Dis hoe die wêreld werk.

Ek en Liefie hou die afgelope ruk ‘n vink dop terwyl hy sy nessie bou. Die volgende naweek bou dieselfde vink nog ‘n nes reg langs die ander een. “Hy’t groot planne” dink ek nogal by myself. Ons sien vanoggend hoe hy sagte stukkies bossies afpluk om die nes uit te voer en toe ek my hare kam vlieg hy af en gryp die los hare wat val ook. Die arme ding werk hard. Mens sien net flitse geel heen-en-weer vlieg.

Vanmiddag eet ons buite toe ons sien hier’s nou grootskaalse aksie by die een nes. Me(toekomstige)vrou het kom inspekteer. Vinkie dans sy voëltjie dans, dis net vlerke wat gewapper word en tjirp-tjirp-tjirp. Vlieg mooi na die nes se ingang toe “kyk hier poppie, dis waar jy moet ingaan om saammet my te bly”. Poppie bly sit op die tak. Tjirp-tjirp-tjirp, weer na die ingang van die nes toe, wapper-wapper-wapper, hierso! Poppie vlieg met een laaste kyk weg.

Ek het ‘n middagslapie gehad en toe ons nou buite sit vir ‘n koppie tee sien ek die stukkies nes lui afwaarts grond toe val. Moertoe.

Ek dink hardop dat dit soms erg moet wees om ‘n man te wees en lief te wees vir ‘n vrou, elke nou en dan word jy geskop dat jy daaaaaar trek. (Vrouens se harte word natuurlik ook gebreek, maar ek dink altyd mans is sulke patetiese sagte goed dat dit vir hulle baie erger moet wees).

Ek sien die vink is weer besig om takkies uit te kyk en begin weer een te stroop vir ‘n nuwe nes. “Haai Liefie, kyk, hy gaan weer probeer!” (Romantiese ek, wat in liefde en rose en engele wat op harpies speel glo).

“He wants to get laid, babe. Of course he’ll try again. That’s how the world works. The bottom line is that he wants to get laid.”

Dankie Liefie. 😉

Advertisements

11 thoughts on “Dis hoe die wêreld werk.

  1. Hanlie Augustus 29, 2009 / 9:32 nm

    Mans! Baie lekker pos, Jane!

  2. Girl van die Suburbs Augustus 31, 2009 / 9:22 vm

    LOL…Ja ne… liefie het dit nou nie gesugar coat nie… Maar dis sooo waar! 😀

  3. Emil Augustus 31, 2009 / 12:31 nm

    LOL! Gaan nie stry nie 😛

      • Emil September 1, 2009 / 11:27 vm

        Toe! Stry! 😆

      • Girl van die Suburbs September 1, 2009 / 2:33 nm

        LOL… nee ek kan nie Emil… want wat julle so oulik en vrek ongekompliseerd maak… is dat julle net wil sport kyk, shag en bier drink! 😀

  4. demoerin Augustus 31, 2009 / 2:35 nm

    😆 So maklik soos uit ‘n boom uitval!

  5. rosalindfranklin September 2, 2009 / 5:11 nm

    Dan weer, dit is ook die enigste keer dat sy ‘n sê het, want nadat hy die nessie gebou het, kan hy met haar paar en sy nageslag verseker. Sy genetika en niemand anders s’n nie – so hy kan maar mooi bou, want sy gaan op daai eiers sit dat haar beentjies lam is 🙂

  6. Skoor September 3, 2009 / 9:31 vm

    Ja Rosa, en hel, as mens hom een keer met kak werk laat wegkom, hoe brou hy nie volgende jaar nie. Dis mos nie HOP huise wat hulle bou nie, dis familie grootte teelaarde!

    Nee allawereld, ek sou ook nie sommer met die eerste keer tevrede gewees het nie.

    Wie’t gese vinke kry nie pms nie!

  7. annderster September 6, 2009 / 11:03 nm

    ek dink ook mans is patetiese kwesbare goed en girls eintlik heel okay sonder mans 🙂
    selfs ‘n gesonde ou is FLIPPEN kwesbaar vir girls, terwyl ‘n gesonde meisie soms heel happy is sonder ‘n ou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s