Grot praatjies

As ek hoegenaamd noemenswaardige gebruik van my brein gehad het sou hier ‘n pragstuk van ‘n bloginskrywing gewees het. Soos dit tans staan het ek erge Sondag aand moer/blues en grom ek vir almal wat wil luister. (Liefie)

My ma kla dat sy niks van my hoor nie en ek kry s.o.s kommentare van ander bloggers oor waar ek myself bevind. Ek is in my grot. Ek werk te hard en die vooruitsig is tans op nog meer werk. Een van my kollegas het dit goedgedink om ‘n week se kennis te gee dat sy van plan is om 8 weke in JordaniΓ« deur te bring. Die ander een is swanger. Die derde een is ver oor aftree ouderdom en die vierde is tans op slow strike (afrika-style) omdat hy meen hy verdien ‘n verhoging. Nommer 5 is oulik, maar ook net ‘n mens. So wie sorg dat alles reg loop? Jane. Fok, ek haat eintlik my pligsgetroue natuur.

Wat ek eintlik wil weet is of dit ongemanierd is om vir ‘n tag te vra, want sien, ek wil blog, maar ek het nie so vreeslik baie om oor te blog nie…

Advertisements

17 thoughts on “Grot praatjies

  1. Sonkind September 13, 2009 / 8:43 nm

    Jane, daar is ‘n lekker tag in die rondte. Plaasjuppie het dit so half begin deur my op te steek om te begin 😈

    Jy kan daar by my gaan lees en ek het in elk geval ‘n vermoede iemand het jou al getag. Jy moet bereid wees om enige vrae wat ons vra, eerlik te antwoord en as jy nie wil antwoord nie, moet jy ‘n snaakse storie opmaak.

    Beskou jouself hiermee as getag – die post wat die tag se reels aandui by my, is Just Truth, No Dare

    Ons wag πŸ™‚

    • NetJane September 14, 2009 / 11:04 vm

      Goodie! (Watch nou hoe vra niemand vir my iets nie!!)

      Ek sal vanaand werk daarvan maak.

  2. Girl van die Suburbs September 13, 2009 / 10:38 nm

    bwahahah…Niemand escape son se tag nie….al is dit twee weke later! πŸ˜‰

    • NetJane September 14, 2009 / 11:05 vm

      Agteros kom ook in die kraal, Girl. Nie almal is so voor op die wa soos jy nie! πŸ˜‰

  3. demoerin September 14, 2009 / 8:47 vm

    Sjoe, sterkte jong. Dit klink wild. Onthou net om so af en toe asem te haal!

    • NetJane September 14, 2009 / 11:04 vm

      Ek gaan sommer aan die drink DMI – en jy weet hoe erg dit vir my is! Haha!

  4. Vlam September 14, 2009 / 10:42 vm

    πŸ˜† Dis BAIE weird om vir ‘n tag te vra…

    • NetJane September 14, 2009 / 11:02 vm

      Weet jy dan nie ek is BAIE weird nie, Vlam? πŸ˜‰

  5. rosalindfranklin September 14, 2009 / 3:59 nm

    Niemand vra my ook niks nie, ek vermoed dat die vermoede daar bestaan dalk ‘n &^^$%$ groot gevaar in die antwoorde πŸ™‚ πŸ™‚

    Vlam, Netjane en ek kom uit dieselfde materiaal-winkel. Die rolle waaruit ons gesny is het nie ver van mekaar gele nie! πŸ˜› of nie…

    Ek tag vir Netjane en ek vra haar. As niemand met ons wil speel nie, gaan ek en sy nou dokter-dokter speel.

    1) wat is 674786563 x 3
    2) Hou jy van dokter-dokter speel? Hoe baie/hoe min?
    3) Hoe oud was jy toe jy die 1ste keer dokter-dokter gespeel het?
    4) Jou eerste soen…meer asb
    5)Het jy ‘n gevaarlike idee wat die wereld-orde kan verander?
    6) Wat behoort kinders onder 18 nie te doen nie
    7)Watse kos sal jy nooit weer eet nie, na ‘n tegniese abnormaliteit voorgekom het.
    8)Wie sou jy graag as familie/vriend wou gehad het, iemand bekend.
    9)Wat dink jy van rokke
    10)Slaap jy soms met ‘n teddiebeer/soft toy
    2)

    • NetJane September 14, 2009 / 4:08 nm

      Rosa, ek antwoord sodra ek by die huis kom al jou vra met mening. Dokter-dokter. Dit smaak ek…

  6. Girl van die Suburbs September 14, 2009 / 4:03 nm

    πŸ˜† Rosa… Ek het gevra hoekom niemand jou ooit tag nie… Ek wou … maar ek is (was) bang vir jou en toe los ek dit maar! Jip… Girlie is skrikkerig vir Roos 😯

    Wil jy getag word? πŸ˜‰

    • NetJane September 14, 2009 / 4:17 nm

      Tag vir Rosa. Sy is glad nie skrikkerig nie.

  7. Hanlie September 14, 2009 / 4:07 nm

    Ek het ‘n oulike meme wat ek komende naweek sal doen. Loer gerus in en consider jouself tagged.

  8. rosalindfranklin September 14, 2009 / 4:29 nm

    Girl: nee hulle tag darem so nou en dan, laas met die handskrif is ek getag deur BB of Wippie dink ek.
    Waar het jy gevra? ek dink ek het dit misgelees.
    Glo maar vir Jane, ek is nie skrikkerig nie….:mad: hehhehehe

  9. rosalindfranklin September 14, 2009 / 5:00 nm

    oh nou sien ek, ek sien ook niemand het jou geantwoord nie en jy vra ‘n vraag LOL

  10. Krista September 14, 2009 / 7:24 nm

    Tjoklits of roomys of albei?

    Het jy ‘n teddiebeer?

    Watse kar ry jy en het hy/sy ‘n naam?

    Dra jy onderklere?

    Bikini of 1-stuk?

    Lip ice?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s