Oomblik vir oomblik

Ek en Liefie het toe mos ewe braaf ‘n hele ruk terug die besluit geneem om ons Dstv lidmaatskap te beëindig. As die hoof tv kyker in die huis het ek die R500.00 (of watookal) fooi ‘n maand betaal en in ruil daarvoor het ek aand na aand se Liefie se “*sigh* there’s nothing on tv, it’s all the same crap, *sigh*, what a waste of money” geluister. Ek het met hom saamgestem en helfte van die tyd het ons net iets gekyk omdat ons nou buitendien voor die tv gesit het. Mens verloor eintlik ‘n hele klomp tyd deur net so deur die kanale te hop. Ons kyk nie sport nie en aangesien ons (nog nie! – dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) kinders het nie, mis ons ook nie die cartoons en Cbeebies nie.

Ons besluit toe om op Pushplay in te teken, ‘n kontrak by die dvd winkel uit te neem en dan af en toe vir ons ‘n reeks dvd’s te koop – dit alles werk goedkoper as Dstv uit en ons het sommer meer tyd en eet minder junk. Wen-wen.

Ons raak toe ook so vasgevang in Rome (dis ‘n fantastiese reeks, kyk dit!!), dat dit my ‘n hele tydjie vat om te besef dat ek vir ‘n geruime tyd lank nie enige aflewerings van Pushplay ontvang het nie. Ek kak hulle toe goed uit, net om die antwoord te kry dat hulle aflewering in Gauteng gestop het aangesien die poskantoor glad nie enige dienslewering in ‘n geskikte tyd kan bied nie. Ek voel jammer vir die ouens, maar terselfdertyd sit ek nou met my hande in my hare. Ek is nie ‘n groot tv kyker nie, maar ek wil nou ook nie niks kyk nie!

Ek is ernstig op soek na House seisoen 5, maar Kalahari hou net aan om die datum waarop die beskikbaar is uit te stel. Grr!!

Ons snuffel toe vir Shogun by Look & Listen uit en siende dat dit effe voor my tyd op tv was, oortuig Liefie my “this was hot shit back in the day” – (hy besef toe later hy het eintlik aan Noble House met Pierce Brosnan gedink het, maar nou ja…).

Ons kyk nou die reeks en ek geniet dit baie, veral aangesien ons ‘n tydjie in Japan spandeer het. Hoekom ek eintlik hieroor blog is omdat die volgende gedagte/lewenswyse in die reeks gereeld aan die Westerling verduidelik word: daar is nie ‘n môre nie, daar is net vandag en meer nog, daar is net hierdie oomblik.

Iets om te onthou…

Advertisements

6 thoughts on “Oomblik vir oomblik

  1. Sonkind November 3, 2009 / 8:57 nm

    Is my motto daai – Yesterday is gone, Tomorrow may never come, all I have is Today.

    • Vlam November 4, 2009 / 1:55 vm

      Yep. In een van die kiddie movies se die hero iets in die lyn van ‘today is a gift, that’s why its called the present.’ 😉

  2. demoerin November 4, 2009 / 8:35 vm

    Moet saamstem oor Rome, maar ek dink ek het bietjie gemis… ek is nie juis ‘n goeie reeks-kyker op TV nie, sal maar uitkyk vir die DVD’s.

    Yip, dit gaan oor nou – en niks anders nie.

  3. Girl van die Suburbs November 4, 2009 / 11:02 vm

    Oe…. Ek sien jy lees tans Ben Okri! 😛 Hoe hou jy van die boek?

    Ek loooooveee sekere reekse, maar ek is ‘n swak tv kyker!

  4. Pikkelik November 4, 2009 / 1:05 nm

    Wat is TV nou weer….?
    Ek is mal oor daardie motto….

  5. Emil November 6, 2009 / 10:09 vm

    Rome was baie goed. Is dit Richard Chamberlain in Shogun? Ek onthou daai reeks nog so vaagweg. Die boek het ek eenkeer in Hermanus oor die Desember vakansie gelees, maar kan die storielyn nie werklik onthou nie. Dit is dalk die moeite werd om dit aan te skaf.

    Het julle al Dexter gekyk?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s