Gesondheid!

Is dit net ek of drink mense verskriklik baie? Ek is nie ‘n geheelonthouer nie, maar ek drink nou ook nie tot ek lê nie. Verder het ek ‘n reël dat ek nie bestuur na een of twee drankies nie. In die algemeen voel ek baie sleg die volgende dag, of ek nou ‘n glas wyn of die hele bottel drink, dieselfde geld vir shooters en “slet sappies” (ek hoor dis die eintlike naam vir al die Brutal Fruit/Spin/Archers Aqua tipe drankies!) Die resultaat is dat ek waarskynlik maande gaan sonder om enige iets alkoholies te drink, maklik by ‘n partytjie sal wees en niks drink nie en glad nie op ‘n Vrydagaand wonder oor waar die volgende kuierplek gaan wees nie.

Drinkers (ek weet nie eintlik wat anders om hulle te noem nie) vind dit baie vreemd as ek nee sê vir ‘n drankie. Of daar iets fout is met my. Ek veroordeel nie mense wat drink nie, gee nie om dat hulle drink nie, maar dis vir al of dit sosiaal te aanvaarbaar geword het. Ek is gisteraand by die kantoorpartytjie weg (na ‘n paar drankies, Liefie is aangesê om my te kom haal), want ek het gesien dis nou “go big or go home” tyd. Dinge gaan handuit ruk. En ek was net nie lus daarvoor nie. Hoe doen mense dit elke naweek? Hoe doen mense dit op KleinSaterdag, Puza Thursday, Vrydae, Saterdae en somtyds nog sommer Sondagmiddag ook?

Ek het my deel vir die alkohol vervaardigers en verskaffers van Suid-Afrika gedoen, maar ek het dit ontgroei. Dis nie vir my aanvaarbaar om nie te onthou wat jy die vorige aand gedoen het nie. Dis nie vir my aanvaarbaar om klere uit te trek, seks te hê met kollegas en op half kapasiteit werk toe te gaan nie.

Hoe bekostig mense dit? Ek verdien ‘n so-so salaris, maar sal nie naweke kan omkuier met my geld nie.

Is ek miskien oorsensitief omdat ek in ‘n huis grootgeword het waar my ma erg oorgereageer het as my pa gedrink het omdat hy ‘n gedaanteverwisseling ondergaan het en mens nooit geweet het wat volgende gaan kom nie?

Liefie drink net so min (miskien nog minder) as ek en as sulks vind ons onsself nie baie in “drinkerige” situasies nie, maar ek vind ook dat mense ons as boring beskou omdat ons nie drink nie.

Dis mos nie reg nie?

Advertisements

21 thoughts on “Gesondheid!

  1. Sonkind September 5, 2009 / 7:25 nm

    Ek kan SOOO met jou identifiseer oor hierdie ene, Jane. Na een glas wyn wil ek slaap. Na ‘n paar Tequilas begin ek eintlik na die dronkes om my kyk en sien hulle meer nugter as wat ek hulle sou sien as ek niks gedrink het nie. Die Liefie drink ook nie, vir heel ander redes as ek – kom ons se^ maar net hy het sy kwota opgedrink voor 30 😆

    En ja, ons vind ook dat ander ons as boring beskou en dit wil voorkom asof dit regtig sosiaal onaanvaarbaar is as jy nie slag vir slag wil saamdrink nie.

  2. kaneelsuiker September 5, 2009 / 9:02 nm

    Sjoe, dis ‘n belangrike onderwerp en ‘n hartseer een. Dit is daardie idee dat mens drink om ‘n bietjie los te kom en uit te haak en dan na die tyd dit nog kan blameer op die drank. Die idee van: ek is nie normaalweg so nie, maar ek WEET hoe om uit te haal en myself te geniet. Is die drank werklik nodig om die lewe in te kleur?

    Ek weet veral in ‘n werksomgewing moet mens daardie professionele beeld dra om ernstig opgeneem te word. Die emosies en drange mag nie ‘n rol speel nie. Hoe dan anders? Dit is oorlewing teenoor self-vervulling. Konserwatisme teenoor liberalisme. Etiket teenoor uniekheid… en drank is die katalisator.

    Ek dink net daar is ‘n paar social skills wat nooit in ons samelewing
    aangeleer word nie. Hulle sê die mens is ‘n tropdier. Ek dink egter mense moet meer in hulself delf, iets daar aanvaar en weer individu word wat kan los kom in enige situasie. Verder moet almal aanvaar dat ander mense ook sekere behoeftes het. Hoe kry mens dit reg, terwyl jy beskawing
    handhaaf?

  3. Hanlie September 6, 2009 / 7:29 vm

    My feestelike jare het nogal lank aangehou, maar ek het dit ook ontgroei. Nou drink ons selde, en gewoonlik nie meer as 1-2 glase wyn nie (gisteraand met my verjaarsdag het ons ‘n bottel gedeel). Uit die aard van die saak het ons sosiale lewe verander. Craig se vriende is groot drinkers en ons geniet nie meer daardie geleenthede nie, so ons sien hulle nooit meer nie.

    As jy op ‘n Sondagoggend ‘n half-marathon (of selfs net 5K) wil hardloop, is daar nie sprake van drink die vorige aand nie – en in die week oefen ons! Ons prioriteite is heeltemal anders deesdae!

    Gesondheid!

  4. Krista September 6, 2009 / 11:28 vm

    Ons kuier heel lekker op koffie of Coke Zero dankie! Die hele aand/dag om. EN dit voel nie of ons iets mis nie.

    Daar is niks so aaklik as om die enigste nugter mense op ‘n partytjie vol dronkies te wees nie. En te sien wat die ander doen en die volgende oggend kyk hulle jou in die oê asof NIKS gebeur het nie . . .

    Nee, sies! Gagga!

  5. Plaasjuppie September 6, 2009 / 11:30 vm

    My laaste drankie was een glas sjampanje vroëer vanjaar om lyfie se graad te vier. Voor dit het ek het meer as ‘n jaar laas selfs ‘n glas wyn gehad. Dit het sosiaal aanvaarbaar geword om jouself paraplegies te suip met elke moontlike geleentheid, en jouself dan soos ‘n vark te gedra.
    Ek is jammer as iemand my nie weer wil ken omdat ek so bitter slegte drinker is nie. Ek is jammer dat iemand aanstoot neem as ek by ‘n funksie my goed vat en loop as iemand vir die 5de of 6de keer kom neul dat ek tog maar iets moet saamdrink.
    As ek nie van iemand hou nie, gaan geen hoeveelheid alkohol dit verander nie. Punt.

  6. brandnetel September 6, 2009 / 2:13 nm

    😆 Jinne, maar julle IS ‘n ordentlike klomp! :mrgreen:

    Nee, ek grap – so effens. Ek kan vir maande sonder drank gaan, dit pla my regtig nie. Maar boeta!! daar kom ‘n dag waar die geleentheid net reg is en DAN sal ek aan’t suie gaan dat ek die volgende week met ‘n babbelaashoofpyn sit waarvoor geen Grandpa ooit werk nie.

    Maak dit my sleg? 😉

  7. Wipneus! September 6, 2009 / 3:32 nm

    Ek en my Teddie drink nie eindelik nie (soms wyn met ys, jy moet sien hoe trek die mense se oë tot bo die wenkbroue as ek ys saam my wyn bestel) Ek gee nie om of mense dink ek is “boring” nie. Mind u ek doen nie “boring” :mrgreen: Ons kan fun hê sonder drank.
    Ek dink alle nugter mense is “boring” vir iemand wat te veel bottie gevat het. Hulle koppe spin soos ‘n tol op high speed, die ligte is aan, maar niemand is tuis nie. Dit irriteer die wilde waks uit my uit, want hulle kan nie ‘n normale gesprek voer nie. 😆

  8. Girl van die Suburbs September 6, 2009 / 3:37 nm

    Ahem… Ekke hier geniet graag ‘n glas rooiwyn in die aand… net oor dit lekker is…

  9. Girl van die Suburbs September 6, 2009 / 3:38 nm

    Ahem… Ekke hier geniet graag ‘n glas rooiwyn in die aand… net oor dit lekker is… 🙄

  10. George Maru September 6, 2009 / 8:14 nm

    Uhm, ja, ek kan nogal van tyd tot tyd van die dam onder die eend uitruk, alhoewel dit nooit beplan word nie. Ek dink dit is maar omdat ek lief is vir wyn. Wat ek wel nie verstaan nie is die obsessie om aan mense te torring wat nie wil drink nie. Gun tog mense die geleentheid om hulself te geniet soos wat hulle wil. Buitendien, daar moet designated drivers wees 😉

    Ek stem wel met Krista saam dat dit maar kan lol as jy nie drink nie en die ander doen wel. Ek is seker vir ‘n nugter persoon is die dronkes na ‘n paar glase wyn nie so diep, snaaks of interessant as wat hulle vir hulself klink nie 😆

  11. kaalvoetinireen September 7, 2009 / 5:38 vm

    Ek weet ook nie hoe doen die mense dit nie! Ek is so moeg na ‘n dag se werk en om dan nog in die middel van die week jouself in ‘n stuper in te drink…werk nie vir my nie. Ek geniet my wyntjie oor naweke, maar dis dit. Ek wonder ook net waar die mense die geld vandaan kry om so gedurig te kuier.

  12. Nelba September 7, 2009 / 5:39 nm

    Ek hou van rooiwyn en sal dit drink as ek die aand wil. Maar ander mense wat dronk word en begin karring, maak my so steeks dat ek heelaand net koeldrank drink. Dirk drink nog minder. Op die oomblik lyk ons drankkabinet bra woes en leeg. Maar nou-die-aand het ons kinders ons so gaar gehad dat die twee van ons summier vir ons elkeen ‘n glasie likeur loop ingooi het. 😆

  13. annderster September 9, 2009 / 4:49 nm

    grrr ek wou nou vir netjane tag! ai girl 😉

  14. Girl van die Suburbs September 9, 2009 / 6:11 nm

    Annderstertjie…. Ek het al die reels gebreek… Ek het mense getag wat al getag was en ek het meer as drie gekies…. Have a blast… Dan moet Janetjie net twee keer haar huiswerk doen?:D

  15. demoerin September 10, 2009 / 8:16 vm

    Each to their own, live and let live. Ek het nie met mense ‘n probleem wat nie wil drink nie, ons is mos grootmense en kan ons eie besluite maak. Ek het heelwat vriende wat nie drink nie, en dan is daar heelwat wat wel drink. Die ding is net dat ware vriende nog steeds onder hierdie omstandighede kan saamkuier, want jy het ‘n stadium in die vriendekring bereik waar dit nie oor die alkohol gaan nie, maar wel die vriendskap en lekker kuier.

  16. ding September 10, 2009 / 6:00 nm

    AMPER praat Ding nou uit…

    Ding hou van wat demoerin sê.

  17. Girl van die Suburbs September 11, 2009 / 12:54 nm

    me… Jane…

    Leef jy nog? Ons trek al by die tweede tag speletjie en al wat uitkom is jy?

    Waar is jy? 😕

  18. rosalindfranklin September 13, 2009 / 1:40 nm

    Mens in die land drink vreeslik, vreeslik baie. MRC-studies wys soveel as 70% binge drink oor naweke.

    so nee, dit is nie jy nie 😉

    hoekom mense hulself ter pletter moet drink weet ek nie

    • Vlam September 13, 2009 / 4:28 nm

      Tsk, Rosa! Weet jy genuine nie? 😯

      1. Die Bokke het die TriNations gewen.
      2. Die Vrystaat het ook gewen.

      Ouch. Klop die koppie nou… 😆

  19. Rustig September 15, 2009 / 11:50 vm

    Ek sal my nie vreeslik bekommer oor die mensewat dink jy is “boring” nie. Die mense suip hier in Ierland as of daar groot droogte op die voorstoep staan. Ek is soos Wip, baie ys saam met my wyn as ek die dag een drink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s