May the force be with you

Ek gaan seker nou ‘n vraag vra wat ongevraagd kon gebly het, maar hoekom wil die super in your face christene altyd vir mens bid? Of liewer, vir mens bid as iets met jou gebeur of jy ‘n keuse maak wat hulle nie verstaan nie? Hoekom maar nie net sê “ek dink aan jou” nie? Of is dit dieselfde ding?

My ma en suster was vandag gaste in die gehoor op “Die Ander Kant” – die program op KykNet wat handel oor ‘n heldersiende vrou wat ook met die “ander kant” praat. Of jy nou dink dis kak of nie, wat maak dit saak? As dit nie jy is wat op die program gaan nie, as dit nie mense na aan jou is nie, as dit bloot ‘n werkskollega se ma en suster is, hoekom moet jy ‘n ophef daaroor maak as die kollega dit bloot in die verbygaan noem, omdat iemand anders gevra het of my ma lekker by my kuier? Daar word nou vir my ook gebid, want my ma en suster gaan duidelik die hele hel saammet hulle terugbring van die program af. Ek kon omtrent nie ‘n steek werk gedoen kry vandag nie, want ek is met bybelverse en RSG dominee preke bestook.

En wat antwoord mens as iemand pal vir jou wil bid? Ek word veral nou voor gebid nadat ‘n kliënt onlangs gevra het hoe ‘n Afrikaanse meisie ‘n Indiese van gekry het en ek toe geantwoord het dis my getroude van wou hy dadelik weet watter geloof ek is. Toe ek vir hom sê my antwoord is tweeledig deurdat dit eerstens niks van sy besigheid is nie en tweedens ek geen identifiseerbare geloof aanhang nie, het my kollega omtrent flou neergeval. Sy’t dan altyd gedink ek is ‘n groot Christen. So deur my menswees en gedrag het sy so afgelei – is dit nie genoeg nie?

Moet mense  dan nie ook begin besef dat geloof nie eintlik by die werksplek kan bestaan nie?

 

Advertisements

18 thoughts on “May the force be with you

  1. Krista November 23, 2009 / 8:23 nm

    Ek hoop jy’t kos vir al die mense wat jou ma en suster gaan saambring . . . 😉

    Sorry om van jou k@k mettie mense te hoor . . . jy moet maar vlug, jong. Ek dink nie daar is ‘n makliker manier om hulle te ontduik nie . . . tensy jy wil hê hulle moet NOOIT OOIT weer met jou praat nie . . .

  2. Xena Phoenix November 24, 2009 / 7:31 vm

    Ek sal vir jou bid is gewoonlik leE woorde. Ek sou nie te bekommerd gewees het nie.

  3. demoerin November 24, 2009 / 7:33 vm

    Miskien moet jy maar net so nou en dan in die verbygaan noem dat daar dalk ook bietjie op werk gekonsentreer word, jy weet daardie ding waarvoor jy ‘n salaris van 8 to 5 voor kry….. ek is so bly dat ons net ‘n handjievol mense op kantoor is.

    En sonder om nou op tone te trap, met party van daardie mense is dit al so gewoonte om te sê “Ek bid vir jou” soos “Goeiemore, hoe gaan dit?”, mens weet nie meer of dit net ‘n rympie is en of dit regtig bedoel word nie. ek het nie ‘n groot voorliefde vir Bybel-Onder-Die-Arm mense nie… maar dit is ook maar persoonlike voorkeur.

  4. Girl van die Suburbs November 24, 2009 / 9:59 vm

    Ag, jy moet assebliefkom vertel wat hulle alles daar beleef het… ek dink dit kan net vrek interessant wees! Nou die oggend toe is John Edward ❓ op 94.7… toe vertel hy dat hy al mense te TROETELDIERE tee gekom het… Dan kommunikeer die hondjie met hulle.

    Mense kruip agter geloof weg…. Ek begin al hoe meer agterkom soos wat oukie noem dat dit ‘n gewoonte raak wanneer mense se hulle sal vir jou bid. Jy kan nie jou geloof in ander se keelgatte afdruk nie. Baie christine en hulle optredes is die rede hoekom so min mense met hulle te doen wil he.

    Het jou klient ooit gesien hoe hot jou man is? Dalk moet jy net vir haar ‘n kiekie wys… 😉

  5. netjane November 24, 2009 / 10:34 vm

    Natuurlik wil die kollega toe vanoggend alles oor die program weet. Toe antwoord ek maar net ek wil haar nie onnodig aan die duiwel blootstel nie. Nou’s sy kwaad.

  6. Emil November 24, 2009 / 11:05 vm

    Maar sterkte met die werkskollegas. Ek sal maar vir jou bid, dat jy krag kan kry om dit alles te oorleef :mrgreen:

  7. Pikkie November 25, 2009 / 12:52 nm

    Ek sê gereeld vir mense wat my na aan die hart is dat ek vir hulle bid. In moeilike omstandighede, in siekte, in tye van hartseer – hoekom – want ek DOEN dit… Ek BID vurig vir mense wat in nood is. Altyd. Want – EK GEE OM… Moontlik is dit moeilik vir ander om te verstaan. Weetnie, gee ook nie om nie, want dit is wie ek is, en dit is hoe ek lewe en ek sal nie kan ophou nie, want dan sal ek myself verloor.

  8. Natasja November 25, 2009 / 2:08 nm

    Snaaks hoe die kollega dink die show is ‘n euwel maar steeds nuuskierig is om al die juicy detail uit te vind… Ek stap self ‘n wye draai om die bible bashers. En vir wat moet almal die lable van “Christen” dra as hulle goeie mense is? Ek wonder of daai kollega van jou mooi na haarself geluister het: jy is ‘n goeie mens met hoe morele waardes maar toe sy uitvind jy gaan nie elke Sondag kerk toe nie toe ontaard jy sommer in ‘n satanskind. Wat dan nou van jou goeie eienskappe? O ja – dit tel nou nie meer want heaven forbid jy is nie ‘n wit Afrikaanse Christen meisie nie! (Raak ek nou ook sommer erg onstoke!!!)

  9. rosalindfranklin November 26, 2009 / 3:26 nm

    As hulle wel flou neerval, sal dit vir my nogal lekker wees om hulle met ‘n nat lappie te lawe. En dan allerhande persoonlike mediese vrae aan hulle te vra, maar hulle val nooit nie.

    Ernstig nou. Dit is hoogs indringend en het niks met ander mense te doen nie, dit is nogal “afsmerig”. Dit is soos mense wat kla oor seks op die TV maar jou alles daarvan kan vertel.

    Eintlik dink ek mense wat so is, is gefassineerd daardeur en wil dit self probeer, maar voel om een of ander rede skuldig. Weird.

  10. Sonkind November 26, 2009 / 10:05 nm

    Vergeet die kollega, man. Terwyl sy bid – en ek se dit met alle respek – vertel jy eerder vir ons van die show. Ek sal my voortande gee om ook daarop te kan gaan! Ai, duiwelskind wat ek is 😈

    • demoerin November 27, 2009 / 7:38 vm

      Ooo, ek het klaar my vurk en lightsabre ingepak…. Sit vis Vobiscum!!

  11. demoerin Desember 4, 2009 / 7:22 vm

    Jane… gaan jy ons nou nooit vertel nie ❓

    • netjane Desember 4, 2009 / 8:21 vm

      My dae en weke loop so ineen ek het al weer vergeet daar is iets om te vertel! Die program verskyn in Januarie. 21 of 22 ek dink. My ma is vooraf gekies as ‘n “regte” deelnemer, nie net iemand wat vrae uit die gehoor vrae nie…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s