10 jaar is ‘n lang tyd

Ek probeer tans verskriklik hard om 2 van my beste skoolvriende te oortuig om ons 10 jaar hoërskool reünie by te woon.

Die antwoord is tans (en hierdie is ‘n direkte aanhaling): “Fok, nee”.

Ek het nie vreeslik van skool gehou nie. Ek het ook nie skool gehaat nie, maar dit was regtig nou nie die arena vir my glory days nie. Ek het nie genoeg gerook, gedrink en gevry om “cool” te wees nie. Die feit dat ek sport haat en nie netbal gespeel het nie het waarskynlik daartoe bygedra. Dan was ek natuurlik ook te slim. (haha!).

My romp was nie lank genoeg, my brille dik genoeg en my vel swak genoeg om heeltemal van my ‘n loser te maak nie. Ek was een van daai medium kinders. Amper dorky, maar het darem kêrels gehad.

Ek is nog goeie vriende met net ‘n paar van my skoolmaats. Verder het ek nog Facebook kontak met ‘n paar ander. Die res is vir my maar net kinders wat saam met my op hoërskool was. Snaaks dat ek nog aan hulle as kinders dink, maar al sou ek hulle nou ontmoet, sal my brein hulle as 16/17/18 jariges onthou. Presies onthou hoe hulle was en hoe hulle met my was. Dis darem verskriklik. Met die dat ons nog in die area waar ek grootgeword en skoolgegaan het bly, sien ek dan en wan skoolmense raak. Ek hou ‘n lae profiel. Handhaaf sterk die standpunt van “jy het nie toe iets gehad om vir my te sê nie, ek twyfel of ons nou dik pelle gaan raak”. Sien ek toe gisteraand weer ‘n poppie wat eintlik uit haar pad uit gegaan het om ongeskik te wees met my op skool. Sy groet my vriendelik in die verbygaan.”Wie’s dit?” vra Liefie. Skoolslet antwoord ek. Dit was toe die waarheid, maar nou? 10 jaar is ‘n lang tyd.

Hoekom wil ek dan so graag my vriende reünie toe sleep? Ek weet nie. Ek het toe nie van die mense gehou nie, gaan waarskynlik nou nie van die mense hou nie en hulle gaan waarskynlik nie van my hou nie. Is dit nie maar eintlik ‘n bietjie soos om na ‘n ongelukstoneel te kyk nie?

Wat het ek eintlik verloor in 10 jaar terug?

Advertisements

13 thoughts on “10 jaar is ‘n lang tyd

  1. semisoet Mei 16, 2009 / 7:20 nm

    HAHA ek het darm nog ‘n hele rukkie om te wag. Ek dink jul moet gaan dis een van daai dingein die lewe wat net een keer gebeur en moer lekker of langste aand van jou lewe jy gaan dit verseker onthou. (en spyt wees as jy dit mis)

  2. Hanlie Mei 16, 2009 / 10:26 nm

    Ek dink reunies is ‘n euwel. Wat is nou eintlik die doel daarvan? Ek was nog nooit by een nie en ek is ook nie van plan om ooit te gaan nie… en ek is al 22 jaar uit die skool.

  3. rosalindfranklin Mei 17, 2009 / 11:19 vm

    My 20 jaar reunie is volgende jaar en ek gaan beslis nie, ek was ook nie by die 10 jaar ene nie.
    Ek het geen kontak met enige een wat saam met my op skool was nie, skool as ‘n nagmerrie, nagmerrie.

    Ek is die argetipe van die die “late bloomer”

  4. rosalindfranklin Mei 17, 2009 / 11:19 vm

    My 20 jaar reunie is volgende jaar en ek gaan beslis nie, ek was ook nie by die 10 jaar ene nie.
    Ek het geen kontak met enige een wat saam met my op skool was nie, skool as ‘n nagmerrie, nagmerrie.

    Ek is die argetipe van die “late bloomer”

  5. ald Mei 18, 2009 / 11:56 vm

    Ek lees gereeld by jou maar “comment” nie sommer nie. Oor re-unies: Ek stem saam met jou gevoel…ons 10 jaar een het geen indruk op my gemaak nie. Die 25 jaar een was ‘n “eye opener” om te sien hoe gehawend die hunks & die poppies lyk. Verlede jaar was dit 30 jaar, en jy kan jou net indink watter binnepret ek gehad het! Ek sien uit na die 35 jaar re-unie!!

  6. Emil Mei 18, 2009 / 2:27 nm

    10 jaar het ek gemis, want ek was nie in die land nie. Twintig jaar het gemis, want ek was in die land – dis nou die wingerdlande. Gaan ewe kordaat na die dorp waar ek so op skool verinneweer is, kuiers saam maats so wild op die plaas, ons hou toe sommer die 20 jaar reunie daar. En ek was verantwoordelik vir ‘n kort inwydingsrede. Nodeloos om te berig dit het nooit gebeer nie. Nodeloos om te berig hoe sleg en onverantwoordelik ek gevoel het.

    Daarom kan ek met gemak berig ek was nog nooit by ‘n skoolreunie nie. 10 Jaar is kort. Die geheue is nog vars.

    Ek sien Rosa sukkel ook met die geheue – sy moes twee keer comment 😆

  7. rianabrand Mei 18, 2009 / 8:59 nm

    Ek moet volmondig met Ald stem – ek het alle reunies bygewoon maar ek dink dit is uit puur nuuskierigheid en ook om diep binne in my die “cool gang” op ‘n ander vlak te gaan bekyk. Feit bly staan as jy cool op skool was het jy jou beurt gehad. Die ‘odd gang” was die ” super cool gang” op die 10 en 20 jaar reunie! Kannie meer wag vir die 30ste reunie! Dankie vir jou inskrywing – ek moes weer terug dink aan my eie binnepret!.

    • aldaaugustyn Mei 19, 2009 / 9:59 vm

      Riana ald is ek….het vergeet om die “a” in te sit!!! Nou verstaan jy my comment seker nog beter!

  8. Wipneus! Mei 19, 2009 / 8:18 vm

    Oe! dankie maar nee dankie. Ek stel nie belang nie. Dis hierdie jaar my 20 jaar reunie. Hulle het hulle dae gehad om my by die 10 jaar reunie te kry, sonder sukses. En die arme mense is alweer besig om my te oortuig.

    Dis nogal erg want daar word eindelik van my verwag om daar te wees, ek voel soms nogal regtig sleg daaroor. Dan dink ek naaaaa!! hierdie is ‘n leeftyd terug ek is nie meer daai girl nie, ek spaar hulle eerder die ontnugtering :mrgreen:

  9. Pikkelik Mei 19, 2009 / 11:19 vm

    Jig!!! Reunies!!! Nope, issie vir my nie…. My pa is nog steeds nie ‘n mynkaptein, ‘n dokter of ‘n tandarts nie… My man is ook nie ‘n mynkaptein ‘n dokter of ‘n tandarts nie… Nie my pa of my man is ‘n diaken of ‘n ouderling nie… LOL – ek dink ek gaan nog steeds nie ‘in’ wees nie… 😆 😆 😆

  10. Eben Mei 29, 2009 / 3:52 nm

    Ons het die jaar ‘n 30jr re-unie en ja ek gaan dit bywoon. Per slot van sake sal dit lekker wees om die ander weer te sien. Ek het niks om weg te steek nie, en jaaaa daardie ou’tjie/meisie wat jy gedink het sal niks word, hulle staan uit in die lewe. Dis lekker om mekaar weer te sien, hoekom nie ……

    Gaan geniet jouself …. en kom vertelle ons bietjie!!

  11. eilandkind Junie 4, 2009 / 8:44 nm

    Snaaks dat niemand ooit dink hulle was in die ‘coolgang’ nie. Almal vertel altyd hoe ‘uit’ hulle gevoel het.
    As ons maar al hierdie dinge geweet het toe ons daar was ne?
    Wat nou gemaak, met vriendskapsversoeke op facebook van ou skoolmaats met wie jy eintlik niks te doen wil he nie…..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s