Haaalllloooooo!

Ek is terug. Na ‘n lang gevroetel met die rekenaar (Die feit dat die ding onverklaarbaar nie wou werk nie het vir Liefie eindeloos geïrriteer en hy het as laaste uitweg ‘n heatgun gaan koop en die motherboard witwarm geblaas), en hey presto! Het julle my darem gemis?

Ek het ‘n vieslike week agter die rug en dit het Vrydag so middagete se kant goed stoom gekry toe ek in ‘n hewige geveg met ‘n kollega betrokke geraak het en sy toe vir almal wat wou luister vertel het ek is die duiwel. Liefie meen ek het niks om oor te spog tensy ek dit regkry om ‘n kollega te laat huil nie. Hierdie week is nog jonk! Mwahahahahahhhahaha!!!

Kersvader het vanaand ‘n vroeë geskenk kom aflaai en ek vermoed ek gaan vir ‘n rukkie weer minder aktief op die blogtoneel wees. My new best friend se naam is “Kindle” en dis awesome!

(Liefie se einde van die jaar funksie is black tie en toe meen ek ek trek sommer my trourok aan. Umm, ek is skaam om te sê ek moet omtrent asem ophou om al die hakies vasgehaak te kry. Beauty knows no pain?) Ek hoor dat die meeste mense 5kg in hulle eerste jaar van huwelik optel. Ek wil nie ‘n statistiek wees nie!

Advertisements

9 thoughts on “Haaalllloooooo!

  1. batcat81 November 17, 2009 / 2:21 vm

    Ek hou ook van Barnes & Noble se ‘Nook’ in vergelyking met die ‘Kindle’. 🙂

  2. Twilight November 17, 2009 / 8:16 vm

    Vir iemand wat tog so lief is vir le en lees klink dit wonderlik.

  3. demoerin November 17, 2009 / 10:00 vm

    Moenie worry nie… jy is mos nou al in jou tweede jaar!
    Die truuk is asem is…. maak hakies vas…. en moenie weer asemhaal nie 😆

  4. Girl van die Suburbs November 17, 2009 / 11:51 vm

    Welkom terug Janekie! :mrgreen:

    Hmmm… so jou tourok was nie wit nie… Klink soos my tipe rok! 😉

  5. kaalvoetinireen November 17, 2009 / 4:24 nm

    Bly om te sien jy’s terug.
    Jy hoef nie ‘n statistiek te word as jy nie wil nie 😉

  6. maxie November 18, 2009 / 9:06 nm

    Welkom terug Jane, het jou gemis 😉
    Mis jy nie die tekstuur van papier onder jou vingers nie?

    Girl Jy moes Jane se trourok gesien het, asemrowend!

  7. mykopop November 21, 2009 / 5:55 vm

    Hey, dis nou ‘n interessante manier om terug op die internet te kom! Ek dreig al lankal om ‘n heat gun te koop, ek leen nou en dan een om “heat shrink sleeving” te krimp, dan dink ek ag, ek gebruik dit te min, maar noudat ek weet van nog ‘n gebruik… Maar nou sien ek op Makro se website die prys van ‘n Bosch is nou al R449. Ek sien daar is selfs video’s op YouTube hoe om ‘n motherboard te re-flow solder. Ek het ‘n ou USB stick wat nie meer wil werk nie…

    Hoop jou rekenaar is permanent gefix!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s