Bling it on!

Nou kyk. Ek hou van shop. En ek hou (baie) van bling. So as ek kan shop vir bling is ek baie gelukkig, maar genoeg is genoeg. My kredietkaart is gebuig. Die kaart is gebuig omdat ek die ding so warm geswipe het dat hy gesmelt het. (My kredietkaart is manlik. Ek noem hom Stanley, afgelei van die bank wat hom uitgereik het.)

Liefie se niggie trou. Ons vlieg Donderdagaand Kaapstad toe. My big fat greek wedding se moer. You aint seen nothing yet. My big fat indian wedding. Ons gaan net na 3 van die seremonies toe. En dis ‘n nuwe uitrusting vir elk van die seremonies.  Ek het gelukkig nog ‘n sari wat ek in Indië gekoop het en nooit gedra het in die kas gehad vir episode 1. Episode 2 se uitrusting kon ek by ‘n werkskollega leen en Episode 3 (die actual troue) se sari was die kredietkaart se dood. Die kaart lê nou nog en smeul in my beursie. Bling is nie goedkoop nie. Indiese bling nog minder. Elke sari kort ‘n onderrok en ‘n custom made hempie vir onder. Niks van one size fits all, of ek sal ‘n medium vat nie, nee nee, daai goed is skin tight, word net vir jou gemaak en laat nie plek vir bras nie. Dan kom die bling om die bling af te rond. Armbande in presies dieselfde kleur as die sari. Oorbelle en hangertjie wat bymekaar pas. Goed vir in die hare (daar het ek die lyn getrek). Skoene. It never ends…

Die ergste van alles is dat ek geen idee het wat om te verwag nie. Liefie trek net sy skouers op en sê “How should I know?” (Umm, duh, mens noem dit kultuur…). Ek geen idee wat Vrydagoggend gebeur nie. Vrydagaand behels die “Garba”:

“The Garba is usually held the night before the wedding and involves plenty of dancing. It provides the opportunity for the each side of the family to meet, greet and have some fun before the wedding begins. The main event is the Raas which is a dance involving pairs of people and dandia sticks. The dance involves hitting your partner’s sticks while following the rhythm of the music. The Garba is also an ideal place for future couples to meet and begin their own stories.”

2 probleme. Ek het nie juis rhythm nie. Ek het veral nie rhythm in ‘n sari nie. En mense wat mekaar met stokke slaan? (Ten minste gaan ek drop-dead gorgeous lyk!).

Wie weet wat Saterdag behels.

Bollywood is my bitch. 😉

Advertisements

13 thoughts on “Bling it on!

  1. Sonkind April 20, 2009 / 10:12 nm

    Moetie worrie nie, Jane – slaan net jou oë op na die BERG 😆

    En verder, geniet die troue ‘n hond uit ‘n bos uit. Daar is geen troue so lekker soos ‘n Indiese troue nie. En die KOS!!! Jy moes eintlik daai sari’s so bietjie losser gekoop het – ha ha ha!

  2. boendoe April 21, 2009 / 7:22 vm

    O heiden! Dit klink of hier ‘n opvolgstorie ‘of note’ aan die kom is! 😆

    Enjoy, Jane, maar kom vertel tog net hoe dit afgeloop het! 😉

  3. Pikkelik April 21, 2009 / 10:04 vm

    Ag man, solank jy dit net geniet! Wat maak dit nou saak of jy sakkie-sakkie of ‘n russiese rugbrekerdans doen of ‘mekaar met stokke’ slaan…. Kom vertel tog…. En gee maar bietjie TLC vir Stanley… Shame… bomskok….

  4. Dellie April 21, 2009 / 11:20 vm

    Dit klink baie opwindend. Sien uit na die opvolg… 😉

  5. RB April 21, 2009 / 11:25 vm

    Die opvolg moet asb foto’s byhê! Geniet dit!

  6. Wipneus! April 21, 2009 / 12:54 nm

    Fantasties jy gaan dit so geniet!!!! Maar sussie ek kan jou nou al sê die kos is out of this world. Maar toemaar die dansery raak darem ontslae van die kos!! 😉

    Ek luv Bollywood bling!! Bling bling come to mama!! 😆

    Geniet dit!!!

  7. kaalvoetinireen April 21, 2009 / 3:42 nm

    Klink na groot pret en maak jou maar reg vir ‘n GROOT geselskap!
    Geniet dit!

  8. Alta April 21, 2009 / 3:57 nm

    Geniet jouself Jane, en na so paar wyntjies, wie het dan nou ritme nodig? Daai lyf doen dit sommer vanself. 😆

  9. Emil April 23, 2009 / 3:00 nm

    Met die IPL hier, is die Kaap Indies!! Kyk uit vir die weer – die donder en blits nou 😯

    Of is dit dalk omdat jy Kaap toe kom :mrgreen:

  10. Jo-Ann April 24, 2009 / 5:25 nm

    Smokkel OBS iewers in… in daai sari goete gaan jy koud kry… geniet die Kaap!

  11. Zelle April 25, 2009 / 11:05 vm

    En hoe het dit toe afgeloop? Opvolgstorie?? Foto’s? Asseblief???

  12. Nelba April 28, 2009 / 2:41 nm

    Darem regtig mooi daardie sari’s en hulle bling. Hoop jy’t geniet.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s