Besig ma.

Ek wou eintlik nie gehad het dat ons gesprekke so moes uitdraai nie. Dis darem ook nie al ons gesprekke nie, maar soms is dit net vir my makliker om te antwoord “besig” as sy vra hoe dit by die werk gaan.

Want wat maak die lang ure en die moeilike kliënte vir haar saak? Wil sy hoor dat ek moeg is vir Woolworths ready meals vir middagete, maar dat ek te slapgat is om broodjies in te pak? Weet sy ek was die week se Uno kampioen? Ek weet sy is bly oor my verhoging, ekstra geld is altyd handig my kind en jy werk so hard, maar weet sy wat dit vir my beteken?

Ek antwoord besig, want ek kon hoor die vraag was maar net ‘n vraag om te vra, ‘n verandering in die tempo van die tans skynbaar oneindige stroom van “ek”.

Advertisements

6 thoughts on “Besig ma.

  1. Girl van die Suburbs Augustus 24, 2009 / 10:30 vm

    Ek dink nie jy moet jouself blameer nie… Dit raak nou wel ‘n generiese antwoord vir als en baie ander gebruik dit!

    Ek dink ons samelewing het net so verander dat jy nie regtig iets anders het om oor te praat nie.

  2. kaalvoetinireen Augustus 24, 2009 / 1:09 nm

    Ek se dit ook, want wat anders sal ek nou se…dis elke dag dieselfde storie en hoeveel keer moet ek dit dan nou aan haar oorvertel voor sy ook gatvol raak

  3. rosalindfranklin Augustus 24, 2009 / 4:22 nm

    Dit is hoe die gesprekke later raak. Wat moeilik is, is die oomblik waar jy nou is, wat jy dit besef.

  4. Emil Augustus 25, 2009 / 11:29 vm

    Uiteindelik, na baie jare, is daar min te sê. Daardie besef is onrusbarend, ongemaklik en angstig. Die inskrywing tref my tromp-op.

  5. boervrou Augustus 25, 2009 / 11:46 vm

    Moet sê ek dink soms vra mense net om te vra, en ek dink nie hulle is altyd gereed vir die WARE antwoord nie! Ek is dalk verkeerd maar ek dink soms hoop hulle saggies jy sê nie iets negatiefs nie, sodat hulle nie hoef te: “oooee shame”, “ag nee”, “vertel my” nie.

  6. boendoe Augustus 25, 2009 / 6:05 nm

    Miskien moet jy volgende keer moeite doen en haar vertel hoe jou lewe regtig is? 😉

    Dis nou te se, as jy jou ma nie elke dag sien/elke dag met haar praat nie. My ma maak my so moeg as sy dink om MOET mekaar elke dag sien. Genade tog. Daar is ook net soveel wat in 24 uur met mens kan gebeur. 🙄

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s