Tempus fugit

Ek ken al die sinnetjies en catch phrases. Ek weet ek is veronderstel om “mistress of my own destiny” te wees, maar ek voel deesdae al hoe meer soos die haas in Alice in Wonderland, “Oh my ears and whiskers, how late it’s getting!” Tyd, tyd, tyd.

Ek mors my eie tyd, ek weet dit. Ek raak briesend as ander mense my tyd mors, maar ek breek my eie uurglas lag-lag stukkend (moer hom eintlik neer) dat jy net sand sien spat. Hardloop dan soos ‘n afkop hoender rond om weer die tyd bymekaar te maak, meer te maak, beter te benut, terug te draai, te stop. Tick-tock. Dis al wat ek deesdae in my kop hoor. Dit klink al vir my soos ‘n bom.

Ek verbeeel myself ek het eens op ‘n tyd (alweer daai woord!) meer ure in my dag gehad. Meer goed gedoen wat vir my lekker is. Meer geblog, meer gelees, meer geluister. Minder gewerk, geeët, gebrom. Meer geslaap, meer gedoen. Meer myself gewees. Ek weet net nie wanneer daardie tyd was nie. Stockholm kom dadelik as ‘n antwoord op, maar ek kan mos nooit daardie deel van my lewe met “regte” lewe vergelyk nie. Ek dink net ek is besig om verkeerde keuses te maak. Ek kies nie myself nie. Ek kies om langer te werk, met mense te praat wat my verveel en irriteer, later te slaap en in die verkeer te sit, te boer (stupid Farmville verslawing wat my tyd steel!) en te sit en kyk hoe goed handuit ruk. (A stitch in time saves nine is iets wat op my voorkop getatoëer moet word , sodat ek dit elke dag kan sien).

Hoe verander mens? Hoe maak mens beter keuses? Hoe benut mens tyd? Ek is nie ‘n vreeslike overachiever nie, ek hou van middagslapies en ek stel graag uit, maar beteken hierdie gewoontes dat ek nooit tyd vir enig eiets gaan hê nie?! Fok. Dan moet die sand maar val waar dit val.

Tempus fugit. Inderdaad.

Advertisements

11 thoughts on “Tempus fugit

  1. Sonkind September 27, 2009 / 8:32 nm

    Salut Laat die sand val waar hy wil 😉

  2. Girl van die Suburbs September 27, 2009 / 9:24 nm

    Ek laaik die sommer baie!

    Nou juis oor die verslawingselement het ek ophou farmville speel…Ek het dit sommer geblok… Bly om te sien jy leef darem nog! 😛

    • netjane September 27, 2009 / 9:40 nm

      Geblok Girl? Jy’s erg hardcore! 😉 Kan ek nie maar vir jou my facebook username en password gee en dan kan jy die knoppie namens my druk nie? My plasie lyk dan nou so mooi…

      • Girl van die Suburbs September 28, 2009 / 11:04 nm

        Met graagte… Nee regtig… My lewe is nou minder gekompliseerd (I like to believe it anyway…) noudat ek nie hoef te oes en te saai en te maai nie! :mrgreen:

  3. Nelba September 27, 2009 / 10:59 nm

    Wanneer ek van die internet af wegbly, kry ek kans vir verstommend baie meer goed. Dit beteken egter geen Facebook (met Farmville het ek nie eers begin nie!), geen blog of blogs lees en geen Google soektogte oor onwillekeurige twerp nie. Dis erg. Sterkte.

    • netjane September 28, 2009 / 7:55 vm

      Ek weet Nelba, ek weet. Dis net nie altyd so maklik om dit wat jy weet toe te pas nie!!

  4. Wipneus! September 28, 2009 / 7:46 vm

    😯 Farmville blok? Neeeeeee! asseblief nie…. :

    Dan moet die sand maar val waar dit wil! 😆

  5. kaalvoetinireen September 28, 2009 / 6:24 nm

    Die internet is hierdiekant ‘n lewensredder, maar dit vreet jou tyd! ure gaan verby eb dan voel dit soos minute!

    Daai sand moet maar val soos hy wil…die res sorg vir homself! Mens kan net soveel doen!

  6. rosalindfranklin September 29, 2009 / 4:06 nm

    Een op ‘n slag, jy tackle dit so. Dis wat ek doen anders oorweldig dit jou.

  7. semisoet September 30, 2009 / 9:45 nm

    Selle probleem. My probleem: Ek leef op die rush van ‘n uitdaging as daar nie en is nie skep ek een deur ‘n week se werk in 2dae te doen. Belaglik.ek weet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s