Volterra en die verdomde eiers

Daar lê ‘n dorpie met die naam van Volterra in die distrik van Toskane in Italië.

Wikipedia sal vertel dat die dorp eens ‘n belangrike dorp vir die Etruscans was en ek kan vertel dat daar goeie Romeinse strukture agtergebly het en dat die dorpsmuseum interessante stukke en baie mooi religieuse ikone bevat. Die nou straatjies is lekker om in rond te loop en die dorp se ligging op ‘n hoë heuwel maak ‘n mooi prentjie van rooi teël dakke teen die blou-blou lug met ‘n goeie uitsig oor die landskap reg om die dorp. Ek het my lekkerste cappucino in die hele Italië daar gedrink.

Ek was ‘n strooimeisie op ‘n skoolvriendin se troue en na die Italiaanse opskop (waarvan ek nie ‘n woord verstaan het nie) het ek en Liefie toe op ‘n Tuscan roadtrip gegaan. Ons het nes geskop in een of ander villa en lui-lekker rondgery na al die omliggende dorpies toe.

Hoe mooi Toskane is en hoe lekker ons gekuier het kan ons nie vergeet nie, maar die een ding wat totaal en al uitstaan van die hele tydjie is die verdomde eiers in Volterra.

Die area waarin Volterra geleë is, is veral bekend vir die albaster (ek dink dis die Afrikaanse woord) wat daar in die heuwels voorkom en in Volterra is daar baie vakmanne wat produkte uit albaster maak. Ondermeer die eiers. Elke tweede winkeltjie het hulle eintlik gehad. Ek wou met die eerste oogopslag van die eiers hê, maar toe later begin dink hulle is te kommin en eintlik is ek net in ‘n toeriste slaggat gevang. Die eiers was glad nie duur nie en ek en Liefie besluit toe tog maar om ‘n paar te koop. Bietjie later. Ons het mos baie tyd en ons bly vir lank in die omgewing en ons kom mos elke aand dorp toe om iets te eet en vir wat wil ons nou al swaar goed dra en ‘n duisend ander verskonings.

Kom ek maak ‘n lang storie kort. Dit was Oktober 2005. Ons is nou in Oktober 2009. Ons het nooit die eiers gekoop nie. Ons is weg uit Volterra en ek dink nie ons sal weer daar uitkom nie.

Die episode staan nou bekend as “those eggs”. So ver ons reis en ons iets wil koop maar wik en weeg beaam Liefie altyd vir my of ek vir hom: “it’s going to turn out like those eggs”.

In 2006 gaan ons Mosambiek toe. Ons ry verby ‘n straatverkoper en wil opslag ‘n hele ry mannetjies hê. Die klomp figuurtjies vorm ‘n hele prosessie van by die 2 meter lank.  Ons oem en aah weer, het nie geld nie, het nie plek nie, kan nie besluit of dit eintlik maar kitch is nie en stap aan.

Die mannetjies word “those little men” en ons raas omtrent met mekaar oor “those eggs and those little men”, die eiers se wonde is weer oopgekrap en met die dat die mannetjies nou help om die pyn erger te maak,  belowe ons mekaar ons gaan nie ‘n “those….” situasie vir onsself skep nie.

Toe ons op hierdie reis Mosambiek toe buite ons slaapplek stop staan daar ‘n ry mannetjies vir ons en loer. Those little men het ons kom soek en gekry!

Hulle staan nou op my eetkamertafel. Ek weet nie mooi waar om met hulle te gaan nie.

Advertisements

6 thoughts on “Volterra en die verdomde eiers

  1. Vlam Oktober 16, 2009 / 6:38 vm

    Cute! Nou nog net those eggs. 😉

  2. kaalvoetinireen Oktober 16, 2009 / 7:16 vm

    Cool! EK het ook nou al geleer…as jy iets sien wat jy wil he, koop dit, want jy gaan nie later weer daarby uitkom nie! Het die les in Japan geleer! All those little thingy’s….

  3. Girl van die Suburbs Oktober 20, 2009 / 12:07 nm

    \o/ * * * \o/

    Koeweeeeeeee….. haaai jy met die hare…. leef jy nog?

    Het die haai jou dalk gevang daar by die see?

  4. rianabrand Oktober 22, 2009 / 9:33 vm

    Ek is bly jy het die mannetjies in ‘n ry by jou tuis om jou te herinner om in die moment te leef om weer op ander tyd jou te herinner aan jou “spur of the moment” koop…geniet daarvan. Ek is ‘n absolute voorstaner van “living in the moment” koopies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s