ek dink ek gaan die een wees waaroor hulle praat as hulle sê: “En wie’s daai weird girl in Aktes?”.

My kleuterskool rapport het al iets in hierdie lyn gesê: “Meng nie goed met ander nie en verkies alleen spel, behalwe as sy beheer oor verrigtinge kan neem”.

Volgende ding wat natuurlik gaan gebeur is dat iemand uit my koffiebeker gaan koffie drink en daarvan gaan ek net mooi niks hou nie.

Advertisements

20 thoughts on “Enkeling, vreemdeling…

  1. Plaasjuppie Januarie 5, 2010 / 8:27 nm

    Aag moenie worrie nie. Na 30 raak dit net erger, maar op ‘n stadium vergeet jy dat jy veronderstel is om bekommerd te wees oor jou vergeetagtigheid 😆 My forgettery is definitely improving!

    Oor die koffiekoppie, daai is ‘n definite no-no. We don’t use senior employees coffee mugs Dave! Dit is natuurlik meer effektief as jy die oog ding ook kan doen.

  2. Sonkind Januarie 5, 2010 / 9:41 nm

    Maak soos ek gemaak het. Skryf met onuitwisbare kokipen op jou beker “If you touch this, you WILL die!” Dit werk, ek belowe jou.

    • netjane Januarie 7, 2010 / 11:35 vm

      Ek dink hulle sien sommer net om na my te kyk dat hulle mooi moet trap. Mwahahahahahaha!

  3. Jo-Ann Januarie 5, 2010 / 10:20 nm

    By ons gaan dit woes. Minus twee konsultante en ons derde bestuurder in een jaar. Die nuwe grootbaas is bietjie knorrig. Ons kry darem binnekort nog konsultante by.

    My beker is baie bont en kom al meer as 10 jaar saam met my. Sover is hy veilig. Ek dink ons moet ‘n beker wys tag begin… Ons het mos al omtrent al die ander gedoen.

    • netjane Januarie 7, 2010 / 11:36 vm

      My beker is nommer 5, dink ek. Kombuismense hier hou daarvan om my beker te breek. Grr! Die tag is ‘n goeie idee!

  4. demoerin Januarie 6, 2010 / 7:37 vm

    Ag Jane jy sal ok wees. Dit is net nuwejaar blues…. dink eerder so daaraan, die nuwe mense verleen kans vir nuwe stories. Oor die koffie-beker stem ek definitief saam.

    • netjane Januarie 7, 2010 / 11:36 vm

      Nuwe mense = nuwe storie. I like it! 🙂

  5. Girl van die Suburbs Januarie 6, 2010 / 11:26 vm

    Meeste van ons ins creatres of comfort en wil nie uit ons gemak zones beweeg nie. Ek laaik verandering ook NIKS!

    Maar…. Partykeer is dit goed vir ‘n mens. 😉

    Imagine nou net iemand bel jou uitbreiding per ongeluk om oor jou te skinder!

    • netjane Januarie 7, 2010 / 11:37 vm

      Duh Girl – wie sal nou oor my wil skinder? 🙄

      • Girl van die Suburbs Januarie 8, 2010 / 11:25 vm

        Ek dink jy is super exciting… wat’s fout met jou?

  6. Girl van die Suburbs Januarie 7, 2010 / 10:25 vm

    Besef ek nou vanoggend die woorde (titel van jou blog) kom uit Ballade vir ‘n Enkeling…. dis so mooi!

    • netjane Januarie 7, 2010 / 11:37 vm

      Oulike ou breintjie wat jy het om myne te kan verstaan… 😉

  7. demoerin Januarie 8, 2010 / 8:37 vm

    Ok, die popcorn is gespring… en nou sit en wag ons vir die stories van die nuwe mense 😆

  8. demoerin Januarie 13, 2010 / 8:54 vm

    Sjoe…. of die nuwes het jou doodverveel…. of hulle is so exciting dat ons nie meer goed genoeg vir jou is nie ❓

    • netjane Januarie 13, 2010 / 9:19 vm

      Nie een van die twee nie DMI. Sal jy my glo as ek sê dat ek besig is om myself half dood te werk?

      • demoerin Januarie 15, 2010 / 8:31 vm

        Nou wat van dei ander helfte ❓

  9. demoerin Januarie 25, 2010 / 10:26 vm

    Hallo. Earth to Jane!
    Vlam het so ‘n lekker post oor Die Anderkant. Ons wonder wanneer jy met ons gaan deel oor jou Moeder en Suster se besoek, en wat hulle gesê het van dei ondervinding. Groot Asseblief.

      • netjane Januarie 25, 2010 / 1:39 nm

        Ek’s al laaaaaankal aan die verkeerde kant van alles. 😈

    • netjane Januarie 25, 2010 / 1:39 nm

      My ma se program was Vrydagaand op – ek het nie eens gekyk nie! Sal kyk en dan one-to-one onderhoude met hulle voer. Belowe. 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s