Bosveld troue

Ons naweek weg was baie lekker (of ten minste dit was, nadat ons verby die verkeer wat deur die twee voetgangers wat by Zambezi se afrit omgery is, kon kom). Ons het by Leeuwenhof gebly en alhoewel dit op die prentjies en websites en alles vreeslik oulik lyk was ek effe teleurgesteld. Alles was netjies en reg. Die kamers was netjies, die ligging was mooi, die kos was keurig, maar ek was nie van my voete geslaan en van my asem beroof nie. Dit word as ‘n 4 ster plek gegradeer, maar ek dink dit het nog ‘n tikkie iets anders nodig om dit regtig spoggerig en “smart” te maak. As deel van die pakket het ons spa behandelings ook gehad, wat baie lekker was, veral vir iemand soos ek wat nooit spa toe gaan nie omdat ek in die algemeen nie daarvan hou as mense aan my raak nie. Ek en Liefie het ‘n pakket vir paartjies gehad, wat ‘n facial, rug/nek/skouer massering, hot stone treatment en Indian head massage ingesluit het. Toe ek daar opgestaan het was ek darem min lus vir troue hou, ek wou net slaap!

My nefie se troue was baie lekker en die bruid het mooi gelyk. Was bietjie anders om nie by een van die “normale” Johannesburgse venues te wees nie en Metsi-Metsi lewer regtig ‘n goeie diens. As iemand wat ook ‘n “destination” troue gehad het kan ek dit nogal aanbeveel. Die gaste kom bietjie weg, die venue is ‘n verrassing, dinge is bietjie anders. Die Kurt Darren treffers het vroeg al begin speel (hoe dan anders in die Bosveld?), maar ‘n vriendin van my reken dis nie ‘n regte Afrikaanse troue totdat “Hokaai, stop die lorrie” nie ook speel nie. Dit val my egter nog baie op hoe geslote mense se vriendekringe is. Liefie was omtrent die enigste engelssprekende daar, nevermaaind die enigste nie-blanke.

Ons het gisteroggend na ontbyt ‘n draai by my tannie-hulle op die plaas gaan maak en bietjie weer met die nefies en niggie opgevang. Almal word groot né? Hierdie stel nefies en niggie was die waarmee ek die meeste kontak gehad het, seker omdat hulle die naaste gebly het, die kinders omtrent almal in ons gesin se ouderdomsgroep was en hulle later ook op RAU geswot het en nogal naweke by ons kom kuier het uit die koshuis uit. Die bruidegom is deel van ‘n tweeling en sy broer het erg emosioneel geraak toe dit by toesprake kom. Toe’s ek ook in trane. Troues in eintlik maar vir my ‘n swak punt. Kan myself net nie help nie. Huil altyd, selfs op tv troues.

My ou romantiese hart darem…

Advertisements

3 thoughts on “Bosveld troue

  1. Girl van die Suburbs September 22, 2009 / 11:34 vm

    Ek huil skaamteloos op troues… Ek kan dit ook nie help nie want dis net so vrekken mooi as jy die egpaar se gesiggies dop te hou…

    Ek kyk nooit vir die bruid as sy instap nie, want sy sal eventually verby ons ook kom… ek kyk weer na die bruidegom se gesiggie… Daai gesig spreek boekdele!

  2. Hanlie September 22, 2009 / 12:18 nm

    Ek is net so emosioneel by troues…

    Ek stem saam met die ietsie ekstra – restaurante, hotelle, skoonheidsalonne ens kan almal ‘n les hier leer…

  3. rosalindfranklin September 22, 2009 / 5:10 nm

    Het julle langarm gedans en het ‘n sweterige dronk oom iewers aan jou ge-grope, terwyl hy met jou dans? Indien nie, was dit nie ‘n ware boere-troue nie 😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s