Waterskeiding

Laas naweek was nie vir my lekker gewees nie. Dit was lekker om my ouers te sien en lekker om by die see te wees en lekker om nie by die werk te wees nie en lekker om ontbyt in die bed te kry, maar dit was nie lekker om te moet besef: “this is it” nie. My ouers skei. Dit was die laaste keer wat ek hulle saam sou sien. In die laaste huis wat ek nog as ‘n tipe van kinder huis kon beskou.

Ek weet my gedagtes is selfsugtig en draai net om my (waarheen gaan ek vir Kersfees, gaan my kinders nou ‘n ouma en ‘n oupa moet hê en nie ‘n ouma-en-oupa nie, wat doen ek as een van die twee ‘n nuwe geliefde kry en ander belaglike vrae), maar hoe anders hanteer mens so iets? Vreeslik volwasse, rasioneel en standvastig?

Toe ek Maandagaand van die lughawe as huistoe ry, het ek dit nie veel verder as Rivonia afrit op die N1 gemaak voor my trane my ingehaal het nie. Dis donker, daar’s orals padwerke, Jane kan nottefok sien waar sy ry nie, maar ek weet net ek moet by die huis kom (Beyers Naude afrit, vir die wat JHB ken), want my Liefie wag vir my. En toe’s alles beter. Want ek het nou my eie gesin (al is daar miskien nog ‘n paar lede kort), my sussie is hier, met haar kinders, ek het my eie huis, met ‘n kamer wat myne is en ek besef dat sekere goed eintlik in die verlede hoort. Want anders loop mens nooit heeltemal vorentoe nie.

Donderdagoggend wil-wil ek nog kwaad raak vir ‘n kliënt toe my rug met so ‘n “piiiiiiing” geluid (of dis hoe ek dink die pyn sou geklink het) nie meer wil saamspeel nie. En daar sit ek toe, lekker spasma, baie werk, kliënte vergadering die middag en geen pille nie. Dis later die aand toe my suster vir my sê dis omdat ek te swaar dra aan ander mense se issues dat my rug nie meer wil nie. Die rugpyn is simbolies.

Ek voel vandag baie beter (fisies en emosioneel). Ek lees in “Eat Pray Love” ‘n heel eenvoudige sin raak. Die skrywer maak ‘n mantra daarvan en sy verklaar bloot dat sy nie langer enige negatiewe gedagtes gaan huisves nie. Ek dink dis ‘n goeie plan.

Op ‘n heel ander noot: Ek probeer tans om dinge buite my gemaksone te doen. Het toe ja gesê vir ‘n boekklub uitnodiging. Ek raai dis nie die plek vir my as niemand my boeke wou hê om te leen nie…

Ek het die volgende boeke saamgeneem (ek dog nogal dis heel okay boeke en toe wil niemand hulle hê nie!):

  1. I know this much is true – Wally Lamb
  2. Fingersmith – Sarah Waters
  3. The Savage Garden – Mark Mills

Ek weet nou hoekom ek nie goed buite my gemaksone doen nie, want dis nie gemaklik nie.

O JA! Ek is vrek opgewonde: ons gaan Desember Argentinië toe. Ons beplan ‘n road trip al langs Roete 40, wat van noord na suid langs die Andes gebergtes afloop.

Advertisements

10 thoughts on “Waterskeiding

  1. boendoe Augustus 2, 2009 / 11:21 vm

    Argentinie??!!! Dis nou een plek wat ek bitter graag wil sien! Service solank daai foto-apparaat, hoor! 😆

    Ag, en ja, dis sleg van jou ouers, maar dis waar wat jy se. Jy het ten minste ‘n ‘nuwe’ familie en ‘n huis waar ‘n Liefie vir jou wag.

  2. hanlie Augustus 2, 2009 / 2:08 nm

    Argentinië? Ek wil saamgaan!

    Ek is bly jy voel nou beter oor dinge. Aan die einde van die dag is dit die lewe wat JY vir jouself bou wat tel.

  3. rosalindfranklin Augustus 2, 2009 / 3:47 nm

    Ken die laaste twee boeke, altwee baie nice. geniet hulle.
    Ek ken daaie ene van nou is daar nie meer ‘n “ouerhuis” nie, want gewoonlik trek baie en die een wat jy geken het is vir altyd weg. Dit is so, kry jou kop om daai een. dit gaan anders wees.
    Hou beurte met die kersfees. Jy sal sien, die dinge sal uitself een-een uitwerk. Moenie worry nie 😉

    Geniet die oorsese reis!!!

  4. Sonkind Augustus 2, 2009 / 8:38 nm

    Ek sou boek nommer 3 geleen het 🙂

    En ek wil ook saam Argentinie toe, ‘seblief!

  5. Girl van die Suburbs Augustus 2, 2009 / 10:13 nm

    Ahem…. Ek neem ook die Beyers Naude Afrit… Hmmm…. Wereld raak al hoe kleiner 😉 Jy bly in my suburb!!!!

  6. Spear The Almighty Augustus 6, 2009 / 11:02 vm

    Jammer om te hoor van die ouers se sky sake. Sterkte! Argentinië gaan baie lekker wees, ek is seker!

  7. boervrou Augustus 8, 2009 / 7:34 nm

    Argentinie gaan great wees! Ontspan dinge gaan beter raak net as jy wil moet opgee.

  8. parkes1 Augustus 11, 2009 / 9:54 vm

    Sterkte vir jou!!! Dink maar eerder aan Desember, hoe lui die spreekwoord “Als gebeur met n doel”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s