En die derde perd kom derde.

Ek is vandag in so ‘n bui dat niemand met my kan huishou nie. Dis sulke dae wat ek eintlik wens dat ek in ‘n goed befokte bui sommer net goed kan stukkend gooi. Maar ek is nie so nie.  *sug*

Ek het hierdie week ‘n boodskap gekry. Amper soos een van daai in die cartoons. Met ‘n weerligstraal wat jou laat stop en dink: “wait a minute…” Ek ry huistoe en toe tref dit my. In een duidelike sin. Ek is kwaad. Nadat ek daardie emosie geëien het, begin ek toe sommer dink hoekom ek so kwaad is. (Ek het gedink aan daai scene uit Pretty Woman waar Richard Gere in die bad sit en vertel hoeveel duisende dollars dit hom gekos het om die sin te kan sê: “I was very angry…”).

Ek is kwaad oor ‘n duisend klein dingetjies. Daarmee kan ek lewe. Bietjie vloek, grom, ‘n ekstra koffie drink, ‘n paar skoene koop – beter voel.

Wat my egter so ongelooflik debliksem in het is die feit dat ek elke dag so behoorlik die reëls van die lewe volg.

En nogsteeds tweede kom. (Nice guys finish last, of so iets né?)

Fok, ek’s eintlik briesend.

Van kleintyd af hoor ek al hierdie sin van my ma af. Niksseggend, maar soms is dit al wat mens kan sê as daar eintlik niks te sê is nie. Haar weergawe van “Suck it up and deal with it”.

En die derde perd kom derde.

Advertisements

10 thoughts on “En die derde perd kom derde.

  1. Hanlie Augustus 16, 2009 / 9:29 nm

    Ek weet presies waarvan jy praat! En die ergste van alles is dat dit nie my natuurlike geaardheid is om tussen die lyne te bly nie, maar iewers op ‘n stadium het ek my daarin laat inpraat. En ek suck daarmee! Ek is al so lank ‘n derderangse Hanlie, wat die reëls probeer nakom, dat ek nie eers meer weet waar om na myself te begin soek nie. Ek is ook boos!

  2. boendoe Augustus 16, 2009 / 9:45 nm

    Jammer, gooi my maar met klippe as dit verligting bring, maar ek dink dis moersnaaks! 😆 😆

  3. boervrou Augustus 17, 2009 / 8:36 vm

    hi netjane
    dit is so die ongeskikte ouens wat op almal trap kom bo. Die ander outjies bly agter. DIt ref my meter ook in die rooi!

  4. Nelba Augustus 17, 2009 / 2:01 nm

    Vir ‘n baie kort tydjie in my lewe was ek so in survival mode dat ek geheel oor hierdie “nice-girl” sindroom gekom het. Ek het gese wat ek gevoel het en as iemand anders anders gevoel het was dit maar hulle probleem. Maar dit was ook nie eintlik lekker nie.

    Nou is ek maar weer terug by my ou gawe selfie en kom ek ook gereeld derde. Die bietjie “grit” van daai tyd, sit egter nog verskuil iewers. En ek weet ek kan dit gaan uithaal as ek wil.

    Dit gaan maar net oor wil. Of nie.

  5. Kaalvoetinireen Augustus 18, 2009 / 6:36 vm

    Ek het ook so dag beleef gister en die winkels het nie eers gehelp nie!

  6. li3zel Augustus 18, 2009 / 5:34 nm

    om skoene te koop laat my altyd beter voel!

  7. netjane Augustus 19, 2009 / 12:42 nm

    Die perd hardloop nog… 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s