Nie my tipe mens nie…

Daar’s allerhande statistiek oor hoeveel van jou lewe jy omslaap, op telefone aanhou en in drive thru rye wag, maar die aktiwiteit wat die heel meeste van jou tyd vat is jou werk. Die mense waarmee jy terloops opgeskeep sit, is die mense wat jou die meeste ure in ‘n dag sien. Dis daai mense wat jy eintlik moet ken.

Hoe keer mens dat jou werk nie jou lewe word nie? Hoe gaan ek dit regkry om smiddae by die hek uit te ry en nie nog die heelpad huistoe ook aan werk te dink nie? Ek is mal oor my werk, alhoewel ek deesdae effens uitgebuit voel, maar niks daaraan doen nie, omdat ek weet dat ek my eie uitbuitingslat gepluk het, omdat ek die uitbuiting toelaat deur niks daaraan te doen nie. (Netjiese sirkeltjie van lamsakkigheid aan my kant dan).

In terme van die Myers Briggs tiperings model (doen ‘n basiese aanlyn toets, ek weet julle wil!) is ek ‘n ISTJ. Ek is waarskynlik die mees pligsgetroue mens op hierdie aarde. Ek sal goed doen wat myself indoen, nie omdat dit vir my lekker is nie, maar omdat ek voel dit is my plig. Ek is betroubaar, ek werk hard en ek is deeglik. Omdat ek so ‘n verskriklike pligsbesef het, is ek permanent besig om perde op te saal wat niks met my te doen het nie. Ek probeer standaarde handhaaf, probleme oplos, stil-stil allerhande ysters uit die vuur te haal.

Ek is so moeg daarvoor, maar die ander mense in die kantoor is nie my tipe mens nie. (haha!). En as daar een ding is wat ek weet – ISTJ’s is altyd reg… 😉

Advertisements

3 thoughts on “Nie my tipe mens nie…

  1. Hanlie Julie 8, 2009 / 9:04 vm

    Ek het nie die toets gedoen nie, maar dit klink baie asof jy my beskryf… Dis hoekom ek besef het dat as iets vir myself wil doen, ek moet ophou werk vir ‘n tyd. Anders sou ek eenvoudig nooit by my eie behoeftes uitgekom het nie.

  2. Sonkind Julie 8, 2009 / 9:44 nm

    INFJ. Saam met Moeder Teresa, Nicole Kidman en Nelson Mandela! O my word!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s