May the force be with you

Ek gaan seker nou ‘n vraag vra wat ongevraagd kon gebly het, maar hoekom wil die super in your face christene altyd vir mens bid? Of liewer, vir mens bid as iets met jou gebeur of jy ‘n keuse maak wat hulle nie verstaan nie? Hoekom maar nie net sê “ek dink aan jou” nie? Of is dit dieselfde ding?

My ma en suster was vandag gaste in die gehoor op “Die Ander Kant” – die program op KykNet wat handel oor ‘n heldersiende vrou wat ook met die “ander kant” praat. Of jy nou dink dis kak of nie, wat maak dit saak? As dit nie jy is wat op die program gaan nie, as dit nie mense na aan jou is nie, as dit bloot ‘n werkskollega se ma en suster is, hoekom moet jy ‘n ophef daaroor maak as die kollega dit bloot in die verbygaan noem, omdat iemand anders gevra het of my ma lekker by my kuier? Daar word nou vir my ook gebid, want my ma en suster gaan duidelik die hele hel saammet hulle terugbring van die program af. Ek kon omtrent nie ‘n steek werk gedoen kry vandag nie, want ek is met bybelverse en RSG dominee preke bestook.

En wat antwoord mens as iemand pal vir jou wil bid? Ek word veral nou voor gebid nadat ‘n kliënt onlangs gevra het hoe ‘n Afrikaanse meisie ‘n Indiese van gekry het en ek toe geantwoord het dis my getroude van wou hy dadelik weet watter geloof ek is. Toe ek vir hom sê my antwoord is tweeledig deurdat dit eerstens niks van sy besigheid is nie en tweedens ek geen identifiseerbare geloof aanhang nie, het my kollega omtrent flou neergeval. Sy’t dan altyd gedink ek is ‘n groot Christen. So deur my menswees en gedrag het sy so afgelei – is dit nie genoeg nie?

Moet mense  dan nie ook begin besef dat geloof nie eintlik by die werksplek kan bestaan nie?

 

Haaalllloooooo!

Ek is terug. Na ‘n lang gevroetel met die rekenaar (Die feit dat die ding onverklaarbaar nie wou werk nie het vir Liefie eindeloos geïrriteer en hy het as laaste uitweg ‘n heatgun gaan koop en die motherboard witwarm geblaas), en hey presto! Het julle my darem gemis?

Ek het ‘n vieslike week agter die rug en dit het Vrydag so middagete se kant goed stoom gekry toe ek in ‘n hewige geveg met ‘n kollega betrokke geraak het en sy toe vir almal wat wou luister vertel het ek is die duiwel. Liefie meen ek het niks om oor te spog tensy ek dit regkry om ‘n kollega te laat huil nie. Hierdie week is nog jonk! Mwahahahahahhhahaha!!!

Kersvader het vanaand ‘n vroeë geskenk kom aflaai en ek vermoed ek gaan vir ‘n rukkie weer minder aktief op die blogtoneel wees. My new best friend se naam is “Kindle” en dis awesome!

(Liefie se einde van die jaar funksie is black tie en toe meen ek ek trek sommer my trourok aan. Umm, ek is skaam om te sê ek moet omtrent asem ophou om al die hakies vasgehaak te kry. Beauty knows no pain?) Ek hoor dat die meeste mense 5kg in hulle eerste jaar van huwelik optel. Ek wil nie ‘n statistiek wees nie!

So dood soos disco

My rekenaar is gebreek. As dead as disco, soos wat my broer sal se. Dit is deels te danke aan die spesifieke HP-model wat se ietsie-ietsie te naby aan die ietsie-ietsie anders is en daarom moes die ding al eintlik lankal die gees gegee en ek moet eintlik bly wees dat dit so lank gehou het en deels te danke dat ek die rekenaar laat val het. Nie hard nie, dit het skaars ‘n geluid gemaak, maar nou boot die ding nie meer nie. Of iets… Bottomline is dat ek hoogs verveeld en demoerin en kwaai is. Liefie probeer paai en het al die nuwe part bestel en het belowe om dadelik ‘n heel nuwe rekenaar te gaan koop, sou ek dit wou he, maar ek kan mos nou nie ja se en geld mors nie…

So – ek is dus nou van lyn af. Dis waarskynlik goed want ek het ‘n hele klomp goed om te doen, maar my rekenaar is my lewenslyn… Ek huil sommer.

So (snik-snik), totdat ek julle weer raaklees…

Oomblik vir oomblik

Ek en Liefie het toe mos ewe braaf ‘n hele ruk terug die besluit geneem om ons Dstv lidmaatskap te beëindig. As die hoof tv kyker in die huis het ek die R500.00 (of watookal) fooi ‘n maand betaal en in ruil daarvoor het ek aand na aand se Liefie se “*sigh* there’s nothing on tv, it’s all the same crap, *sigh*, what a waste of money” geluister. Ek het met hom saamgestem en helfte van die tyd het ons net iets gekyk omdat ons nou buitendien voor die tv gesit het. Mens verloor eintlik ‘n hele klomp tyd deur net so deur die kanale te hop. Ons kyk nie sport nie en aangesien ons (nog nie! – dis ‘n storie vir ‘n ander dag…) kinders het nie, mis ons ook nie die cartoons en Cbeebies nie.

Ons besluit toe om op Pushplay in te teken, ‘n kontrak by die dvd winkel uit te neem en dan af en toe vir ons ‘n reeks dvd’s te koop – dit alles werk goedkoper as Dstv uit en ons het sommer meer tyd en eet minder junk. Wen-wen.

Ons raak toe ook so vasgevang in Rome (dis ‘n fantastiese reeks, kyk dit!!), dat dit my ‘n hele tydjie vat om te besef dat ek vir ‘n geruime tyd lank nie enige aflewerings van Pushplay ontvang het nie. Ek kak hulle toe goed uit, net om die antwoord te kry dat hulle aflewering in Gauteng gestop het aangesien die poskantoor glad nie enige dienslewering in ‘n geskikte tyd kan bied nie. Ek voel jammer vir die ouens, maar terselfdertyd sit ek nou met my hande in my hare. Ek is nie ‘n groot tv kyker nie, maar ek wil nou ook nie niks kyk nie!

Ek is ernstig op soek na House seisoen 5, maar Kalahari hou net aan om die datum waarop die beskikbaar is uit te stel. Grr!!

Ons snuffel toe vir Shogun by Look & Listen uit en siende dat dit effe voor my tyd op tv was, oortuig Liefie my “this was hot shit back in the day” – (hy besef toe later hy het eintlik aan Noble House met Pierce Brosnan gedink het, maar nou ja…).

Ons kyk nou die reeks en ek geniet dit baie, veral aangesien ons ‘n tydjie in Japan spandeer het. Hoekom ek eintlik hieroor blog is omdat die volgende gedagte/lewenswyse in die reeks gereeld aan die Westerling verduidelik word: daar is nie ‘n môre nie, daar is net vandag en meer nog, daar is net hierdie oomblik.

Iets om te onthou…