Dude, regtig?

As iemand wat nogal vreeslik baie van taal hou en woorde as ‘n tipe skat hanteer, besef ek vandag dat ek eintlik soos ‘n regte MTV-apie praat. Toe ek myself vandag vir die hoeveelste keer hoor sê  “dude, regtig?” het ek gewonder hoe oud ek is. Ek dink nie ‘n 28 jarige professionele persoon moet mense nog “dude” noem nie. Waarskynlik ook nie “china” nie – ek doen dit ook.

“This_sucks_ASS.  In_a_BIG_way” is waarskynlik ook nie iets wat herhaaldelik gesê moet word nie.

“piiiiiiiiiiiiiiiiiss my af”  (in ‘n mooi wysie gesing) is ‘n ander gunsteling. “Ek gaan crack. Ek sê julle nou. Fokken crack” – volg op elke idioot wat bel.

“Eendag as ek president is”, “whatever”, “suck it up!”, “násty”, “duuuuuuuuude”, “jy love it, jy weet jy doen”, “aw-suuum”.

Dis eintlik verskriklik!

Nou wonder ek of dit is omdat die 6 ander junior prokureurs wat saammet my werk en met wie ek vriendelik is, ook almal jonk is en die hele “vibe”  dus een van absolute malligheid is? Ook, beteken dit ek word oud as as sulke goed my nou begin pla?

(Want dít sal regtig suck. Soos in verskriklik baie. Dude.) 😉

Advertisements

13 thoughts on “Dude, regtig?

  1. boendoe Augustus 19, 2009 / 8:39 nm

    Ja, dis genuine nie kief nie. 😆

    Hemel, Jane, ek worstel met dieselfde ding. Ek meen, ek is nou al na aan bejaard, en ek praat nes my twee tieners! Plaas dat ek bietjie ordentlikheid aan hulle afsmeer, tel ek net al hulle vreemde woorde op. 😯

  2. Hanlie Augustus 19, 2009 / 9:48 nm

    Ek praat net so! Seri-ass!

  3. Girl van die Suburbs Augustus 20, 2009 / 8:38 vm

    Dink nou net ne… As ons old school so praat, dink net hoe klink die jeug! 😯

  4. Plaasjuppie Augustus 20, 2009 / 11:43 vm

    Buddyyyyyyyyyy! Dude! Dis aaaaaaawsum dat daar ander mense is wat ook nog so praat. Its like the 80’s all over again. Cool!

    Mens word nie ernstiger en minder fun omdat jy oudword nie, jy word (geestelik) oud omdat jy vergeet hoe om fun te hê.

    Dit is dalk net nie so goeie idee om een van die senior vennote dude of china te noem nie 😉

  5. Zee Augustus 20, 2009 / 12:44 nm

    Ek “Dude” nog elke dag 🙂 Kan nou ook nie anders nie, orals op AC Kermans se klere is “Dude” geskryf 😆

  6. boerinballingskap Augustus 20, 2009 / 3:45 nm

    Hierdie is ‘n awesome inskrywing, dude, I mean really in a big ass way! 😆

  7. Skoor Augustus 20, 2009 / 9:48 nm

    Nee BiB, waa ko jy nou met die big ass storie uit dude? Aai mean really, dit suc om van groot gatte te praat terwyl NetJane worry oor die age of innocence wat slip!

    Toemaar Jane, jy klink maar soos die meeste bliksempies wat ons ini-dertigjariges redelik irriteer…. welkom by daai tyd in jou lewe!!!

  8. demoerin Augustus 21, 2009 / 6:48 vm

    Ek stem saam met PJ, wie de hel gee om? Daar is nie ‘n wet wat bepaal hoe jy op watter ouderdom moet praat nie. Behalwe natuurlik die verskriklike eloquent, Engelse privaatskool geleerdes (maar hulle praat elk geval al van babatyd af met daai stiff-upperlip)……. Praat soos jy gemaklik voel.

  9. Natasja Augustus 21, 2009 / 11:29 vm

    Gooi mielies! Praat nes jy laaik om te praat. Whatever makes you happy Dudette.

  10. Emil Augustus 25, 2009 / 11:32 vm

    Ek is 42 en sê al daai dinge nog steeds. Ek wissel nou net tussen “dude” en “china” en “whatever” en “ag, fok jou” 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s