Wie laaste lag, het nie die grap gevang nie

Ek kry in die week ‘n boodskap op Facebook van ‘n “chat”-buddy in Kanada. Ons klets al vir by die 8 jaar lank en alhoewel ons nog nooit met mekaar gepraat het, of mekaar ontmoet het nie, is ons redelike goeie vriende. Ek het egter baie lanklaas met hom gepraat. Die boodskap sê net dit: “your status updates are so negative lately. Are you okay?”.

Dit was asof iemand my met ‘n pap vis geslaan het. Is ek okay? My updates is seker vir ‘n buitestaander wat nie te nou in my lewe betrokke is nie, vreeslik negatief. Natuurlik sit ek die goed tong in die kies op, en net sodat ek dit nie finaal verloor nie, maar is dit die boodskap wat ek die wêreld wil instuur? My werksituasie dryf my tans na die poorte toe (as ek nou my ma se woorde mag steel). Ek is mal oor wat ek doen, maar dit voel vir my of ek een keer te veel in elke week in ‘n baksteenmuur vashol. Op top spoed.

Sit ek toe Donderdag in my baas se kantoor en bespreek iets ernstig, toe ek dit finaal verloor. Ek bars histeries uit van die lag. En ek kan nie ophou nie. Ek lag en lag en lag en lag sonder enige beheer, sonder dat ek weet hoekom ek lag, sonder dat hy weet hoekom ek lag en sonder dat ek kan ophou lag. Hy het nie eens iets snaaks gesê nie (behalwe as ek veronderstel was om die Nasionale Krediet Wet amusant te vind). Later kan ek nie meer sien soos ek lag nie en toe staan ek maar net op en loop uit. Ek dink my kollegas vermoed nou die ergste oor my gemoedstoestand.

Ek lees nou die woorde van Karen Zoid se liedjie by Wipneus raak, en ek besef weereens: dit waaroor ons ons perdjies so gereeld opsaal – dit maak nie regtig saak nie…

Lekker week – ek gaan hom skop dat hy daaaaaar trek!

Advertisements

9 thoughts on “Wie laaste lag, het nie die grap gevang nie

  1. Wipneus! Mei 10, 2009 / 8:23 nm

    Ek was ook hier waar jy nou is Janie!!! Nee wat hoor, niks maak regtig saak nie, behalwe die belangrikste ding in die lewe, jyself!!! Jy is heel eerste in jou lewe – die belangrikste persoon, jy moet eers na jou eie geluk en welstand omsien, want alleenlik dan, kan jy ander se lewens positief en lekker beinvloed!!

    Ek weet nie wat gaan die jaar aan nie, maar dis crazy, mens vat nie grond nie. Dit voel of die lewe sonder my daarin verby vlieg….. Sterkte!!!

  2. Hanlie Mei 10, 2009 / 9:42 nm

    Hoe lus kry ek nou vir ‘n ordentlike lagbui…

  3. boendoe Mei 10, 2009 / 9:58 nm

    Skop hom, sussie, skop hom goed! En ver! En kom vertel ons! 😆

  4. Emil Mei 11, 2009 / 12:30 nm

    Maak net seker hy buk voor jy skop. Of dalk nie!

  5. kaalvoetinireen Mei 11, 2009 / 12:42 nm

    Daai histeriese uitbars van die lag vir geen rede, gebeur met die bestes van ons! 😆

  6. rosalindfranklin Mei 11, 2009 / 3:38 nm

    Het jy al die histeries huil probeer, daai is die tiep van die skaal aan die ander kant 🙂

  7. Sonkind Mei 13, 2009 / 9:18 nm

    Soms lag mens juis omdat huil nie ‘n opsie is nie 😉

  8. mykopop Mei 16, 2009 / 7:43 vm

    Partykeer is dit net nodig dat jou baas insien hoe belaglik die eise is wat aan jou gestel word.

  9. kat Mei 16, 2009 / 7:04 nm

    Ek dink nie noodwendig dis JY wat negatief is nie. Dis probably als om jou wat is dubbel-K, middel-A is 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s