Aanstap rooies

Die afgelope 9 dae het my getoets. My lewe was goor. Die sameloop van dinge het my regtig oorweldig. As enige van die goed op hulle eie sou kom aanklop sou ek dit kon hanteer het, maar daar was iets in die lug. Ek het dinge nie goed hanteer nie.

Op my manier het ek maar aangeploeter, niks erken nie, vir almal gesê ek’s okay en my “happy face” opgesit. Totdat ‘n kollega gisteroggend by die kantoor instap, een kyk in my rigting gee en sê: “I don’t bloody care what you say, you’re not okay!”. Dis toe wat ek besef dat ek so besig is om tough cookie te speel en alles te wil “handle” en “okay” en “cool” te wees, dat ek al die mense wat my wil en kan help, heeltemal wegstoot.

Ons is groepsdiere. Ons is eintlik daar om mekaar te help. Dis okay om te sê “ek kan nie” en “dit gaan nie goed met my nie”. Dit maak nie van mens ‘n swakkeling nie. Soms is daar te veel hooi op mens se vurk, soms laat jou juggling jou in die steek. So what. Ons is mense. Ons maak foute. Ons is soms nie tot alles in staat nie. Dis okay om menslik te wees.

Ek het verskriklike ondersteuning van vriende, familie en werkskollegas gehad. Dankie vir al die bloggers was ‘n gawe woordjie gehad het. Ek’s nou okay. Regtig…

Soms gebeur dinge net so dat daar antwoorde/paaie/oplossings is wat die lewe jou bied en soms is dit nie heeltemal wat jy wou gehad het nie, maar soms is dit maar net so dat jy niks daaraan kan doen nie.

Iets wat ek weer besef het: mens het eintlik net beheer oor twee dinge, jou keuses oor goed en jou reaksies tot gebeure in die lewe.Ek het ook besef dat dit help om kalm te bly al lyk dit of alles ‘n fokop is.

Verder – staan op, kyk op, stap aan. Daar’s altyd mense wat omgee.

Dankie.

Advertisements

6 thoughts on “Aanstap rooies

  1. boendoe Junie 30, 2009 / 9:33 nm

    (((Jane))) Bly dit gaan beter. 😉

  2. Hanlie Junie 30, 2009 / 10:19 nm

    Ja, ons kan nie die pad alleen stap nie! Ons stap almal saam… Sterkte Jane!

  3. demoerin Julie 1, 2009 / 7:30 vm

    Die belangrikheid van goeie vriende is die een ding wat nooit onderskat moet word nie. Bly jy voel weer honky dory!

  4. Emil Julie 2, 2009 / 10:29 vm

    Jip, ons kan altyd kies hoe ons op situasies reageer. Min mense het daardie lewensvaardigheid al aangeleer. Maar net soms moet mens maar ook net kop laat sak, vastrap en sê: “Ag wêreld, fok jou, Vandag ry ek jou bloots!”

  5. rosalindfranklin Julie 2, 2009 / 8:28 nm

    Emil: soms is dit ‘n geval van: wereld vandag ry jy my, more sal ek jou weer ry 😉

    Netjan: presies! en dit voel goed ook, om dit net te laat gaan . . . en is okay ook. en ja, dit is nogal goed om te sien as mens se “ek kan nie, help”, wat gebeur.
    ya know what I mean ? 😉

    sterkte

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s