Botsing.

Die Citizen berig as volg:

PRETORIA – A 26-year-old woman was killed when a taxi collided with her vehicle on Old Pretoria Road in Kempton Park yesterday.

Ekurhuleni Metro police spokesman Inspector Mveli Nhlapo said the woman was travelling with two passengers when the driver of a Toyota Quantum tried to overtake another car and collided head-on with her BMW.

“The driver of the BMW was declared dead on the scene. She had serious head injuries,” said Insp Nhlapo

Her two passengers, aged 54 and 56, sustained serious injuries and were both rushed to Arwyp Hospital. The driver of the taxi was taken to Tembisa Hospital with some slight injuries.

According to Insp Nhlapo, a case of culpable homicide and reckless and negligent driving will be investigated.

Dis ‘n algemene berig in ons koerante. Wat nie so algemeen is nie, is dat ek ten minste een keer ‘n week met al die mense wat in die ongeluk betrokke was, praat. Ek weet nie hoe een van hulle lyk nie, weet nie wat hulle omstandighede is nie, weet eintlik niks van hulle nie, maar ons werk saam in die sin dat hulle vir een van ons groot kliënte werk en hulle besluite  affekteer my werk direk. Dit voel vir my heel vreemd, aangesien die dame wat oorlede is (die Citizen het haar ouderdom heeltemal verkeerd), waarskynlik een van my vriendelikste kliënte was. Ek weet eintlik glad nie hoe om te voel nie. Toe een van “hulle” leers weer vandag op my lessenaar beland het ek heel koud geraak, want daar was niemand om te bel nie…

‘n Uur nadat ek die nuus gekry het bel nog ‘n kliënt om te sê die Alberton se balju is oorlede. Nog iemand waarmee ek gereeld kontak gehad het. Nog iemand wat ek nie ken nie, maar wat in my lewe “gefeature” het.

Ek is elke dag met soveel mense in kontak en nou is twee van hulle net weg en nog twee veg om hulle lewens.

Ons neem soveel van die lewe as vanselfsprekend aan.

Pushplay

Die NetJane-Liefie huis kyk nie vreeslik baie tv nie, maar ons hou van fliek en dvd kyk. Ons het na ‘n lang ge-oem en ge-ah toe Dstv aangeskaf, aangesien die huurder terwyl ons in Swede was al die bedrading laat doen het en die nodige skottel gekry het en ons letterlik net die R400 (of watookal) vir ‘n dekodeerder moes gaan betaal. Wat ons toe gedoen het. Toe begin ons al hoe meer televisie kyk. Goed wat ons nie eens wil kyk nie, maar net kyk omdat ons klaar op die bank lê, te lui is om op te staan en omdat dit wys en net half interessant is.

Ons het later meer disipline aan die dag gelê, maar agtergekom Dstv wys oor en oor dieselfde goed en regtig begin sukkel om iets van waarde te kry om te kyk. Ons kyk nie sport nie en het nie kinders wat Ceebeebies moet kyk nie en toe Dstv nog boonop die maandelikse fooi opskuif, toe strip my moer.

Ek lees toe iewers op ‘n blog van Pushplay. Dit lyk vir my na ‘n goeie idee, dis baie goedkoper as Dstv en met die besparing kan ek nog elke maand ‘n seisoen van een of ander televisiereeks koop. Een-twee-drie (eintlik was dit meer soos “ek gaan iemand fokken doodmaak, hierdie voiceprompt storie van julle gaan my laat crack!”) en my Dstv is gekanselleer. Ek is ‘n Pushplay fan.

Ek wil so graag hê dit moet uitwerk, want dis ‘n goeie idee en Suid-Afrika het so iets nodig, maar die outjies se aflewering is stadig. Tot 4, 5, 6 dae. Dan het ek al lankal gatvol geraak en iets by die videowinkel gaan uitneem, wat juis teen die Pushplay idee inwerk. Verder kan hulle ook nie telefonies gekontak word nie en as ek die dag kwaad raak en wil skree, moet iemand darem kan luister. E-pos boodskappe doen dit net nie vir my nie en as ek weer lees wat ek getik het verloor ek stoom en haal die sarkastiese en lelike woorde uit.

Ek moet darem sê dat Pushplay nog elke keer wat ek gekla het iets positiefs gedoen het, soos ‘n kredietbewys of ‘n ekstra dvd of so iets, maar ek wil net kan weet dat as ek dvd’s op byvoorbeeld ‘n Maandag teruggee ek weer teen die Vrydag nuwes sal hê. Hulle is seker nuut en hulle probeer seker hard, maar my genade is min. Die enigste ding wat tans in hulle guns tel is dat ek nogsteeds voel Dstv is ‘n groot rip-off en dus nie sommer gou weer sal aansluit nie.

Enige ander Pushplay gebruikers? Julle gevoelens en ervarings?

(Natuurlik, nou dat ek niks het om te kyk nie blog ek weer…)

So maklik soos een, twee…

My ouers is besig om te skei.

In September sou hulle 38 jaar getroud gewees het.

Ek weet ek is “groot” en moet waarskynlik die saak kan uitredeneer en vrede daarmee maak, maar ek prop nou maar net die gedagte iewers êrens in ‘n besemkas van my brein in en hoop vir die beste. Ek wil nie eintlik daarmee “deal” nie, want ek weet nie hoe nie. Hulle keuse gaan nie my lewe direk affekteer nie, ek bly nie naby hulle nie, sien hulle net saam as ek gaan kuier en die res van die tyd kuier my ma by my, of nou en dan my pa (op besigheid), maar nooit die twee saam nie. Ek was lanklaas Kersfees by die huis, omdat ek en Liefie dan verkies om te reis. Ek weet net nie mooi hoe om die konsep van “hulle”  net “hy” en “sy” te maak in my brein nie.  Lyk my die twee is heel vriendelik met mekaar en die saak sal waarskynlik vooraf geskik word, maar dis vir my so weird!

Hoe gaan jy na soveel jare saammet iemand aan jou sy nou alleen aan met jou lewe?

Ek het reeds ‘n ruk terug vliegtuigkaartjies vir einde Julie bespreek om na my ouers toe te gaan vir my pa se verjaarsdag, voor ek gehoor het van die skeiery. Nou is ek al lus om nie te gaan nie. Nie in die byenes in te vlieg nie, nie in ‘n posisie geplaas te word waar ek betrokke moet raak nie.

Die ergste vir my is dat ek met my pa en ma kon praat as prokureur en alles mooi kon uitspel, maar ek nie as dogter kan optree nie, want ek wil nie…

Nie my tipe mens nie…

Daar’s allerhande statistiek oor hoeveel van jou lewe jy omslaap, op telefone aanhou en in drive thru rye wag, maar die aktiwiteit wat die heel meeste van jou tyd vat is jou werk. Die mense waarmee jy terloops opgeskeep sit, is die mense wat jou die meeste ure in ‘n dag sien. Dis daai mense wat jy eintlik moet ken.

Hoe keer mens dat jou werk nie jou lewe word nie? Hoe gaan ek dit regkry om smiddae by die hek uit te ry en nie nog die heelpad huistoe ook aan werk te dink nie? Ek is mal oor my werk, alhoewel ek deesdae effens uitgebuit voel, maar niks daaraan doen nie, omdat ek weet dat ek my eie uitbuitingslat gepluk het, omdat ek die uitbuiting toelaat deur niks daaraan te doen nie. (Netjiese sirkeltjie van lamsakkigheid aan my kant dan).

In terme van die Myers Briggs tiperings model (doen ‘n basiese aanlyn toets, ek weet julle wil!) is ek ‘n ISTJ. Ek is waarskynlik die mees pligsgetroue mens op hierdie aarde. Ek sal goed doen wat myself indoen, nie omdat dit vir my lekker is nie, maar omdat ek voel dit is my plig. Ek is betroubaar, ek werk hard en ek is deeglik. Omdat ek so ‘n verskriklike pligsbesef het, is ek permanent besig om perde op te saal wat niks met my te doen het nie. Ek probeer standaarde handhaaf, probleme oplos, stil-stil allerhande ysters uit die vuur te haal.

Ek is so moeg daarvoor, maar die ander mense in die kantoor is nie my tipe mens nie. (haha!). En as daar een ding is wat ek weet – ISTJ’s is altyd reg… 😉