Pushplay

Die NetJane-Liefie huis kyk nie vreeslik baie tv nie, maar ons hou van fliek en dvd kyk. Ons het na ‘n lang ge-oem en ge-ah toe Dstv aangeskaf, aangesien die huurder terwyl ons in Swede was al die bedrading laat doen het en die nodige skottel gekry het en ons letterlik net die R400 (of watookal) vir ‘n dekodeerder moes gaan betaal. Wat ons toe gedoen het. Toe begin ons al hoe meer televisie kyk. Goed wat ons nie eens wil kyk nie, maar net kyk omdat ons klaar op die bank lê, te lui is om op te staan en omdat dit wys en net half interessant is.

Ons het later meer disipline aan die dag gelê, maar agtergekom Dstv wys oor en oor dieselfde goed en regtig begin sukkel om iets van waarde te kry om te kyk. Ons kyk nie sport nie en het nie kinders wat Ceebeebies moet kyk nie en toe Dstv nog boonop die maandelikse fooi opskuif, toe strip my moer.

Ek lees toe iewers op ‘n blog van Pushplay. Dit lyk vir my na ‘n goeie idee, dis baie goedkoper as Dstv en met die besparing kan ek nog elke maand ‘n seisoen van een of ander televisiereeks koop. Een-twee-drie (eintlik was dit meer soos “ek gaan iemand fokken doodmaak, hierdie voiceprompt storie van julle gaan my laat crack!”) en my Dstv is gekanselleer. Ek is ‘n Pushplay fan.

Ek wil so graag hê dit moet uitwerk, want dis ‘n goeie idee en Suid-Afrika het so iets nodig, maar die outjies se aflewering is stadig. Tot 4, 5, 6 dae. Dan het ek al lankal gatvol geraak en iets by die videowinkel gaan uitneem, wat juis teen die Pushplay idee inwerk. Verder kan hulle ook nie telefonies gekontak word nie en as ek die dag kwaad raak en wil skree, moet iemand darem kan luister. E-pos boodskappe doen dit net nie vir my nie en as ek weer lees wat ek getik het verloor ek stoom en haal die sarkastiese en lelike woorde uit.

Ek moet darem sê dat Pushplay nog elke keer wat ek gekla het iets positiefs gedoen het, soos ‘n kredietbewys of ‘n ekstra dvd of so iets, maar ek wil net kan weet dat as ek dvd’s op byvoorbeeld ‘n Maandag teruggee ek weer teen die Vrydag nuwes sal hê. Hulle is seker nuut en hulle probeer seker hard, maar my genade is min. Die enigste ding wat tans in hulle guns tel is dat ek nogsteeds voel Dstv is ‘n groot rip-off en dus nie sommer gou weer sal aansluit nie.

Enige ander Pushplay gebruikers? Julle gevoelens en ervarings?

(Natuurlik, nou dat ek niks het om te kyk nie blog ek weer…)

Advertisements

4 thoughts on “Pushplay

  1. Nelba Julie 13, 2009 / 8:16 nm

    Lyk vir my ook oulik. Ek het al van soortgelyke goed oorsee gehoor en hulle s’n skyn goed te werk solank die infrastruktuur dit ondersteun. Sal graag wil hoor hoe dit verder gaan.

  2. demoerin Julie 14, 2009 / 8:33 vm

    Ken nie van Pushplay nie.
    Ek sal nie sonder my sport op DSTV kan nie. Ek kyk bittermin flieks op DSTV, sal eerder ‘n DVD uitneem. Maar die sport, history, BBC ens. bly tops!

  3. kat Julie 14, 2009 / 11:21 vm

    Eks natuurlik die epitoom van ‘n pushplay gebruiker. Kry die DVD’s binne 2 dae altyd. Dalk help hierdie info?

  4. Hanlie Julie 14, 2009 / 1:34 nm

    Ons het ook DSTV gekanseleer en PushPlay begin gebruik. Die eerste 2 weke het ons al besef dat net die 6 DVD-plan vir ons sal werk… Anders gaan ons dae sonder om iets te kyk. Dit het toe goed gewerk, behalwe oor die feesseisoen, toe alles deurmekaar was, maar in die nuwe jaar het die werklike probleme begin. Hulle het eenvoudig nie vir ons flieks gestuur nie… en die verskoning gebruik dat hulle ‘n probleem het. Ons het ons rekening op “hold” gesit totdat hulle probleme uitgesorteer is, en toe weer verder gekyk. Toe ons trek was daar nie ‘n drop-box in ons area nie, so ons het weereens gekanseleer. Intussen het ek ‘n box baie naby aan ons opgespoor, so ons kan seker weer begin kyk. Dis net dat nou moet hulle dit by ons huis aflewer, in plaas van by ons poskantoor bus, so ek weet nie of dit langer gaan neem nie.

    Verder, doen maar die moeite en maak die DVD’s mooi skoon voordat jy hulle kyk, aangesien niks my so irriteer as ‘n fliek wat vashaak nie…

    Ek het ook aanmekaar in my kommunikasie met hulle (Barbara) gesê dat ek graag wil hê dat hulle besigheid moet slaag, want dis ‘n goeie konsep, maar aangesien ek die kliënt is, moet ek darem ook voel dat dit die moeite werd vir my is. Ek wil nie sukkel nie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s