Sondagaand nota

Ek lees vanoggend in my “die sterre voorspel” (Ek’s ‘n bul, vir die wat wonder) dat ek so hard gaan werk dat ek nie my kop gaan kan lig nie. What’s new?

Na aanleiding van die kommentaar op ‘n blog so ‘n ruk gelede waarin ek gevra het hoe mens dit regkry om meer tyd te hê, sit ek nie meer my rekenaar in die aand aan nie. Dit werk soos ‘n bom vir my wasgoed en boek lees en me-time, maar nie so goed vir my bloggery nie. Ook nie vir bloglees nie. Vir die wat ek afskeep – ek is jammer. Ek lees nogsteeds, maar teen die tyd wat ek kommentaar wil lewer is die nuus effe oud!

Ek was vroeër die week lekker omgekrap. Ek dink ek is ‘n hele goeie pel. Nou nie die wêreld se beste nie, maar jy kan my maar in die middel van die nag bel en ek sal help, as ek kan. Ek sal jou vloek en mooi laat verstaan dat jy my wakker gebel het, maar ek sal daar wees. Nie veel song en dance van my kant af nie. Ek is nie een vir groot gebare en get togethers nie. Nie een vir girls nights en elke “Woensdagaand drink ons koffie” tipe goed nie, maar ek probeer bel as ek aan jou dink, sms graag, sal ‘n poskaart stuur as ek toer. Ek koop geskenke as ek iets sien waarvan iemand sal hou, sommer net vir sommer. Wat my so omgekrap het is dat ek ‘n boodskap deur persoon B kry dat persoon A vreeslik in die gesig gevat voel omdat ek nie meer moeite gedoen het om haar te sien terwyl sy uit Engeland hier kuier nie.

Met die dat ek nie een vir song en dance is nie, is ek ook nie iemand wat vir almal vertel hoe erg dit in my lewe gaan of hoe ek nie cope nie of hoe moeg ek is nie, of hoe ek eintlik ‘n groot hartseer het oor sommige dinge nie. Ek staan elke dag op en stap aan. Dis hoe ek cope. Maar in my coping, kom ek soms nie by ander goed uit nie. Soos om tyd te maak om iemand te sien wat van oorsee af hier kuier nie. Ek weet dis my eie skuld as ek nie oor goed praat nie, maar regtig, die lewe is nie altyd net jou parade nie.

Hoe moeilik is dit om vir ‘n minuut te stop en te dink, “miskien het daai mens ook nou baie hooi op haar vurk” of “kom ek bel haar”. Dis so maklik om te nagekom te voel.

Die woorde van een van Live se vroeë songs bly my altyd by:

I know that I should think about giving
And think about
Helping out
And think about living
But I can’t seem to rescue myself

Almal het elke dag ‘n pad wat hulle stap. Almal het hulle eie shit. Mense doen nie noodwendig goed aspris en net om jou kwaad te maak nie.

Advertisements

8 thoughts on “Sondagaand nota

  1. maxie Oktober 25, 2009 / 7:30 nm

    Persoon A kon ook maar reguit na jou toe gekom het in plaas daarvan om by persoon B te gaan kla…

  2. Xena Phoenix Oktober 25, 2009 / 8:36 nm

    Max het n punt beet.

    As jy graag iemand wil sien, maak ‘n donnerse afspraak.

  3. Girl van die Suburbs Oktober 26, 2009 / 10:13 vm

    Jong ons girls kan partykeer weird wees!

    Ja ek stem saam…as ek stil raak en weg raak… Bel my ook dan ‘n slag!

  4. demoerin Oktober 26, 2009 / 10:47 vm

    As iemand nie iets wat hulle voel reguit vir jou kan sê nie…. maar dit met ‘n ompad wil, aanstuur kan die persoon ook maar gaan vlieg!

  5. Girl van die Suburbs Oktober 27, 2009 / 8:28 vm

    I kinda laaik toe tell joe toe hav a lekker day, hy!

    Hoop jy voel al beter! x x x

  6. Emil Oktober 27, 2009 / 9:30 vm

    IS dit nou ‘n Blou Bul?

    • demoerin Oktober 29, 2009 / 8:36 vm

      Natuurlik… Bulle kom net in Blou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s