So maklik soos een, twee…

My ouers is besig om te skei.

In September sou hulle 38 jaar getroud gewees het.

Ek weet ek is “groot” en moet waarskynlik die saak kan uitredeneer en vrede daarmee maak, maar ek prop nou maar net die gedagte iewers êrens in ‘n besemkas van my brein in en hoop vir die beste. Ek wil nie eintlik daarmee “deal” nie, want ek weet nie hoe nie. Hulle keuse gaan nie my lewe direk affekteer nie, ek bly nie naby hulle nie, sien hulle net saam as ek gaan kuier en die res van die tyd kuier my ma by my, of nou en dan my pa (op besigheid), maar nooit die twee saam nie. Ek was lanklaas Kersfees by die huis, omdat ek en Liefie dan verkies om te reis. Ek weet net nie mooi hoe om die konsep van “hulle”  net “hy” en “sy” te maak in my brein nie.  Lyk my die twee is heel vriendelik met mekaar en die saak sal waarskynlik vooraf geskik word, maar dis vir my so weird!

Hoe gaan jy na soveel jare saammet iemand aan jou sy nou alleen aan met jou lewe?

Ek het reeds ‘n ruk terug vliegtuigkaartjies vir einde Julie bespreek om na my ouers toe te gaan vir my pa se verjaarsdag, voor ek gehoor het van die skeiery. Nou is ek al lus om nie te gaan nie. Nie in die byenes in te vlieg nie, nie in ‘n posisie geplaas te word waar ek betrokke moet raak nie.

Die ergste vir my is dat ek met my pa en ma kon praat as prokureur en alles mooi kon uitspel, maar ek nie as dogter kan optree nie, want ek wil nie…

Advertisements

10 thoughts on “So maklik soos een, twee…

  1. Sonkind Julie 8, 2009 / 9:51 nm

    Ai Jane, skei is op sy beste nie ‘n nice ding nie. My ouers is ook geskei, toe ek nog ‘n kind was. Nie een van hulle het ons ooit gebruik as wapens nie en ons het heel gebalanseerd grootgeword. Solank jou ouers jou nie gebruik as wapen teen mekaar nie en verstaan dat jy albei liefhet en nie kant wil kies nie, maak nie saak wie ‘verkeerd’ is nie, moet jy hulle die ruimte gun om dalk nou ‘n lewe te kies wat vir hulle elkeen geluk gaan bring, al verstaan jy nie hoekom na soveel jare saam nie.

  2. boendoe Julie 8, 2009 / 10:12 nm

    Eish, Jane. Ek weet nie eintlik wat om te se nie. Sterkte.

  3. Hanlie Julie 9, 2009 / 12:19 vm

    Ek dink ek verstaan wat jy bedoel. My ouers het met dieselfde nuus vorendag gekom toe ek in my twintigs was (en is toe weer later herenig). Dit het my geweldig ontstel. Al is jy nie meer “in die huis” nie, is dit nog steeds ‘n verlies. Dit was asof my fondament geskeur het.

    Sterkte!

  4. demoerin Julie 9, 2009 / 8:32 vm

    As dit maar net soos 1, 2, 3 was. Daar is te veel ander mense ook betrokke wat geraak word. dit kan nooit maklik vir enige betrokkene wees nie.

  5. Cynthia Julie 9, 2009 / 8:52 vm

    Dit moet bitterlik erg wees om te hoor jou ouers skei na 38 jaar saam. Ek verstaan dit ook nie heeltemal lekker nie, soos jy sê, hoe op dees aarde gaan jy alleen aan (en hoekom wil jy?) nadat jy soveel jare saam was?

  6. Krista Julie 9, 2009 / 7:11 nm

    Ai . . . . sorry.

    Kan jy nie die bestemming van jou kaartjies skuif nie?

  7. Emil Julie 10, 2009 / 12:56 nm

    Miskien moet jy gaan. Dalk kan hulle doen met jou ondersteuning.

  8. rosalindfranklin Julie 17, 2009 / 5:17 nm

    NetJane, ek WEET hoe jy voel want dit het met ons gebeur. My ouers is nou 15 jaar geskei. Dit het gebeur toe hulle al 32 jaar getroud was. Ek en my suster was al in ons twintigs.
    Ek wonder al vir jare lank of dit erger of beter is as jy eers ‘n volwasse is en jou ouers skei. Ek kan nie die antwoord kry nie. Maar dit is wel anders.

    Maar ek kan jou dit se, was ouers skei en hulle het volwasse kinders verwag hulle allerhande vreemde dinge van jou. En hulle raak op ‘n manier soos die kinders. As jy wil kan jy my epos. Ek gee jou graag ‘n paar tips.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s