Wie loer kry niks nie, wie vra kry al die antwoorde!

Ek vra om getag te word en “hey presto!” ek word getag. Just like that. (doen nou die Mweb vingerkliek).

Ek is bietjie agter en meeste van die ander “tagees” se takies is reeds uitgevoer, but bear with me, ek’s nie altyd groot op spoed nie…

Dankie Rosa vir die tag. Ek tag jou nou sommer ook, want vir een of ander rede word jy as ‘n “groot” en “belangrike” blogger beskou en dus verhewe bo tags…

Dis tyd vir vrae. Net wat julle wil. En ek moet antwoord. (Of so iets?)

My eerste vrae kom juis van Rosa af:

1) wat is 674786563 x 3

2 024 359 689. (Ek het darem matriek hoërgraad wiskunde en google!)

2) Hou jy van dokter-dokter speel? Hoe baie/hoe min?

Ja. Baie-baie.

3) Hoe oud was jy toe jy die 1ste keer dokter-dokter gespeel het?

Ek was seker 5 of 6. Jan-Frederick ook. Hou anders moes ‘n laatlam uitvind hoe presies seuntjies werk?

4) Jou eerste soen…meer asb

Ek was 15. (Late bloomer!) Vakansie romanse met Gareth. Hy was bad boy personified, ek het lekker probeer cool/sexy/so whatever te wees, maar toe hy my soen smelt en freak ek tegelykertyd uit.

5)Het jy ‘n gevaarlike idee wat die wereld-orde kan verander?

Ja. Nie net een nie. Ek’s te bang om dit hier te tik, voor ek weet word ek op een of ander CIA lys gemerk en het dan jare se kak by elke grenspos. Dit behels bomme en onder andere verskeie heilige koeie (lees kerke).

6) Wat behoort kinders onder 18 nie te doen nie

Mekaar

7)Watse kos sal jy nooit weer eet nie, na ‘n tegniese abnormaliteit voorgekom het.

Butter fish. Ek eet ook niks wat piesang geur is nie, aangesien kinder kots medisyne piesang geur was en piesangs vir my dus ‘n direkte skakel met kots het.

8)Wie sou jy graag as familie/vriend wou gehad het, iemand bekend.

Bart Simpson. Ek sou alle verantwoordelikheid prysgegee het en heeldag saammet hom kak aangejaag het.

9)Wat dink jy van rokke

Is okay, solank dit nie ‘n ronde rok is nie.

10)Slaap jy soms met ‘n teddiebeer/soft toy

Nee.

Krista wonder die volgende:

Tjoklits of roomys of albei?

Albei. McDonald’s chocolate sundae is my ondergang. Ek kan nie nee sê nie. Baglio’s in Sandton Square. Ek kan nie nee sê nie. Smarties. Ek kan nie nee sê nie. Mignonnette Cote d’Or. Ek kan nie nee sê nie.

Het jy ‘n teddiebeer?

Iewers in ‘n boks

Watse kar ry jy en het hy/sy ‘n naam?

Volkswagen Polo. Dis ‘n hy, maar hy het nie ‘n naam nie. My eerste kar (Wit Chico) se naam was Melktert

Dra jy onderklere?

Ja. Ek sou graag sonder ‘n bra wou loop, maar my bates/laste laat dit glad nie toe nie. Ek wonder of ek ooit die pencil toets geslaag het?

Bikini of 1-stuk?

Nie eintlik een nie. Ek het albei, maar neig na die 1-stuk…

Lip ice?

Nee. Blistex

Maxie (hoekom blog jy nie!?) se vrae:

1. Dra jy parfuum en wat is jou gunsteling?

Ek is vreeslik allergies vir parfuum en kan nie eens ruik om te toets waarvoor ek nie allergies is nie, want teen daardie tyd nies ek al so! Ek wil bitter graag parfuum dra, maar nou ja. Dis nogal ‘n teer puntjie vir my, want ek dink ek boet vroulikheid in…

2. Hoe moeilik was die aanpassing terug in SA?

Baie makliker as wat ek gedink het, maar ek mis die tyd wat ek vir myself gehad het.

3. Wens jy soms julle was steeds in Swede?

So een keer elke twee dae. Dit behels meestal die laat slaap en nie werk toe gaan gedeelte van in Swede wees. En ek verlang na die “tipe” tyd wat ek en Liefie saam spandeer het. Dit was net ons, nie ons en huis/tuin/werk/familie probleme nie

4. Het jy ‘n tongskraper en gebruik jy dit elke keer as jy tande borsel?

Agterop my tandeborsel. Ja

5. Kat of hond?

Weereens, vreeslik allergies vir katte. My suster het ‘n chihuahua, ek kuier maar daar om my hond fix te kry. Liefie is ‘n kat mens, so ons is maar mekaar se troeteldiere.

6. Hoe lank is jy?

1.63 m – Reusagtig. 😉

7. Wat is jou beste eienskap?

Ek kan jou sê wat my slegste eienskap is – ek twyfel in myself, soos of ek hoegenaamd noemenswaardige goeie eienskappe het… My sin vir reg en verkeerd?

8. Gunstelingblom?

Tuinrose

9. Hoe lank het jy en jou man mekaar geken toe julle getroud is?

Geken: 8 jaar

Gevry: 7 jaar

10. Wat is jou grootste vrees?

Dat my beste nie genoeg is nie

Advertisements

14 thoughts on “Wie loer kry niks nie, wie vra kry al die antwoorde!

  1. maxie September 14, 2009 / 10:22 nm

    Ek is so bly jy het vir Roos getag!

    😆 vir jou antwoord op vraag nr. 6 van haar af!

    1. Dra jy parfuum en wat is jou gunsteling?
    2. Hoe moeilik was die aanpassing terug in SA?
    3. Wens jy soms julle was steeds in Swede?
    4. Het jy ‘n tongskraper en gebruik jy dit elke keer as jy tande borsel?
    5. Kat of hond?
    6. Hoe lank is jy?
    7. Wat is jou beste eienskap?
    8. Gunstelingblom?
    9. Hoe lank het jy en jou man mekaar geken toe julle getroud is?
    10. Wat is jou grootste vrees?

  2. Girl van die Suburbs September 15, 2009 / 8:40 vm

    Ek is jammer ek het nou geslaap met die vrae vra… Klaasvakie het ander dinge op die brein…. 😉

    ❤ Jy is sowaar 1 cm langer as ek!

    ❤ Sjoe, jy en liefie ken mekaar lank! So lank is julle dan getroud?

    ❤ Ons het selfs dieselfde vervoer middel!

    ❤ Bleeehhhhggg … EK het 'n piesang op my tafel…. nou wil ek hom nie meer he nie!

    • netjane September 15, 2009 / 8:46 vm

      ‘n Hele 1 cm – ek’s ‘n super model! 😉

      Ek en Liefie is op 11 Oktober ‘n hele jaar getroud. Ons gaan langnaweek hou in Mosambiek vir ons tweede wittebrood.

      Ek het ook ‘n piesang op my tafel – ek gaan maar langtand eet. ‘n Regte piesang eet ek net nou en dan, piesang gegeurde goed, nooit nie.

      • Girl van die Suburbs September 16, 2009 / 9:36 vm

        Ek het toe daai piesang net so gelos hoor… 😉

        Ek hou ook glad nie van piesang geure nie… Ek laaik aarbei of… Jip… tjoklit!

  3. rosalindfranklin September 15, 2009 / 12:59 nm

    heheheh, mal vir jou antwoorde…bottervis en piesings laaik ek ook niks.

    LOL ‘n ronde rok!

  4. Hanlie September 15, 2009 / 10:25 nm

    Jy het my nou vreeslik vermaak! Ek dink ek en jy moet koppe bymekaar sit oor die heilige koeie…

    • netjane September 16, 2009 / 8:34 vm

      Dit mag dalk net gevaarlik raak….

  5. demoerin September 16, 2009 / 7:52 vm

    Kontak my maar ook vir die wêreldorde ding….. 😆 Ek gril glad nie vir bloed nie en het ‘n paar oulike idees.

    Hou jy van lees? Wat lees jy op die oomblik?

    • netjane September 16, 2009 / 8:39 vm

      And we shall be known as the anarchy and destruction flash mob! Now you see us, now you don’t. But wait, is that the ticking sound of a bomb….

      Ek lees graag. Lees alles, die biljette in pille, die bestandele van kos, flyers, advertensies op lamppale, fine print (veral fine print). Tans lees ek nog aan English Passengers (die boek onder die boekwurm widget), ek lees ook die Argentinië reisgids, teach yourself spanish in 3 months (lees dit met min aandag, vir die afgelope 2 jaar al), laasnaweek se FT Weekend, stukke uit Stories van Rivierplaas, die Bhagavad Gita en natuurlik die Rooi Rose. 😉

  6. rosalindfranklin September 16, 2009 / 8:41 nm

    Ek is ook in met nr.5, ek is nie bang vir bloed nie, inteendeel ek laaik dit 🙂

  7. Pikkie September 18, 2009 / 12:16 nm

    Whahahahaha!
    Net een ding…. Wat presies is ‘n ’ronde rok’…. kry mens dan vierkantige of reghoekige of driehoekige rokke? 😈

  8. maxie September 21, 2009 / 9:20 nm

    Jane

    Hoekom blog ek nie?
    1. Te lui, regtig…
    2. Soms oorweeg ek dit wel (let wel: net vir ‘n split second), maar dan is daar weer onaangenaamhede, soos nou weer onlangs.
    3. Die bloggers hier is almal baie spesiaal met unieke skryfstyle wat so seemingly effortless is.. ek sou nie weet waar om te begin nie, want dit voel in ‘n mate asof alles reeds gese is.
    4. Ek is eintlik bitterbaie privaat en die blote gedagte daaraan om te deel met die wereld en sy maatjie gee my angsaanvalle (gasp… gasp…).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s