Ek kan nie meer wag nie!!

Argentina mosaic

1. let’s tango, 2. Houses in La Boca in Buenos Aires, 3. La Recoleta Cemetery- Buenos Aires, Argentina, 4. Toucan_5043, 5. IMG_2936, 6. Argentina – Iguazù Falls, 7. Catedral Salta 3, 8. humo en Tolombon, Salta, Argentina., 9. train to the clouds – salta, 10. Argentina – El Calafate, Perito Moreno Glacier, 11. Patagonia’s free spirit – Tropilla del Campo Grande, 12. Patagonia y su gama de colores

Sondagaand nota

Ek lees vanoggend in my “die sterre voorspel” (Ek’s ‘n bul, vir die wat wonder) dat ek so hard gaan werk dat ek nie my kop gaan kan lig nie. What’s new?

Na aanleiding van die kommentaar op ‘n blog so ‘n ruk gelede waarin ek gevra het hoe mens dit regkry om meer tyd te hê, sit ek nie meer my rekenaar in die aand aan nie. Dit werk soos ‘n bom vir my wasgoed en boek lees en me-time, maar nie so goed vir my bloggery nie. Ook nie vir bloglees nie. Vir die wat ek afskeep – ek is jammer. Ek lees nogsteeds, maar teen die tyd wat ek kommentaar wil lewer is die nuus effe oud!

Ek was vroeër die week lekker omgekrap. Ek dink ek is ‘n hele goeie pel. Nou nie die wêreld se beste nie, maar jy kan my maar in die middel van die nag bel en ek sal help, as ek kan. Ek sal jou vloek en mooi laat verstaan dat jy my wakker gebel het, maar ek sal daar wees. Nie veel song en dance van my kant af nie. Ek is nie een vir groot gebare en get togethers nie. Nie een vir girls nights en elke “Woensdagaand drink ons koffie” tipe goed nie, maar ek probeer bel as ek aan jou dink, sms graag, sal ‘n poskaart stuur as ek toer. Ek koop geskenke as ek iets sien waarvan iemand sal hou, sommer net vir sommer. Wat my so omgekrap het is dat ek ‘n boodskap deur persoon B kry dat persoon A vreeslik in die gesig gevat voel omdat ek nie meer moeite gedoen het om haar te sien terwyl sy uit Engeland hier kuier nie.

Met die dat ek nie een vir song en dance is nie, is ek ook nie iemand wat vir almal vertel hoe erg dit in my lewe gaan of hoe ek nie cope nie of hoe moeg ek is nie, of hoe ek eintlik ‘n groot hartseer het oor sommige dinge nie. Ek staan elke dag op en stap aan. Dis hoe ek cope. Maar in my coping, kom ek soms nie by ander goed uit nie. Soos om tyd te maak om iemand te sien wat van oorsee af hier kuier nie. Ek weet dis my eie skuld as ek nie oor goed praat nie, maar regtig, die lewe is nie altyd net jou parade nie.

Hoe moeilik is dit om vir ‘n minuut te stop en te dink, “miskien het daai mens ook nou baie hooi op haar vurk” of “kom ek bel haar”. Dis so maklik om te nagekom te voel.

Die woorde van een van Live se vroeë songs bly my altyd by:

I know that I should think about giving
And think about
Helping out
And think about living
But I can’t seem to rescue myself

Almal het elke dag ‘n pad wat hulle stap. Almal het hulle eie shit. Mense doen nie noodwendig goed aspris en net om jou kwaad te maak nie.

Volterra en die verdomde eiers

Daar lê ‘n dorpie met die naam van Volterra in die distrik van Toskane in Italië.

Wikipedia sal vertel dat die dorp eens ‘n belangrike dorp vir die Etruscans was en ek kan vertel dat daar goeie Romeinse strukture agtergebly het en dat die dorpsmuseum interessante stukke en baie mooi religieuse ikone bevat. Die nou straatjies is lekker om in rond te loop en die dorp se ligging op ‘n hoë heuwel maak ‘n mooi prentjie van rooi teël dakke teen die blou-blou lug met ‘n goeie uitsig oor die landskap reg om die dorp. Ek het my lekkerste cappucino in die hele Italië daar gedrink.

Ek was ‘n strooimeisie op ‘n skoolvriendin se troue en na die Italiaanse opskop (waarvan ek nie ‘n woord verstaan het nie) het ek en Liefie toe op ‘n Tuscan roadtrip gegaan. Ons het nes geskop in een of ander villa en lui-lekker rondgery na al die omliggende dorpies toe.

Hoe mooi Toskane is en hoe lekker ons gekuier het kan ons nie vergeet nie, maar die een ding wat totaal en al uitstaan van die hele tydjie is die verdomde eiers in Volterra.

Die area waarin Volterra geleë is, is veral bekend vir die albaster (ek dink dis die Afrikaanse woord) wat daar in die heuwels voorkom en in Volterra is daar baie vakmanne wat produkte uit albaster maak. Ondermeer die eiers. Elke tweede winkeltjie het hulle eintlik gehad. Ek wou met die eerste oogopslag van die eiers hê, maar toe later begin dink hulle is te kommin en eintlik is ek net in ‘n toeriste slaggat gevang. Die eiers was glad nie duur nie en ek en Liefie besluit toe tog maar om ‘n paar te koop. Bietjie later. Ons het mos baie tyd en ons bly vir lank in die omgewing en ons kom mos elke aand dorp toe om iets te eet en vir wat wil ons nou al swaar goed dra en ‘n duisend ander verskonings.

Kom ek maak ‘n lang storie kort. Dit was Oktober 2005. Ons is nou in Oktober 2009. Ons het nooit die eiers gekoop nie. Ons is weg uit Volterra en ek dink nie ons sal weer daar uitkom nie.

Die episode staan nou bekend as “those eggs”. So ver ons reis en ons iets wil koop maar wik en weeg beaam Liefie altyd vir my of ek vir hom: “it’s going to turn out like those eggs”.

In 2006 gaan ons Mosambiek toe. Ons ry verby ‘n straatverkoper en wil opslag ‘n hele ry mannetjies hê. Die klomp figuurtjies vorm ‘n hele prosessie van by die 2 meter lank.  Ons oem en aah weer, het nie geld nie, het nie plek nie, kan nie besluit of dit eintlik maar kitch is nie en stap aan.

Die mannetjies word “those little men” en ons raas omtrent met mekaar oor “those eggs and those little men”, die eiers se wonde is weer oopgekrap en met die dat die mannetjies nou help om die pyn erger te maak,  belowe ons mekaar ons gaan nie ‘n “those….” situasie vir onsself skep nie.

Toe ons op hierdie reis Mosambiek toe buite ons slaapplek stop staan daar ‘n ry mannetjies vir ons en loer. Those little men het ons kom soek en gekry!

Hulle staan nou op my eetkamertafel. Ek weet nie mooi waar om met hulle te gaan nie.

Ook ‘n mens

Ek is vanoggend so half huilerig. Lekker stupid, weet nie eens hoekom nie. Seker maar deel van vrou-wees.

Ek hanteer oor die algemeen nie emosie baie goed nie en intense emosie laat my altyd maar half hande in die sye staan. Weet nie waar om te vat of te los nie. Weer toe so gister toe ‘n kollega vreeslik en ontroosbaar huil oor haar kat wat ‘n operasie ondergaan. Al die ander meisies deel hugs en ag shames uit en ek staan maar net daar. Voel altyd so om iets te sê gaan buitendien nie help nie. Ek doen praktiese goed. Vir haar gaan tee maak, lekkers uit die laai gekrap, daai tipe van ding. Ek sê toe maar later vir haar dat ek jammer is dat ek nie meer van ‘n “grand gesture” tipe mens is nie en dat sy mos weet ek’s nie so goed met emosie nie – toe sê sy sy weet en dis okay… (Die feit dat ander mense dit ook so ervaar het my nogal omgekrap, weer een van daai goed van my wat ek as ‘n swakheid ervaar, maar nie wil hê ander mense moet agterkom nie!)

Ek wens soms ek was nie so nie. Ek weet nie of dit iets is waaraan mens moet werk nie en of dit nou maar net een van daai eienskappe is waarmee mens gebore word nie…

Die Pretenders sing ‘n mooi liedjie, ek haal ‘n paar reëls aan:

“Well, there’s blood in these veins – and I cry when in pain – I’m only human on the inside – and if looks can deceive – make it hard to believe – I’m only human on the inside”

Bietjie nuus

Ek skeep my blog vreeslik af, ek weet en ek is baie jammer daaroor. My lewe meng net op die oomblik so bietjie in! (Hoe durf jy lewe?!)

Girlie maak cartwheels in my kommentaar boksie (dankie, Girl, jy het my aandag getrek).

Ek wil nog bitter graag oor die reünie blog en ek wil oor my marknavorsing gisteraand blog (wat is fout met mense dat hulle so baie oor mayonaisse dink dat hulle vir 3 ure daaroor kan praat?!) en oor my stryd om ‘n bikini gekoop te kry (groot borste is eintlik in die somer ‘n pyniging).

Miskien blog ek Vrydag daaroor. Of die naweek. Of Maandag.

O, nee. Wag. Ek gaan op ‘n strand in Mosambiek lê en drankies drink. Ek is Sondag vir ‘n hele jaar getroud! 😉

Les vir vandag

Ek wil nie eintlik vandag reünie toe gaan nie, maar as ek nie gaan nie sou ek gedink het ek moes gaan. Dit tref my vanoggend dat ons elke dag so totaal en al opgevang is met dit waarmee ons besig is en soos mal goed rondjaag en permanent probeer om net op te vang, voor te wees, meer te hê, beter te word, dat ons sommer net die dag mis. Die son wat opkom, die pa wat met sy kind skooltoe stap, die koerant verkoper se glimlag.

Dit was vir my so iets met skool ook. Terwyl jy daar is en dit nie eintlik geniet nie en stres oor hormone en uitslae en boyfriends en puisies en cool wees is daar soveel meer gewees as dit. Natuurlik besef mens dit eers as jy klaar is en terugkyk op sake. Ek onthou deesdae nie eens meer wat ek laas naweek gedoen het nie, 2 maande terug is ‘n vae herinnering en van ‘n jaar terug wil ek nie eens praat nie, maar terwyl mens in die oomblik is voel mens so maklik oorweldig en verswelg.

So, ek wens eintlik net ek wil vandag se les leer en dit toepas, nie net in retrospek besef nie. Dinge gaan verby. Tyd vlieg. Die lewe is nie eintlik so erg as wat mens dink nie. Haal net asem, oor ‘n dag/week/maand/jaar/jare het jy vergeet. Niks is vir altyd nie.