Blink oë en kinderdrome

Van kleintyd af het ek nog altyd ‘n groot fassinasie met die Russiese poppies wat so inmekaar pas gehad. Matryoshka is die regte naam, maar ek noem hulle sommer nog altyd Babushka poppe. Afrikaans het nogal ‘n mooi naam: skilpoppe. Ek weet nie of dit die uitpak en weer terugpak van die poppe is wat my so gefassineerd gehad het nie, maar ek sou omtrent enige iets gegee en gedoen het om so ‘n pop te van my eie te hê. Om nie versigtig (en met spesiale vergunning) my ma s’n uit te pak nie.

Toe ons toe besluit om Rusland toe te gaan het ek heel mal geraak. G’n niks omgegee oor enige iets anders as om so ‘n pop te koop om by my versameling te pas nie. (Mammie het goedgunstiglik haar versameling aan my geskenk). Daai russe het my van ‘n myl af sien kom. Ek kon niks gebargain kry nie, was oop en bloot ‘n “willing buyer”. Liefie het nog die “ag, asseblief, ons het nie jou toeriste crap nodig nie” houding probeer, maar daai tannie het my blink ogies gesien. Poppe en poppe en poppe uitgepak. Totdat my kop gedraai het en ek glad nie ‘n besluit kon neem nie.

Met die versameling poppe voor my sien ek toe ‘n volgende ding raak. En net daar moet ek dit ook hê. Russiese kersversierings. Veral Kersvaders. En net daar gee ons moed op om nog ‘n paar roubles te spaar en gaan aan die koop.

Van al die lande wat ek besoek het sal ek nie Rusland aanbeveel nie, tensy mens alreeds ‘n brandende begeerte het om daarheen te gaan, maar as ek na my pop en my kersvader kyk (hy’s heeljaar op “display” – dis altyd Kersfees in die NetJane huis), word ek altyd vreeslik bly. Dit voel nogal soos “iets” om ‘n kinderdroom te laat waar word.

Matrushka.IMG_5725

Advertisements

12 thoughts on “Blink oë en kinderdrome

  1. hanlie Augustus 10, 2009 / 11:34 nm

    Genade, maar jy is wel berese! Ek sou nogal graag so ‘n poppestel wil besigtig en hanteer…

  2. boendoe Augustus 11, 2009 / 1:37 vm

    Genade, mens word slim oppie blogs! Vandag het ek geleer Kakiebos se Engelse naam is Stinking Roger, en nou ‘skilpoppe’. 😯

    Maar jy is reg: hierdie skilpoppies is iets betowerends. Die kleure, die gesiggies…sommer als! Ek beny jou so groot versameling. 😉

    • netjane Augustus 11, 2009 / 8:45 vm

      Dis darem nie my versameling nie Boends – net ‘n foto van ‘n stalletjie in Moskou!

    • netjane Augustus 11, 2009 / 8:49 vm

      Boer, ek moet seker nie sulke “sweeping statements” oor ‘n land maak waarvan ek net 2 stede gesien het nie. Moskou se energie het glad nie by my gepas nie. Veels te “in your face”. Mens voel permanent of jy verneuk gaan word. Liefie was mal oor die energie, maar vir my was dit meer van ‘n “been there, done that” tipe stad.

      St Petersburg was heel anders. Sagter. Meer gesofistikeerd. Ek sou nogal graag in die winter sal wil teruggaan, vir die hele sneeu/opera/dr zhivago gevoel. 😉

  3. Emil Augustus 11, 2009 / 10:56 vm

    St Petersburg is bekoring. In die winter ervaar jou sowaar die Dr Zhivago gevoel. Dit is net vrek koud!

  4. kaalvoetinireen Augustus 11, 2009 / 11:23 vm

    St. Petersburg is ‘n plek wat ek bittergraag wil sien en ervaar, verkieslik nie in die winter nie.

    • Emil Augustus 11, 2009 / 4:37 nm

      Nou dat ek daaraan dink: in Dr Zhivago het die hele petalje nie goed afgeloop vir die betogers in St Petersburg nie. Somer is beter – die winter daar is bleddie koud.

  5. Nelba Augustus 11, 2009 / 11:35 vm

    Oe, ek is ook mal daaroor! Sal glad nie omgee om Rusland te kan besoek nie, maar daar is ander plekke wat eerste gaan kom voor Rusland. Eendag as my skip gekom het.

  6. stoei Augustus 13, 2009 / 11:58 vm

    So ‘n paar jaar terug ( 1992) het daar ‘n klomp russiese stoeiers naar R.S.A. gekom en die klomp het ook die poppe , penne en natuurlik vodka aan ons verkoop vir ‘n paar ekstra rande. Die feit dat die penne nie geskryf het nie ,dat die vodka nie te drink was en dat hulle van een stel poppe twee gemaak het , het nie saak gemaak nie .Ons het die goed bestorm en gekoop.

    Ook jare terug ( in die tagtigs) wasmy oom rusland toe en volgens my oom , die engiste goeie ding was die ‘swimming pool’ in elke dorpie.

    Groete

  7. Pienk Zuit Augustus 14, 2009 / 11:33 vm

    Ek was mal oor Rusland. Maar dalk omdat ons by mense gebly het wat Russies kon praat en ons kon rond neem. Die Russe is fassinerend. Ons het selfs een aand saam met ‘n man geëet wat Professor in Afrikaans is by die Universiteit van Moskou. Snaaksste ding ooit om ‘n Rus te hoor vlot Afrikaans praat. Hy het dit geleer deur handboeke deur die pos te bestel (hy het sy Meesters in Nederlands gedoen, so Afrikaans was darem nie so ‘n groot stap nie), en mens kan dit hoor aan die idiome en woorde wat hy gebruik. Daarna het hy en sy gesin vir 2 jaar in Bloemfontein gebly, op uitnodiging van die ATKV of so iemand. Dit was ook baie makliker om insig te kry in die Russiese kultuur as iemand jou vrae in Afrikaans kan antwoord.

    PS Ek moet noem dat ek mal is oor geskiedenis, en veral WW2 en Russiese geskiedenis, so daarom was Rusland (en Pole) vir my fassinerend.

  8. Natasja Augustus 21, 2009 / 10:41 vm

    Hi Jane

    Ek het vanoggend vir jou ‘n klein ietise gekoop wat ek vir jou wil courier (vertrou nie die pos tussen hier en daar nie.) Iemand moet mos teken vir ‘n courier so kan jy vir my jou werk adres email seblief?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s